1 A Song of the going up. Of David. If it had not been the Lord who was on our side (let Israel now say);2 If it had not been the Lord who was on our side, when men came up against us;3 They would have made a meal of us while still living, in the heat of their wrath against us:4 We would have been covered by the waters; the streams would have gone over our soul;5 Yes, the waters of pride would have gone over our soul.6 Praise be to the Lord, who has not let us be wounded by their teeth.7 Our soul has gone free like a bird out of the net of those who would take her: the net is broken, and we are free.8 Our help is in the name of the Lord, the maker of heaven and earth.
1 'n Bedevaartslied. Van Dawid. As die HERE nie vir ons was nie -- laat Israel dit sê --2 as die HERE nie vir ons was toe die mense teen ons opgestaan het nie,3 dan het hulle ons lewendig verslind toe hulle toorn teen ons ontvlam het;4 dan het die waters ons oorstroom, 'n stroom het oor ons siel gegaan;5 dan het die trotse waters oor ons siel gegaan.6 Geloofd sy die HERE wat ons aan hulle tande nie as buit oorgegee het nie!7 Ons siel het vrygeraak soos 'n voël uit die vangnet van die voëlvangers; die vangnet is gebreek, en ons, ons het vrygeraak.8 Ons hulp is in die Naam van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.