Pular para o conteúdo
Publicidade

Levítico 9

SYNOD

Eerste offerandes van Aäron.

1 EN op die agtste dag het Moses Aäron en sy seuns en die oudstes van Israel geroep

2 en aan Aäron gesê: Neem vir jou 'n bulkalf as sondoffer en 'n ram as brandoffer, altwee sonder gebrek; en bring hulle voor die aangesig van die Here.

3 En spreek met die kinders van Israel en : Neem 'n bokram as sondoffer en 'n kalf en 'n lam, altwee een jaar oud, sonder gebrek, as brandoffer,

4 ook 'n bul en 'n ram as dankoffer om voor die aangesig van die Here te offer; en spysoffer met olie gemeng; want vandag verskyn die Here aan julle.

5 Toe het hulle voor die tent van samekoms gebring wat Moses beveel het. En die hele vergadering het nader gekom en gaan staan voor die aangesig van die Here.

6 En Moses het gesê: Dit is die saak wat die Here julle beveel het om te doen, sodat die heerlikheid van die Here aan julle kan verskyn.

7 En Moses het vir Aäron gesê: Kom nader na die altaar en berei jou sondoffer en jou brandoffer, en doen versoening vir jou en vir die volk, en berei die offer van die volk, en doen versoening vir hulle soos die Here beveel het.

8 Toe het Aäron na die altaar nader gekom en die sondofferkalf geslag wat vir hom bedoel was.

9 En die seuns van Aäron het die bloed na hom gebring, en hy het sy vinger in die bloed gesteek en dit aan die horings van die altaar gestryk. Daarna het hy die orige bloed aan die onderkant van die altaar uitgegiet.

10 Maar die vet en die niere en die lap aan die lewer van die sondoffer het hy op die altaar aan die brand gesteek soos die Here Moses beveel het.

11 En die vleis en die vel het hy buitekant die laer met vuur verbrand.

12 Toe het hy die brandoffer geslag, en die seuns van Aäron het vir hom die bloed aangegee, en hy het dit rondom teen die altaar uitgegooi.

13 Ook het hulle vir hom die brandoffer volgens sy stukke aangegee, met die kop, en hy het dit aan die brand gesteek op die altaar.

14 En hy het die binnegoed en die pote gewas en dit aan die brand gesteek bo op die brandoffer op die altaar.

15 Daarna het hy die offer van die volk gebring; hy het naamlik die sondofferbok geneem wat vir die volk bedoel was, en dit geslag en dit as sondoffer gebring soos tevore.

16 Verder het hy die brandoffer gebring en dit berei volgens voorskrif.

17 En hy het die spysoffer gebring en 'n handvol daaruit geneem en dit aan die brand gesteek op die altaar, behalwe die môrebrandoffer.

18 Toe het hy die bul en die ram geslag wat vir die volk as dankoffer bedoel was; en die seuns van Aäron het vir hom die bloed aangegee wat hy toe rondom teen die altaar uitgegooi het

19 en die stukke vet van die bul, en van die ram die vetstert en die netvet en die niere en die lap aan die lewer;

20 en hulle het die stukke vet op die borsstukke gesit, en hy het die stukke vet op die altaar aan die brand gesteek.

21 Maar die borsstukke en die regterboud het Aäron as beweegoffer voor die aangesig van die Here beweeg soos Moses beveel het.

22 Daarna het Aäron sy hande na die volk toe opgehef en hulle geseën. En hy het afgeklim nadat hy die sondoffer en brandoffer en dankoffer gebring het.

23 Daarop het Moses en Aäron in die tent van samekoms gegaan; en toe hulle uitkom, het hulle die volk geseën. En die heerlikheid van die Here het aan die hele volk verskyn

24 vuur het van die aangesig van die Here uitgegaan en op die altaar die brandoffer en die stukke vet verteer. Toe die hele volk dit sien, het hulle gejuig en op hulle aangesig geval.

1 В восьмой день призвал Моисей Аарона и сынов его и старейшин Израилевых 2 Глава 9. [2]Исх 29:1. и сказал Аарону: возьми себе из волов тельца в жертву за грех и овна во всесожжение, обоих без порока, и представь пред лице Господне; 3 [3]Лев 4:13;1:5. и сынам Израилевым скажи: возьмите козла в жертву за грех, [и овна,] и тельца, и агнца, однолетних, без порока, во всесожжение, 4 и вола и овна в жертву мирную, чтобы совершить жертвоприношение пред лицем Господним, и приношение хлебное, смешанное с елеем, ибо сегодня Господь явится вам. 5 И принесли то, что приказал Моисей, пред скинию собрания, и пришло все общество и стало пред лицем Господним. 6 И сказал Моисей: вот что повелел Господь сделать, и явится вам слава Господня. 7 [7]Лев 16:6.Евр 7:27. И сказал Моисей Аарону: приступи к жертвеннику и соверши жертву твою о грехе и всесожжение твое, и очисти себя и народ, и сделай приношение от народа, и очисти их, как повелел Господь.

8 И приступил Аарон к жертвеннику и заколол тельца, который за него, в жертву за грех: 9 сыны Аарона поднесли ему кровь, и он омочил перст свой в крови и возложил на роги жертвенника, а остальную кровь вылил к подножию жертвенника, 10 [10]Исх 29:22.Лев 3:10. а тук и почки и сальник на печени от жертвы за грех сжег на жертвеннике, как повелел Господь Моисею; 11 [11]Лев 4:11. мясо же и кожу сжег на огне вне стана. 12 И заколол всесожжение, и сыны Аарона поднесли ему кровь; он покропил ею на жертвенник со всех сторон; 13 [13]Лев 1:6. и принесли ему всесожжение в кусках и голову, и он сжег на жертвеннике, 14 а внутренности и ноги омыл и сжег со всесожжением на жертвеннике. 15 [15]2 Кор 5:21. И принес приношение от народа, и взял от народа козла за грех, и заколол его, и принес его в жертву за грех, как и прежнего. 16 И принес всесожжение и совершил его по уставу. 17 [17]Лев 2:1.Исх 29:38–40.Чис 28:4. И принес приношение хлебное, и наполнил им руки свои, и сжег на жертвеннике сверх утреннего всесожжения. 18 И заколол вола и овна, которые от народа, в жертву мирную; и сыны Аарона поднесли ему кровь, и он покропил ею на жертвенник со всех сторон; 19 поднесли и тук из вола, и из овна курдюк, и [тук] покрывающий [внутренности], почки и сальник на печени, 20 и положили тук на грудь, и он сжег тук на жертвеннике; 21 [21]Исх 29:24. грудь же и правое плечо принес Аарон, потрясая пред лицем Господним, как повелел Моисей. 22 [22]Чис 6:23.Исх 20:24. И поднял Аарон руки свои, обратившись к народу, и благословил его, и сошел, совершив жертву за грех, всесожжение и жертву мирную. 23 И вошли Моисей и Аарон в скинию собрания, и вышли, и благословили народ. И явилась слава Господня всему народу: 24 [24]2 Мак 2:10. и вышел огонь от Господа и сжег на жертвеннике всесожжение и тук; и видел весь народ, и воскликнул от радости, и пал на лице свое.

Veja também