1 Che diremo dunque che l’antenato nostro Abraamo abbia ottenuto secondo la carne? 2 Poiché, se Abraamo fosse stato giustificato per le opere, egli avrebbe di che gloriarsi, ma non davanti a Dio, infatti, che dice la Scrittura?
3 "Abraamo credette a Dio, e ciò gli fu messo in conto come giustizia".
4 Ora a chi opera il salario non è messo in conto come grazia, ma come debito, 5 mentre a chi non opera, ma crede in colui che giustifica l’empio, la sua fede gli è messa in conto come giustizia.
6 Così pure Davide proclama la beatitudine dell’uomo al quale Dio imputa la giustizia senza opere, dicendo:
7 "Beati quelli le cui iniquità sono perdonate, e i cui peccati sono coperti.8 Beato l’uomo al quale il Signore non imputa il peccato".
9 Questa beatitudine è soltanto per i circoncisi o anche per gli incirconcisi? Poiché noi diciamo che la fede fu messa in conto ad Abraamo come giustizia. 10 In che modo dunque gli fu messa in conto? Quando era circonciso o quando era incirconciso? Non quando era circonciso, ma quando era incirconciso; 11 poi ricevette il segno della circoncisione, quale sigillo della giustizia ottenuta per la fede che aveva quando era incirconciso, affinché fosse il padre di tutti quelli che credono essendo incirconcisi, in modo che anche a loro sia messa in conto la giustizia, 12 e il padre dei circoncisi, di quelli, cioè, che non soltanto sono circoncisi, ma seguono anche le orme della fede del nostro padre Abraamo quando era ancora incirconciso.
13 Poiché la promessa di essere erede del mondo non fu fatta ad Abraamo o alla sua discendenza in base alla legge, ma in base alla giustizia che viene dalla fede. 14 Poiché, se sono eredi quelli della legge, la fede è resa vana e la promessa è annullata, 15 poiché la legge produce ira, ma dove non c’è legge, non c’è neppure trasgressione. 16 Perciò l’eredità è per fede, affinché sia per grazia, in modo che la promessa sia sicura per tutta la discendenza, non soltanto per quella che è sotto la legge, ma anche per quella che ha la fede di Abraamo, il quale è padre di noi tutti 17 (com’è scritto: "Io ti ho costituito padre di molte nazioni") davanti al Dio a cui egli credette, il quale fa rivivere i morti e chiama le cose che non sono come se fossero. 18 Egli, sperando contro speranza, credette per diventare padre di molte nazioni, secondo quello che gli era stato detto: "Così sarà la tua discendenza". 19 Senza venire meno nella fede, egli vide bensì che il suo corpo era svigorito (aveva quasi cent’anni) e che Sara non era più in grado di essere madre, 20 ma davanti alla promessa di Dio non vacillò per incredulità, ma fu fortificato per la sua fede dando gloria a Dio 21 ed essendo pienamente convinto che, ciò che aveva promesso, egli era anche potente da effettuarlo. 22 Perciò gli fu messo in conto come giustizia.
23 Ora non per lui soltanto sta scritto che questo gli fu messo in conto come giustizia, 24 ma anche per noi ai quali sarà così messo in conto, per noi che crediamo in colui che ha risuscitato dai morti Gesù, nostro Signore, 25 il quale è stato dato a causa delle nostre offese ed è stato risuscitato a motivo della nostra giustificazione.
1 WAT sal ons dan sê, het Abraham, ons vader na die vlees, verkry?
2 Want as Abraham uit die werke geregverdig is, het hy iets om op te roem, maar nie teenoor God nie.
3 Want wat sê die Skrif? Abraham het in God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken.
4 Maar aan hom wat werk, word die loon nie na guns toegereken nie, maar na verdienste;
5 aan hom egter wat nie werk nie, maar glo in Hom wat die goddelose regverdig, word sy geloof tot geregtigheid gereken.
6 Soos Dawid ook die mens salig spreek aan wie God geregtigheid toereken sonder werke:
7 Welgeluksalig is hulle wie se ongeregtighede vergewe en wie se sondes bedek is.
8 Welgeluksalig is die man aan wie die Here die sonde nie toereken nie.
9 Hierdie saligspreking dan, sien dit op die besnedenes of ook op die onbesnedenes? Want ons sê: Aan Abraham is die geloof tot geregtigheid gereken.
10 Hoe is dit dan toegereken — toe hy besnede of onbesnede was? Nie as besnedene nie, maar as onbesnedene.
11 En hy het die teken van die besnydenis ontvang as 'n seël van die geregtigheid van die geloof toe hy nog nie besny was nie; dat hy die vader sou wees van almal wat glo terwyl hulle onbesnede is, sodat ook aan hulle die geregtigheid toegereken sou word;
12 en ook 'n vader van die besnydenis vir die wat nie alleen uit die besnydenis is nie, maar ook wandel in die voetstappe van die geloof van ons vader Abraham toe hy onbesnede was.
13 Want die belofte dat hy erfgenaam van die wêreld sou wees, het Abraham of sy nageslag nie deur die wet verkry nie, maar deur die geregtigheid van die geloof.
14 Want as hulle wat uit die wet is, erfgename is, dan het die geloof waardeloos geword en die belofte tot niet geraak.
15 Want die wet werk toorn; maar waar geen wet is nie, daar is ook geen oortreding nie.
16 Daarom is dit uit die geloof, sodat dit volgens genade kan wees en die belofte kan vasstaan vir die hele nageslag; nie alleen vir die wat uit die wet is nie, maar ook vir die wat uit die geloof van Abraham is, die vader van ons almal —
17 soos geskrywe is: Ek het jou 'n vader van baie nasies gemaak — voor die aangesig van God in wie hy geglo het, wat die dode lewend maak en die dinge wat nie bestaan nie, roep asof hulle bestaan.
18 Hy het teen hoop op hoop geglo dat hy vader sou word van baie volke volgens wat gesê was: So sal jou nageslag wees.
19 En sonder om te verswak in die geloof het hy, al was hy omtrent honderd jaar oud, nie gelet op sy eie liggaam wat alreeds verstorwe was, en op die verstorwe toestand van die moederskoot van Sara nie.
20 En hy het nie deur ongeloof aan die belofte van God getwyfel nie, maar hy is versterk deur die geloof en het aan God die eer gegee
21 en was ten volle oortuig dat Hy ook die mag het om te doen wat Hy beloof het.
22 Daarom is dit hom ook tot geregtigheid gereken.
23 Maar dit is nie alleen om sy ontwil geskrywe dat dit hom toegereken is nie,
24 maar ook om ons ontwil aan wie dit toegereken sal word, ons wat glo in Hom wat Jesus, onse Here, uit die dode opgewek het,
25 wat oorgelewer is ter wille van ons misdade en opgewek is ter wille van ons regverdigmaking.