1 Kaj la Eternulo ekparolis al Moseo, dirante:2 Se iu pekos kaj krimos antaŭ la Eternulo, neante al sia proksimulo koncerne konfiditaĵon aŭ deponitaĵon aŭ rabitaĵon, aŭ se li trompe forprenos ion de sia proksimulo,3 aŭ se li trovos perditaĵon kaj neos tion, aŭ se li ĵuros mensoge pri io, kion homo faras, kaj per tio pekas:4 tiam, se li pekis kaj kulpiĝis, li redonu la rabitaĵon, kiun li rabis, aŭ tion, kion li trompe forprenis, aŭ la deponitaĵon, kiu estis deponita ĉe li, aŭ la perditaĵon, kiun li trovis;5 aŭ ĉion, pri kio li mensoge ĵuris, li repagu per ĝia plena valoro kaj aldonu plie kvinonon de ĝi; al tiu, kies tio estas, li donu ĝin en la tago, kiam li alportas sian kulpoferon.6 Kaj kiel sian kulpoferon li alportu al la Eternulo sendifektan virŝafon el la malgrandaj brutoj, laŭ via taksado, kiel kulpoferon, por la pastro.7 Kaj la pastro pekliberigos lin antaŭ la Eternulo, kaj estos pardonite al li pri ĉio, kion li faris kaj per kio li kulpiĝis.8 Kaj la Eternulo ekparolis al Moseo, dirante:9 Ordonu al Aaron kaj al liaj filoj, dirante:Jen estas la leĝo pri la brulofero:la brulofero restu sur la fajrujo sur la altaro dum tuta nokto, ĝis la mateno, kaj la fajro de la altaro restu brulanta sur ĝi.10 Kaj la pastro metu sur sin sian linan veston, kaj siajn linajn pantalonojn li surmetu sur sian korpon, kaj li deprenu la cindron, kiun la fajro elbruligis el la brulofero sur la altaro, kaj li metu ĝin apud la altaron.11 Kaj li demetu siajn vestojn kaj metu sur sin aliajn vestojn kaj elportu la cindron ekster la tendaron sur puran lokon.12 Kaj la fajro sur la altaro restu brulanta sur ĝi kaj ne estingiĝu; kaj la pastro bruligu sur ĝi lignon ĉiumatene, kaj aranĝu sur ĝi la bruloferon kaj bruligu sur ĝi la sebon de la pacoferoj.13 Eterna fajro brulu sur la altaro, ne estingiĝu.14 Kaj jen estas la leĝo pri la farunofero:la filoj de Aaron alportu ĝin antaŭ la Eternulon sur la antaŭan parton de la altaro.15 Kaj la pastro prenu el ĝi plenmanon el la delikata faruno de la farunofero kaj el ĝia oleo, kaj la tutan olibanon, kiu estas sur la farunofero, kaj li bruligu sur la altaro kiel agrablan odoraĵon, memoraĵon al la Eternulo.16 Kaj la restaĵon el ĝi manĝu Aaron kaj liaj filoj; senfermente ili ĝin manĝu sur sankta loko, sur la korto de la tabernaklo de kunveno ili ĝin manĝu.17 Ĝi ne estu bakata fermentinte; kiel ilian parton Mi donis ĝin el Miaj fajroferoj; ĝi estas plejsanktaĵo, simile al pekofero kaj kulpofero.18 Ĉiu virseksulo el la Aaronidoj povas ĝin manĝi kiel eternan destinitaĵon en viaj generacioj el la fajroferoj de la Eternulo; ĉiu, kiu ektuŝos ilin, devos esti sankta.19 Kaj la Eternulo ekparolis al Moseo, dirante:20 Jen estas la ofero de Aaron kaj liaj filoj, kiun ili alportos al la Eternulo en la tago de sia sanktoleateco:dekono de efo da delikata faruno kiel konstanta farunofero, unu duono matene kaj la dua duono vespere.21 Sur pato kun oleo ĝi devas esti preparita; bone bakitan alportu ĝin; en formo de dispecigita farunofero alportu ĝin kiel agrablan odoraĵon al la Eternulo.22 Kaj la pastro, kiu el liaj filoj estos sanktoleita anstataŭ li, plenumos tion; ĝi estu eterna leĝo antaŭ la Eternulo; ĝi tuta devas esti forbruligata.23 Kaj ĉiu farunofero de pastro estu forbruligata tuta; ĝi ne estu manĝata.24 Kaj la Eternulo ekparolis al Moseo, dirante:25 Diru al Aaron kaj al liaj filoj jene:Jen estas la leĝo pri la pekofero:sur tiu loko, sur kiu estas buĉata la brulofero, oni buĉu la pekoferon antaŭ la Eternulo; plejsanktaĵo ĝi estas.26 La pastro, kiu plenumas la pekoferon, manĝu ĝin; sur sankta loko ĝi estu manĝata, sur la korto de la tabernaklo de kunveno.27 Ĉiu, kiu ektuŝos ĝian viandon, devas esti sankta; kaj se iu aspergos per ĝia sango la veston, li lavu la aspergitan pecon sur sankta loko.28 Kaj la argilan vazon, en kiu ĝi estis kuirita, oni disrompu; kaj se ĝi estis kuirita en kupra vazo, oni purigu ĉi tiun kaj lavu ĝin per akvo.29 Ĉiu virseksulo el la pastroj povas ĝin manĝi; ĝi estas plejsanktaĵo.30 Sed ĉiu pekofero, el kies sango oni enportos en la tabernaklon de kunveno por pekliberigo en la sanktejo, ne estu manĝata:per fajro oni ĝin forbruligu.
1 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:2 As iemand sondig en ontrou handel teen die HERE deurdat hy teenoor sy naaste ontken dat iets aan hom toevertrou of as pand gegee is of deur hom geroof is, of dat hy sy naaste iets afgepers het,3 of dat hy iets gekry het wat weg was, en dit ontken; of dat hy vals sweer ten opsigte van enigiets wat 'n mens kan doen om hom daarmee te besondig4 as hy dan sondig en skuldig word, moet hy teruggee wat hy deur roof ontvreem of deur afpersing verkry het, of wat aan hom toevertrou was, of verlore goed wat hy gevind het;5 of alles waaroor hy vals gesweer het: hy moet daar ten volle vergoeding voor gee en nog die vyfde deel daarvan byvoeg; aan hom aan wie dit behoort, moet hy dit gee op die dag as hy boete doen.6 En hy moet van die kleinvee, na jou skatting, as boete aan die HERE 'n ram sonder gebrek as skuldoffer na die priester bring.7 Dan moet die priester vir hom versoening doen voor die aangesig van die HERE, en dit sal hom vergewe word enigiets wat 'n mens doen, sodat hy daardeur skuldig word.8 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:9 Gee bevel aan A„ron en sy seuns en sê: Dit is die wet van die brandoffer: Dit, die brandoffer, moet op sy vuurherd op die altaar die hele nag lank tot die môre toe bly, en die altaarvuur moet daardeur aan die brand gehou word.10 En die priester moet sy linnekleed aantrek, en die linnebroek moet hy oor sy vlees aantrek; dan moet hy die as wegneem waartoe die vuur die brandoffer op die altaar verteer het, en dit langs die altaar uitgooi.11 Daarna moet hy sy klere uittrek en ander klere aantrek, en die as buitekant die laer op 'n rein plek uitbring.12 En die vuur op die altaar moet daardeur aan die brand gehou word, dit mag nie doodgaan nie; maar die priester moet elke môre daaroor hout aan die brand steek en die brandoffer daaroor reglê en die stukke vet van die dankoffers daaroor aan die brand steek.13 Vuur moet gedurigdeur op die altaar aan die brand gehou word; dit mag nie doodgaan nie.14 En dit is die wet van die spysoffer: Die seuns van A„ron moet dit voor die aangesig van die HERE voor die altaar bring,15 en een moet daarvan 'n handvol neem, van die spysoffer se fynmeel met die olie, en al die wierook wat op die spysoffer is, en hy moet op die altaar die gedenkoffer daarvan aan die brand steek as lieflike geur vir die HERE.16 En wat daarvan oorbly, moet A„ron en sy seuns eet; ongesuurd moet dit geëet word op 'n heilige plek; in die voorhof van die tent van samekoms moet hulle dit eet.17 Dit mag nie gesuurd gebak word nie; as hulle deel het Ek dit van my vuuroffers gegee. Hoogheilig is dit soos die sondoffer en die skuldoffer.18 Almal wat manlik is onder die seuns van A„ron, mag dit eet. Dit is 'n ewige insetting vir julle geslagte uit die vuuroffers van die HERE. Alles wat daaraan raak, word heilig.19 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:20 Dit is die offer van A„ron en sy seuns wat hulle aan die HERE moet bring op die dag as hy gesalf word: die tiende van 'n efa fynmeel as voortdurende spysoffer; die helfte daarvan in die môre en die helfte in die aand.21 Dit moet op 'n plaat met olie berei word; deurmekaargeroer moet jy dit bring; in gebakte brokkies moet jy die spysoffer bring as lieflike geur vir die HERE.22 Ook moet die priester wat uit sy seuns in sy plek gesalf word, dit berei, as 'n ewige insetting. Dit moet geheel en al vir die HERE aan die brand gesteek word.23 So moet dan elke spysoffer van 'n priester 'n voloffer wees; dit mag nie geëet word nie.24 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:25 Spreek met A„ron en sy seuns en sê: Dit is die wet van die sondoffer: Op die plek waar die brandoffer geslag word, moet die sondoffer voor die aangesig van die HERE geslag word. Dit is hoogheilig.26 Die priester wat dit as sondoffer bring, moet dit eet; op 'n heilige plek moet dit geëet word, in die voorhof van die tent van samekoms.27 Alles wat aan die vleis daarvan raak, word heilig; en as daar van die bloed op 'n kledingstuk spat, moet jy die stuk waar dit op spat, op 'n heilige plek was.28 En 'n erdepot waar dit in gekook is, moet stukkend gebreek word; maar as dit in 'n koperpot gekook is, moet dit geskuur en met water afgespoel word.29 Almal wat manlik is onder die priesters, mag dit eet; dit is hoogheilig.30 Maar elke sondoffer waarvan 'n deel van die bloed in die tent van samekoms gebring word, om in die heiligdom versoening te doen, mag nie geëet word nie; dit moet met vuur verbrand word.