1 Mentre Apollo era a Corinto, Paolo, dopo aver attraversato la parte alta del paese, andò a Efeso e vi trovò alcuni discepoli, ai quali disse: 2 "Riceveste voi lo Spirito Santo dopo aver creduto?". Ed essi a lui: "Non abbiamo neppure sentito dire che ci sia lo Spirito Santo". 3 Egli disse loro: "Di che battesimo siete dunque stati battezzati?". Essi risposero: "Del battesimo di Giovanni". 4 Paolo disse: "Giovanni battezzò con il battesimo di ravvedimento, dicendo al popolo di credere in colui che veniva dopo di lui, cioè in Gesù". 5 Udito questo, furono battezzati nel nome del Signore Gesù 6 e, dopo che Paolo ebbe loro imposto le mani, lo Spirito Santo scese su loro e parlavano in altre lingue e profetizzavano. 7 Erano, in tutto, circa dodici uomini.
8 Poi entrò nella sinagoga e qui parlò con molta franchezza per tre mesi, discorrendo con parole persuasive delle cose relative al regno di Dio. 9 Ma, siccome alcuni si ostinavano e rifiutavano di credere, dicendo male della Via davanti alla folla, egli, ritiratosi da loro, separò i discepoli, discorrendo ogni giorno nella scuola di Tiranno. 10 Questo durò due anni; così tutti coloro che abitavano nell’Asia, Giudei e Greci, udirono la parola del Signore. 11 E Dio faceva dei miracoli straordinari per le mani di Paolo, 12 al punto che si portavano sui malati degli asciugatoi e dei grembiuli che erano stati sul suo corpo, e le malattie si allontanavano da loro e gli spiriti maligni uscivano.
13 Ora alcuni esorcisti itineranti giudei tentarono anch’essi di invocare il nome del Signore Gesù su quelli che avevano degli spiriti maligni, dicendo: "Io vi scongiuro, per quel Gesù che Paolo proclama". 14 E quelli che facevano questo erano sette figli di un certo Sceva, giudeo, capo sacerdote. 15 Ma lo spirito maligno, rispondendo, disse loro: "Gesù, lo conosco e Paolo so chi è, ma voi chi siete?". 16 E l’uomo che aveva lo spirito maligno si avventò su due di loro, li sopraffece e fece loro tale violenza che se ne fuggirono da quella casa, nudi e feriti. 17 Questo fatto fu risaputo da tutti, Giudei e Greci, che abitavano in Efeso; e tutti furono presi da spavento e il nome del Signore Gesù era magnificato. 18 E molti di quelli che avevano creduto venivano a confessare e a dichiarare le cose che avevano fatte. 19 E molti di quelli che avevano esercitato le arti magiche, portarono i loro libri, li arsero alla presenza di tutti e, calcolatone il prezzo, trovarono che ammontava a cinquantamila dramme d’argento.
20 Così la parola di Dio cresceva potentemente e si rafforzava.
21 Dopo questi fatti, Paolo si mise in animo di andare a Gerusalemme, passando per la Macedonia e per l’Acaia. "Dopo che sarò stato là", diceva, "bisogna che io veda anche Roma". 22 Mandati in Macedonia due di quelli che lo aiutavano, Timoteo ed Erasto, egli si trattenne ancora in Asia per qualche tempo.
23 In quel periodo vi fu un gran tumulto a proposito della Via. 24 Poiché un tale chiamato Demetrio, orefice, che faceva dei tempietti di Diana in argento, procurava non poco guadagno agli artigiani. 25 Riuniti questi e gli altri che lavoravano queste cose, disse: "Uomini, voi sapete che dall’esercizio di quest’arte viene la nostra prosperità. 26 E voi vedete e udite che questo Paolo ha persuaso e sviato molta gente non solo a Efeso, ma quasi in tutta l’Asia dicendo che quelli fatti con le mani non sono dèi. 27 E non soltanto vi è pericolo che questo ramo della nostra arte cada in discredito, ma che anche il tempio della grande dea Diana sia reputato un nulla e che sia perfino spogliata della sua maestà colei che tutta l’Asia e il mondo adorano".
28 Essi, udite queste cose, accesi di sdegno, si misero a gridare: "Grande è la Diana degli Efesini!".
29 E tutta la città fu ripiena di confusione e, trascinando con sé a forza Gaio e Aristarco, Macedoni, compagni di viaggio di Paolo, si precipitarono tutti d’accordo verso il teatro. 30 Paolo voleva presentarsi al popolo, ma i discepoli non glielo permisero. 31 E anche alcuni magistrati dell’Asia che gli erano amici mandarono a pregarlo di non avventurarsi a venire nel teatro. 32 Alcuni dunque gridavano una cosa e gli altri un’altr,; perché l’assemblea era in confusione e i più non sapevano per quale motivo si fossero riuniti. 33 Dalla folla fecero uscire Alessandro, che i Giudei spingevano avanti. E Alessandro, fatto cenno con la mano, voleva arringare il popolo a loro difesa. 34 Ma, quando ebbero riconosciuto che era giudeo, tutti, a una voce, per circa due ore si misero a gridare: "Grande è la Diana degli Efesini!".
35 Ma il segretario, calmata la folla, disse: "Uomini di Efeso, chi è mai quell’uomo che non sappia che la città degli Efesini è la guardiana del tempio della grande Diana e dell’immagine caduta da Giove? 36 Queste cose sono incontestabili, perciò dovete calmarvi e non fare nulla di precipitoso, 37 poiché avete condotto qua questi uomini, i quali non sono né sacrileghi né bestemmiatori della nostra dea. 38 Se dunque Demetrio e gli artigiani che sono con lui hanno qualcosa contro qualcuno, ci sono i tribunali e ci sono i proconsoli; si facciano citare gli uni e gli altri. 39 Se poi volete ottenere qualcosa riguardo ad altri affari, la questione si risolverà in un’assemblea legale. 40 Perché noi siamo in pericolo di essere accusati di sedizione per la riunione d’oggi, non essendovi alcuna ragione con la quale noi possiamo giustificare questo assembramento". 41 E, dette queste cose, sciolse l’assemblea.
1 EN terwyl Apollos in Korinthe was, het Paulus die boonste landstreke deurgereis en in Éfese gekom; en daar het hy sommige dissipels gevind
2 en hulle gevra: Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het? En hulle antwoord hom: Ons het nie eens gehoor dat daar 'n Heilige Gees is nie.
3 En hy vra hulle: Met watter doop is julle dan gedoop? En hulle antwoord: Met die doop van Johannes.
4 Daarop sê Paulus: Johannes het met die doop van bekering gedoop en aan die volk gesê dat hulle moes glo in die Een wat ná hom kom, dit is in Christus Jesus.
5 En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus.
6 En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer.
7 En altesaam was hulle omtrent twaalf manne.
8 En hy het in die sinagoge ingegaan en vrymoediglik drie maande lank met hulle geredeneer en hulle probeer oortuig van die dinge wat die koninkryk van God aangaan.
9 Maar toe sommige hulle verhard en ongehoorsaam was en voor die menigte aanhou kwaadspreek van die Weg, het hy van hulle weggegaan en die dissipels afsonderlik geneem en elke dag in die skool van 'n sekere Tiránnus samesprekinge gehou.
10 En dit het twee jaar lank geduur, sodat al die inwoners van Asië die woord van die Here Jesus gehoor het, Jode sowel as Grieke.
11 En God het buitengewone kragte deur die hande van Paulus gedoen,
12 sodat selfs wanneer doeke of voorskote wat aan sy lyf was, op die siekes gelê is, die siektes van hulle gewyk en die bose geeste van hulle uitgegaan het.
13 En sommige van die rondtrekkende Jode, duiwelbesweerders, het dit gewaag om die Naam van die Here Jesus te noem oor die wat bose geeste gehad het, en te sê: Ons besweer julle by die Jesus wat Paulus verkondig!
14 Dit was sekere sewe seuns van Skeva, 'n Joodse owerpriester, wat dit gedoen het.
15 Maar die bose gees het geantwoord en gesê: Jesus ken ek, en van Paulus weet ek, maar julle, wie is julle?
16 Toe spring die man in wie die bose gees was, op hulle en oormeester en oorweldig hulle, sodat hulle naak en gewond uit daardie huis gevlug het.
17 En dit het bekend geword aan al die Jode en Grieke wat in Éfese woon, en vrees het op hulle almal geval, en die Naam van die Here Jesus is groot gemaak.
18 En baie van die wat gelowig geword het, het belydenis kom doen en hulle dade bekend gemaak;
19 en verskeie van die wat met towery omgegaan het, het die boeke bymekaargebring en voor almal verbrand; en hulle het die waarde daarvan bereken en gevind dat dit vyftigduisend silwerstukke was.
20 So het die woord van die Here met krag gegroei en sterk geword.
21 En toe hierdie dinge verby was, het Paulus hom voorgeneem om deur Macedónië en Acháje te gaan en na Jerusalem te reis. Hy het gesê: Nadat ek daar gewees het, moet ek Rome ook sien.
22 Daarop stuur hy twee van sy helpers, Timótheüs en Erástus, na Macedónië, terwyl hy self nog 'n tyd lank in Asië gebly het.
23 En omtrent hierdie tyd het daar geen klein opskudding met betrekking tot die Weg ontstaan nie.
24 Want iemand met die naam van Demétrius, 'n silwersmid, maker van silwertempeltjies van Diana, het 'n aansienlike verdienste aan die ambagsmanne verskaf.
25 En toe hy hulle en die werkers in daardie soort bedrywe bymekaargeroep het, sê hy: Manne, julle weet dat ons welvaart uit hierdie verdienste is,
26 en julle sien en hoor dat nie alleen in Éfese nie, maar byna in die hele Asië, hierdie Paulus 'n aansienlike skare oorgehaal en afvallig gemaak het deur te sê dat dit geen gode is wat met hande gemaak word nie.
27 Nou is daar nie alleen gevaar dat hierdie vak van ons in veragting kom nie, maar ook dat die tempel van die groot godin Diana as niks gereken word, en dat haar majesteit wat die hele Asië, ja, die wêreld, vereer, ook tot niet sal gaan.
28 En toe hulle dit hoor, is hulle met woede vervul en het geskreeu en gesê: Groot is die Diana van die Efésiërs!
29 Daarop raak die hele stad heeltemal in verwarring, en hulle storm soos een man na die skouburg en sleep Gajus en Aristárchus saam, Macedóniërs wat reisgenote van Paulus was.
30 En toe Paulus onder die volk wou ingaan, het die dissipels hom dit nie toegelaat nie.
31 En sommige van die owerstes van Asië wat sy vriende was, het ook na hom gestuur en hom gesmeek dat hy hom nie in die skouburg moes begeef nie.
32 Hulle het dan aangehou skreeu, sommige dit en ander dat; want die vergadering was in die war, en die meeste het nie geweet waarvoor hulle bymekaargekom het nie.
33 En hulle het Alexander uit die skare vorentoe laat kom, omdat die Jode hom vorentoe gestoot het; en Alexander het met die hand gewink en wou hom by die volk verdedig.
34 Maar toe hulle verstaan dat hy 'n Jood is, gaan daar een geroep van almal op terwyl hulle omtrent twee uur lank skreeu: Groot is die Diana van die Efésiërs!
35 Maar die stadsklerk het die skare tot bedaring gebring en gesê: Efésiërs, watter mens is daar tog wat nie weet dat die stad van die Efésiërs die tempelbewaarder is van die groot godin Diana en van die beeld wat uit die hemel geval het nie?
36 Terwyl dit dan nie weerspreek kan word nie, behoort julle rustig te wees en niks onbedags te doen nie.
37 Want julle het hierdie manne gebring, wat geen tempelrowers is nie en ook nie julle godin laster nie.
38 As Demétrius en sy ambagsmanne dan 'n saak teen iemand het, die hofsittings word gehou, en daar is regters: laat hulle mekaar aanklaag.
39 Maar as julle nog iets anders verlang, dit sal in die wettige vergadering beslis word.
40 Want ons loop gevaar om oor die oproer van vandag aangeklaag te word, aangesien daar geen grond is waarop ons sal kan rekenskap gee van hierdie oploop nie. En met hierdie woorde het hy die vergadering ontbind.