1 So het Abram dan uit Egipte na die Suidland opgetrek, hy met sy vrou en sy hele besitting, en Lot saam met hom.

2 En Abram was baie ryk aan vee, aan silwer en goud.

3 En hy het van plek tot plek uit die Suidland getrek tot by Bet-el, na die plek waar sy tent in die begin gestaan het, tussen Bet-el en Ai,

4 na die plek van die altaar wat hy vroeër daar gebou het. En Abram het daar die Naam van die HERE aangeroep.

5 En Lot, wat saam met Abram getrek het, het ook kleinvee en beeste en tente gehad.

6 En die land kon hulle nie dra om saam te woon nie, want hulle besittings was groot, sodat hulle nie saam kon woon nie.

7 En daar het twis ontstaan tussen die veewagters van Abram en die veewagters van Lot. Ook het die Kana„niete en Feresiete destyds in die land gewoon.

8 Toe sê Abram vir Lot: Laat daar tog geen twis wees tussen my en jou, en tussen my wagters en jou wagters nie; ons is mos broers.

9 Lê die hele land nie voor jou oop nie? Skei jou tog van my af; gaan jy links, dan sal ek regs gaan, en gaan jy regs, dan sal ek links gaan.

10 Toe slaan Lot sy oë op en sien dat die hele Jordaanstreek oral volop water het; voordat die HERE Sodom en Gomorra verwoes het, was dit in die rigting van Soar soos die tuin van die HERE, soos Egipteland.

11 En Lot het vir hom die hele Jordaanstreek gekies, en Lot het na die ooste weggetrek. So het hulle dan die een van die ander geskei.

12 Abram het bly woon in die land Kana„n, en Lot het gaan woon in die stede van die Jordaanstreek en sy tente tot by Sodom opgeslaan.

13 En die manne van Sodom was sleg en groot sondaars voor die HERE.

14 En die HERE sê vir Abram nadat Lot van hom geskei het: Slaan tog jou oë op en kyk van die plek waar jy staan, na die noorde en suide, na die ooste en weste;

15 want die hele land wat jy sien, sal Ek aan jou gee en aan jou nageslag tot in ewigheid.

16 En Ek sal jou nageslag maak soos die stof van die aarde, sodat as iemand die stof van die aarde kan tel, jou nageslag ook getel kan word.

17 Maak jou klaar, trek die land deur in sy lengte en sy breedte, want Ek sal dit aan jou gee.

18 Toe het Abram al verder tente opgeslaan en gaan woon by die terpentynbome van Mamre wat by Hebron is; en hy het daar vir die HERE 'n altaar gebou.

1 א ויעל אברם ממצרים הוא ואשתו וכל אשר לו ולוט עמו--הנגבה

2 ב ואברם כבד מאד במקנה בכסף ובזהב

3 ג וילך למסעיו מנגב ועד בית אל--עד המקום אשר היה שם אהלה בתחלה בין בית אל ובין העי

4 ד אל מקום המזבח אשר עשה שם בראשנה ויקרא שם אברם בשם יהוה

5 ה וגם ללוט--ההלך את אברם  היה צאן ובקר ואהלים

6 ו ולא נשא אתם הארץ לשבת יחדו  כי היה רכושם רב ולא יכלו לשבת יחדו

7 ז ויהי ריב בין רעי מקנה אברם ובין רעי מקנה לוט והכנעני והפרזי אז ישב בארץ

8 ח ויאמר אברם אל לוט אל נא תהי מריבה ביני ובינך ובין רעי ובין רעיך  כי אנשים אחים אנחנו

9 ט הלא כל הארץ לפניך הפרד נא מעלי  אם השמאל ואימנה ואם הימין ואשמאילה

10 י וישא לוט את עיניו וירא את כל ככר הירדן כי כלה משקה--לפני שחת יהוה את סדם ואת עמרה כגן יהוה כארץ מצרים באכה צער

11 יא ויבחר לו לוט את כל ככר הירדן ויסע לוט מקדם ויפרדו איש מעל אחיו

12 יב אברם ישב בארץ כנען ולוט ישב בערי הככר ויאהל עד סדם

13 יג ואנשי סדם רעים וחטאים ליהוה מאד

14 יד ויהוה אמר אל אברם אחרי הפרד לוט מעמו שא נא עיניך וראה מן המקום אשר אתה שם--צפנה ונגבה וקדמה וימה

15 טו כי את כל הארץ אשר אתה ראה לך אתננה ולזרעך עד עולם

16 טז ושמתי את זרעך כעפר הארץ  אשר אם יוכל איש למנות את עפר הארץ--גם זרעך ימנה

17 יז קום התהלך בארץ לארכה ולרחבה  כי לך אתננה

18 יח ויאהל אברם ויבא וישב באלני ממרא--אשר בחברון ויבן שם מזבח ליהוה  {פ}