God laat Dawid nie toe om 'n tempel te bou nie. Sy huis sal ewig regeer.
1 EN toe Dawid in sy huis gewoon het, sê Dawid aan die profeet Natan: Kyk, ék woon in 'n huis van sederhout, maar die verbondsark van die Here onder tentdoeke.
2 Toe sê Natan vir Dawid: Doen alles wat in u hart is, want God is met u.
3 Maar in dieselfde nag kom die woord van God tot Natan en sê:
4 Gaan sê vir Dawid, my kneg: So spreek die Here: Jý mag nie vir My die huis bou om in te woon nie.
5 Ek het tog in geen huis gewoon van die dag af dat Ek Israel laat optrek het tot vandag toe nie, maar Ek het gekom van tent tot tent, en van tabernakel tot tabernakel.
6 Oral waar Ek rondgetrek het onder die hele Israel, het Ek ooit 'n woord gespreek met een van die Rigters van Israel wat Ek aangestel het om my volk op te pas, en gesê: Waarom bou julle nie vir My 'n huis van sederhout nie?
7 So moet jy dan nou aan my kneg Dawid sê: So spreek die Here van die leërskare: Ek self het jou geneem uit die weiveld, agter die skape weg, om 'n vors te wees oor my volk Israel.
8 En Ek was met jou oral waar jy gegaan het, en het al jou vyande uitgeroei voor jou uit; en Ek sal vir jou 'n naam maak soos die naam van die grotes wat op die aarde is;
9 en Ek sal vir my volk Israel 'n plek bestel en hom plant, dat hy op sy eie plek kan woon en nie langer verontrus word nie. En kwaaddoeners sal hom nie meer mishandel soos vroeër nie,
10 naamlik van die dae af dat Ek Rigters oor my volk Israel aangestel het; en Ek sal al jou vyande verneder. Daarom gee ek jou te kenne dat die Here vir jou 'n huis sal stig.
11 En as jou dae vol is om heen te gaan saam met jou vaders, sal Ek jou nakomeling wat uit jou seuns sal wees, laat optree en sy koningskap bevestig.
12 Hý sal vir My 'n huis bou, en Ek sal sy troon bevestig tot in ewigheid.
13 Ék sal vir hom 'n vader wees, en hý sal vir My 'n seun wees, en my goedertierenheid sal Ek van hom nie laat wyk soos Ek dit onttrek het aan hom wat voor jou gewees het nie.
14 Maar Ek sal hom laat bestaan in my huis en in my koninkryk tot in ewigheid, en sy troon sal vas staan tot in ewigheid.
15 Volgens al hierdie woorde en volgens hierdie hele gesig, so het Natan met Dawid gespreek.
16 Toe het koning Dawid heengegaan en voor die aangesig van die Here gebly en gesê: Wie is ek, Here God, en wat is my huis, dat U my tot hiertoe gebring het?
17 En dit was nog te gering in u oë, o God, sodat U aangaande die huis van u kneg tot ver in die toekoms gespreek en my vorentoe as 'n reeks van mense gesien het, Here God!
18 Wat kan Dawid daar nog vir U byvoeg met die oog op die eer wat u kneg aangedoen is; en Ú ken u kneg.
19 Here, ter wille van u kneg en volgens u hart het U hierdie hele groot saak gedoen om al hierdie groot dinge bekend te maak.
20 Here, daar is niemand soos U, en daar is geen God behalwe U nie, volgens alles wat ons met ons ore gehoor het.
21 En wie is soos u volk Israel, 'n enige nasie op die aarde, wat God vir Hom as 'n volk gaan verlos het, om vir U 'n naam te maak deur groot en vreeslike dinge, deur voor u volk uit, wat U uit Egipte verlos het, nasies te verdrywe.
22 En U het u volk Israel vir U as 'n volk tot in ewigheid gemaak; en U, Here, U het vir hulle 'n God geword.
23 Laat dan nou, Here, die woord wat U oor u kneg en oor sy huis gespreek het, tot in ewigheid waar gemaak word, en doen soos U gespreek het.
24 Ja, laat dit waar gemaak word en laat u Naam groot word tot in ewigheid, deurdat hulle sê: Die Here van die leërskare, die God van Israel, is Israel se God, en die huis van u kneg Dawid is bestendig voor u aangesig.
25 Want U, my God, het die oor van u kneg geopen, dat U vir hom 'n huis sal stig; daarom het u kneg vrymoedigheid gevind om voor u aangesig te bid.
26 En nou, Here, U is God, en U het hierdie goeie saak oor u kneg gespreek.
27 Dit het U dan nou behaag om die huis van u kneg te seën om vir ewig voor u aangesig te wees; want U, Here, het geseën, en dit sal vir ewig geseënd wees.
1 Глава 17. [1]2 Цар 7:2. Когда Давид жил в доме своем, то сказал Давид Нафану пророку: вот, я живу в доме кедровом, а ковчег завета Господня под шатром. 2 [2]2 Цар 7:3. И сказал Нафан Давиду: все, что у тебя на сердце, делай, ибо с тобою Бог.
3 [3]2 Цар 7:4–5. Но в ту же ночь было слово Божие к Нафану: 4 [4]3 Цар 8:19. пойди и скажи рабу Моему Давиду: так говорит Господь: не ты построишь Мне дом для обитания, 5 [5]Исх 7:5. ибо Я не жил в доме с того дня, как вывел сынов Израиля, и до сего дня, а ходил из скинии в скинию и из жилища в жилище. 6 Где ни ходил Я со всем Израилем, сказал ли Я хотя слово которому-либо из судей Израильских, которым Я повелел пасти народ Мой: зачем вы не построите Мне дома кедрового? 7 [7]1 Цар 16:12. И теперь так скажи рабу Моему Давиду: так говорит Господь Саваоф: Я взял тебя от стада овец, чтобы ты был вождем народа Моего Израиля; 8 и был с тобою везде, куда ты ни ходил, и истребил всех врагов твоих пред лицем твоим, и сделал имя твое, как имя великих на земле; 9 [9]2 Цар 7:10. и Я устроил место для народа Моего Израиля, и укоренил его, и будет он спокойно жить на месте своем, и не будет более тревожим, и нечестивые не станут больше теснить его, как прежде, 10 [10]Пс 17:48. в те дни, когда Я поставил судей над народом Моим Израилем, и Я смирил всех врагов твоих, и возвещаю тебе, что Господь устроит тебе дом. 11 [11]2 Цар 7:12.Гал 3:16.Мф 1:1. Когда исполнятся дни твои, и ты отойдешь к отцам твоим, тогда Я восставлю семя твое после тебя, которое будет из сынов твоих, и утвержу царство его. 12 Он построит Мне дом, и утвержу престол его на веки. 13 [13]2 Цар 7:14. Я буду ему отцом, и он будет Мне сыном, — и милости Моей не отниму от него, как Я отнял от того, который был прежде тебя. 14 [14]1 Тим 3:15.Ис 55:3.Лк 1:32. Я поставлю его в доме Моем и в царстве Моем навеки, и престол его будет тверд вечно. 15 [15]2 Цар 7:17. Все эти слова и все видение точно пересказал Нафан Давиду.
16 [16]2 Цар 7:18. И пришел царь Давид, и стал пред лицем Господним, и сказал: кто я, Господи Боже, и что такое дом мой, что Ты так возвысил меня? 17 [17]2 Цар 7:19. Но и этого еще мало показалось в очах Твоих, Боже; Ты возвещаешь о доме раба Твоего вдаль, и взираешь на меня, как на человека великого, Господи Боже! 18 [18]Пс 138:1. Что еще может прибавить пред Тобою Давид для возвеличения раба Твоего? Ты знаешь раба Твоего! 19 Господи! для раба Твоего, по сердцу Твоему, Ты делаешь все это великое, чтобы явить всякое величие. 20 [20]2 Цар 7:22. Господи! Нет подобного Тебе, и нет Бога, кроме Тебя, по всему, что слышали мы своими ушами. 21 [21]Втор 4:7. И кто подобен народу Твоему Израилю, единственному народу на земле, к которому приходил Бог, чтоб искупить его Себе в народ, сделать Себе имя великим и страшным делом — прогнанием народов от лица народа Твоего, который Ты избавил из Египта. 22 Ты соделал народ Твой Израиля Своим собственным народом навек, и Ты, Господи, стал Богом его. 23 [23]2 Цар 7:25. Итак теперь, о Господи, слово, которое Ты сказал о рабе Твоем и о доме его, утверди навек, и сделай, как Ты сказал. 24 И да пребудет и возвеличится имя Твое во веки, чтобы говорили: Господь Саваоф, Бог Израилев, есть Бог над Израилем, и дом раба Твоего Давида да будет тверд пред лицем Твоим. 25 [25]2 Цар 7:27. Ибо Ты, Боже мой, открыл рабу Твоему, что Ты устроишь ему дом, поэтому раб Твой и дерзнул молиться пред Тобою. 26 И ныне, Господи, Ты Бог, и Ты сказал о рабе Твоем такое благо. 27 [27]2 Цар 7:29. Начни же благословлять дом раба Твоего, чтоб он был вечно пред лицем Твоим. Ибо если Ты, Господи, благословишь, то будет он благословен вовек.