1 En die HERE het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys.

2 En Ek sal jou 'n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy 'n seën sal wees.

3 En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseënword.

4 Toe het Abram weggetrek soos die HERE hom gesê het, en Lot het saam met hom getrek. En Abram was vyf en sewentig jaar oud by sy vertrek uit Haran.

5 En Abram het Sarai, sy vrou, en Lot, sy broerskind, geneem en al hulle besittings wat hulle bymekaargemaak en die slawe wat hulle in Haran verwerf het, en hulle het uitgetrek om na die land Kana„n te gaan en in die land Kanaän gekom.

6 En Abram het deur die land getrek na die plek Sigem, tot by die terpentynboom More. Die Kanaäniete was toe in die land.

7 Daarop verskyn die HERE aan Abram en sê: Aan jou nageslag sal Ek hierdie land gee. Toe bou hy daar 'n altaar vir die HERE wat aan hom verskyn het.

8 En daarvandaan het hy verder versit na die gebergte oos van Bet-el en sy tent opgeslaan tussen Bet-el aan die weste-- en Ai aan die oostekant, en daar vir die HERE 'n altaar gebou en die Naam van die HERE aangeroep.

9 Daarna het Abram al verder na die Suidland weggetrek.

10 En daar was hongersnood in die land, sodat Abram na Egipte afgetrek het om daar as vreemdeling te vertoef; want die hongersnood was swaar in die land.

11 En toe hy op die punt staan om Egipte in te trek, het hy met sy vrou Sarai gespreek: Kyk, ek weet dat jy 'n vrou is mooi van aansien.

12 As die Egiptenaars jou nou sien, sal hulle sê: Dit is sy vrou en hulle sal my doodmaak en jou laat lewe.

13 Sê tog jy is my suster, dat dit met my goed kan gaan ter wille van jou en ek om jou ontwil in die lewe kan bly.

14 Toe Abram dan in Egipte gekom het, sien die Egiptenaars dat die vrou baie mooi was.

15 Ook het die vorste van Farao haar gesien en haar by Farao geprys. En die vrou is na die paleis van Farao geneem.

16 En hy het goed gedoen aan Abram om haar ontwil, sodat hy kleinvee en beeste en esels, slawe en slavinne, eselinne en kamele in besit gekry het.

17 Maar die HERE het Farao en sy huis met groot plae besoek ter wille van Sarai, die vrou van Abram.

18 Daarop laat Farao Abram roep en hy sê: Wat het jy my nou aangedoen? Waarom het jy my nie te kenne gegee dat sy jou vrou is nie?

19 Waarom het jy gesê: Sy is my suster -- sodat ek haar vir my as vrou geneem het? Daar is jou vrou dan nou; neem haar en gaan weg.

20 En Farao het aan enkele manne aangaande hom bevel gegee, en hulle het hom weggebring met sy vrou en sy hele besitting.

1 א ויאמר יהוה אל אברם לך לך מארצך וממולדתך ומבית אביך אל הארץ אשר אראך

2 ב ואעשך לגוי גדול ואברכך ואגדלה שמך והיה ברכה

3 ג ואברכה מברכיך ומקללך אאר ונברכו בך כל משפחת האדמה

4 ד וילך אברם כאשר דבר אליו יהוה וילך אתו לוט ואברם בן חמש שנים ושבעים שנה בצאתו מחרן

5 ה ויקח אברם את שרי אשתו ואת לוט בן אחיו ואת כל רכושם אשר רכשו ואת הנפש אשר עשו בחרן ויצאו ללכת ארצה כנען ויבאו ארצה כנען

6 ו ויעבר אברם בארץ עד מקום שכם עד אלון מורה והכנעני אז בארץ

7 ז וירא יהוה אל אברם ויאמר לזרעך אתן את הארץ הזאת ויבן שם מזבח ליהוה הנראה אליו

8 ח ויעתק משם ההרה מקדם לבית אל--ויט אהלה בית אל מים והעי מקדם ויבן שם מזבח ליהוה ויקרא בשם יהוה

9 ט ויסע אברם הלוך ונסוע הנגבה  {פ}

10 י ויהי רעב בארץ וירד אברם מצרימה לגור שם כי כבד הרעב בארץ

11 יא ויהי כאשר הקריב לבוא מצרימה ויאמר אל שרי אשתו הנה נא ידעתי כי אשה יפת מראה את

12 יב והיה כי יראו אתך המצרים ואמרו אשתו זאת והרגו אתי ואתך יחיו

13 יג אמרי נא אחתי את--למען ייטב לי בעבורך וחיתה נפשי בגללך

14 יד ויהי כבוא אברם מצרימה ויראו המצרים את האשה כי יפה הוא מאד

15 טו ויראו אתה שרי פרעה ויהללו אתה אל פרעה ותקח האשה בית פרעה

16 טז ולאברם היטיב בעבורה ויהי לו צאן ובקר וחמרים ועבדים ושפחת ואתנת וגמלים

17 יז וינגע יהוה את פרעה נגעים גדלים ואת ביתו על דבר שרי אשת אברם

18 יח ויקרא פרעה לאברם ויאמר מה זאת עשית לי למה לא הגדת לי כי אשתך הוא

19 יט למה אמרת אחתי הוא ואקח אתה לי לאשה ועתה הנה אשתך קח ולך

20 כ ויצו עליו פרעה אנשים וישלחו אתו ואת אשתו ואת כל אשר לו