1 Saulo approvava la sua uccisione e in quel tempo vi fu una grande persecuzione contro la chiesa che era in Gerusalemme. Tutti furono dispersi per le contrade della Giudea e della Samaria, salvo gli apostoli. 2 E degli uomini devoti seppellirono Stefano e fecero gran cordoglio per lui. 3 Ma Saulo devastava la chiesa, entrando di casa in casa e, trascinandone uomini e donne, li metteva in prigione.
4 Allora quelli che erano stati dispersi se ne andarono di luogo in luogo, annunciando la Parola.
5 Filippo, disceso nella città di Samaria, vi predicò il Cristo. 6 E le folle unanimi prestavano attenzione alle cose dette da Filippo, udendo e vedendo i miracoli che egli faceva. 7 Infatti gli spiriti immondi uscivano da molti indemoniati, mandando alte grida, e molti paralitici e molti zoppi erano guariti. 8 E vi fu grande gioia in quella città.
9 Ora vi era un certo uomo, chiamato Simone, che già da tempo esercitava nella città le arti magiche e faceva stupire la gente di Samaria, spacciandosi per un personaggio importante. 10 Tutti, dal più piccolo al più grande, gli davano ascolto, dicendo: "Costui è ‘la potenza di Dio’, che si chiama ‘la Grande’". 11 E gli davano ascolto, perché già da lungo tempo li aveva fatti stupire con le sue arti magiche. 12 Ma, quando ebbero creduto a Filippo che annunciava loro la buona notizia relativa al regno di Dio e al nome di Gesù Cristo, furono battezzati, uomini e donne. 13 Anche Simone credette e, dopo essere stato battezzato, stava sempre con Filippo; e, vedendo i miracoli e le grandi opere potenti che erano fatte, stupiva.
14 Allora gli apostoli che erano a Gerusalemme, saputo che la Samaria aveva ricevuto la parola di Dio, vi mandarono Pietro e Giovanni. 15 I quali, essendo discesi là, pregarono per loro affinché ricevessero lo Spirito Santo, 16 poiché non era ancora disceso sopra alcuno di loro, ma erano stati soltanto battezzati nel nome del Signore Gesù. 17 Allora imposero loro le mani ed essi ricevettero lo Spirito Santo.
18 Simone, vedendo che per l’imposizione delle mani degli apostoli era dato lo Spirito Santo, offrì loro del denaro, 19 dicendo: "Date anche a me questo potere, affinché colui al quale io imponga le mani riceva lo Spirito Santo". 20 Ma Pietro gli disse: "Il tuo denaro vada con te in perdizione, poiché hai stimato che il dono di Dio si acquisti con denaro. 21 Tu, in questo, non hai parte né sorte alcuna, perché il tuo cuore non è retto davanti a Dio. 22 Ravvediti dunque di questa tua malvagità e prega il Signore affinché, se è possibile, ti sia perdonato il pensiero del tuo cuore. 23 Vedo infatti che tu sei pieno di amarezza e prigioniero d’iniquità". 24 E Simone, rispondendo, disse: "Pregate voi il Signore per me, affinché nulla di ciò che avete detto mi accada".
25 Essi dunque, dopo aver testimoniato e annunciato la parola del Signore, ritornarono a Gerusalemme, evangelizzando molti villaggi dei Samaritani.
26 Un angelo del Signore parlò a Filippo, dicendo: "Alzati e vattene dalla parte di mezzodì, sulla via che scende da Gerusalemme a Gaza. Essa è una via deserta". 27 Egli, alzatosi, partì. Ed ecco un Etiope, un eunuco, ministro di Candace, regina degli Etiopi, il quale era sovrintendente di tutti i suoi tesori, era venuto a Gerusalemme per adorare: 28 ora stava ritornandosene, seduto sul suo carro, e leggeva il profeta Isaia. 29 Lo Spirito disse a Filippo: "Avvicinati, e raggiungi quel carro". 30 Filippo accorse, l’udì che leggeva il profeta Isaia e disse: "Capisci le cose che leggi?". 31 Ed egli rispose: "E come potrei comprenderle, se nessuno mi guida?". E pregò Filippo che salisse e sedesse con lui.
32 Ora il passo della Scrittura che leggeva era questo:
‘Egli è stato condotto all’uccisione come una pecora; e come un agnello che è muto davanti a colui che lo tosa, così egli non ha aperta la bocca.33 Nella sua umiliazione fu tolta via la sua condanna; chi descriverà la sua generazione? Poiché la sua vita è stata tolta dalla terra’.
34 L’eunuco, rivolto a Filippo, gli disse: "Di chi, ti prego, dice questo il profeta? Di sé stesso, oppure di un altro?". 35 Allora Filippo prese a parlare e, cominciando da questo passo della Scrittura, gli annunciò Gesù. 36 Strada facendo giunsero a un luogo dove c’era dell’acqua e l’eunuco disse: "Ecco dell’acqua; che impedisce che io sia battezzato?". 37 Filippo disse: "Se tu credi con tutto il cuore, è possibile". L’eunuco rispose: "Io credo che Gesù Cristo è il Figlio di Dio". 38 Allora comandò che il carro si fermasse e discesero entrambi nell’acqua, Filippo e l’eunuco, ed egli lo battezzò. 39 Quando uscirono dall’acqua, lo Spirito del Signore rapì Filippo e l’eunuco, continuando il suo cammino tutto allegro, non lo vide più. 40 Poi Filippo si ritrovò in Azot e, proseguendo, evangelizzò tutte le città, finché giunse a Cesarea.
1 EN Saulus het ook sy vermoording goedgekeur. En daar het in dié tyd 'n groot vervolging teen die gemeente in Jerusalem ontstaan, en almal is verstrooi oor die streke van Judéa en Samaría, behalwe die apostels.
2 En godvresende manne het Stéfanus begrawe en 'n groot rou oor hom bedrywe.
3 Maar Saulus het die gemeente verwoes en in die huise gegaan en manne en vroue uitgesleep en in die gevangenis oorgelewer.
4 En die wat verstrooi was, het die land deurgegaan en die woord van die evangelie verkondig.
5 En Filippus het afgekom in 'n stad van Samaría en Christus aan hulle verkondig.
6 En die skare het eendragtig ag gegee op die woorde van Filippus toe hulle dit hoor en die tekens sien wat hy doen.
7 Want uit baie van die wat onreine geeste gehad het, het die geeste uitgegaan terwyl hulle met 'n groot stem skreeu; en baie wat lam en kreupel was, het gesond geword.
8 En daar was groot blydskap in daardie stad.
9 En 'n sekere man met die naam van Simon het vantevore in die stad met towery omgegaan en die bevolking van Samaría verbyster deur te sê dat hy iets besonders was.
10 En almal, klein en groot, het hom aangehang en gesê: Hy is die groot krag van God.
11 En hulle het hom aangehang, omdat hy hulle 'n geruime tyd deur sy towerye verbyster het.
12 Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie aangaande die koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus verkondig het, is hulle gedoop, manne sowel as vroue.
13 En Simon het ook self gelowig geword, en nadat hy gedoop was, gedurig by Filippus gebly; en hy was verbaas toe hy die tekens en groot kragte sien gebeur.
14 En toe die apostels in Jerusalem hoor dat Samaría die woord van God aangeneem het, het hulle Petrus en Johannes na hulle gestuur.
15 Húlle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle die Heilige Gees mag ontvang,
16 want Hy het toe nog op niemand van hulle geval nie, maar hulle was net gedoop in die Naam van die Here Jesus.
17 Hulle het hul toe die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees ontvang.
18 En toe Simon sien dat deur die handoplegging van die apostels die Heilige Gees gegee word, het hy hulle geld aangebied
19 en gesê: Gee aan my ook hierdie mag, sodat elkeen wat ek die hande oplê, die Heilige Gees kan ontvang.
20 Maar Petrus sê vir hom: Mag jou geld saam met jou vergaan, omdat jy gedink het om die gawe van God deur geld te verkry.
21 Jy het geen deel of lot in hierdie saak nie, want jou hart is nie reg voor God nie.
22 Bekeer jou dan van hierdie boosheid van jou, en bid God of die gedagte van jou hart jou miskien vergewe mag word.
23 Want ek sien dat jy in 'n gal van bitterheid en bande van ongeregtigheid is.
24 Maar Simon het geantwoord en gesê: Bid julle tot die Here vir my, sodat niks van wat julle gesê het, oor my mag kom nie.
25 Nadat hulle dan kragtig getuig en die woord van die Here gespreek het, het hulle na Jerusalem teruggegaan en die evangelie aan baie dorpe van die Samaritane verkondig.
26 EN 'n engel van die Here het met Filippus gespreek en gesê: Staan op en gaan na die suide op die pad wat afloop van Jerusalem na Gasa. Dit is 'n eensame pad.
27 Toe het hy opgestaan en gegaan. En daar was 'n man van Ethiópië, 'n hofdienaar, 'n staatsamptenaar van Kandacé, die koningin van die Ethiópiërs, wat oor al haar skatte was en na Jerusalem gekom het om te aanbid.
28 En hy was op die terugreis en het op sy wa gesit en die profeet Jesaja gelees.
29 Toe sê die Gees vir Filippus: Gaan daarheen en bly by daardie wa.
30 En Filippus het daarheen gehardloop en hom die profeet Jesaja hoor lees; en hy sê: Verstaan u wel wat u lees?
31 En hy antwoord: Hoe kan ek tog as niemand my die weg wys nie? Toe vra hy Filippus om op te klim en by hom te kom sit.
32 En die gedeelte van die Skrif wat hy besig was om te lees, was dít: Soos 'n skaap is Hy gelei om geslag te word, en soos 'n lam wat stom is voor die een wat hom skeer, so maak Hy sy mond nie oop nie.
33 In sy vernedering is sy oordeel weggeneem, en wie sal sy geslag beskrywe? Want sy lewe word van die aarde weggeneem.
34 En die hofdienaar antwoord en sê vir Filippus: Ek bid u, van wie sê die profeet dit, van homself of van iemand anders?
35 En Filippus het sy mond geopen en van hierdie Skrif af begin en die evangelie van Jesus aan hom verkondig.
36 En terwyl hulle voortreis op die pad, kom hulle by water; en die hofdienaar sê vir hom: Daar is water; wat verhinder my om gedoop te word?
37 Toe sê Filippus: As u glo met u hele hart, is dit geoorloof. En hy antwoord en sê: Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is.
38 En hy het beveel dat die wa moes stilhou; en hulle het altwee in die water afgeklim, Filippus en die hofdienaar; en hy het hom gedoop.
39 En toe hulle uit die water opklim, het die Gees van die Here Filippus skielik weggevoer, en die hofdienaar het hom nie meer gesien nie, want hy het sy weg met blydskap gereis.
40 Maar Filippus is in Asdod gevind. En hy het die land deurgegaan en die evangelie verkondig in al die stede, totdat hy in Cesaréa gekom het.