1 Toe het Isak Jakob geroep en hom geseën; en hy het hom bevel gegee met die woorde: Jy mag geen vrou neem uit die dogters van Kana„n nie.

2 Maak jou klaar, gaan na Paddan-Aram, na die huis van B,tuel, jou moeder se vader, en gaan haal vir jou daar 'n vrou uit die dogters van Laban, jou moeder se broer.

3 En mag God, die Almagtige, jou seën en jou vrugbaar maak en jou vermeerder, sodat jy 'n menigte van volke kan word.

4 En mag Hy jou gee die seën van Abraham, aan jou en jou nageslag saam met jou, dat jy die land van jou vreemdelingskap in besit kan neem wat God aan Abraham gegee het.

5 So het Isak Jakob dan weggestuur, en hy het na Paddan-Aram gegaan, na Laban, die seun van B,tuel, die Arameër, die broer van Rebekka, die moeder van Jakob en Esau.

6 Toe Esau sien dat Isak Jakob geseënen hom na Paddan-Aram weggestuur het om daar vir hom 'n vrou te gaan haal, terwyl hy hom geseënen hom bevel gegee het met die woorde: Jy mag geen vrou uit die dogters van Kana„n neem nie;

7 en dat Jakob na sy vader en sy moeder geluister het om na Paddan-Aram te gaan;

8 en toe Esau sien dat die dogters van Kana„n sleg was in die oë van sy vader Isak,

9 het Esau na Ismael gegaan en M halat, die dogter van Ismael, die seun van Abraham, die suster van N,bajot, by sy vroue vir hom as vrou geneem.

10 En Jakob het uit Bers,ba vertrek en na Haran gegaan.

11 Daarop kom hy by 'n plek waar hy die nag oorgebly het, want die son was al onder. En hy neem een van die klippe van die plek en sit dit onder sy hoof, en hy gaan lê en slaap op die plek.

12 En hy het gedroom -- daar is 'n leer op die aarde opgerig waarvan die spits tot aan die hemel reik, terwyl die engele van God daarlangs opgeklim en daarlangs neergedaal het.

13 En kyk, die HERE het bo-aan gestaan en gesê: Ek is die HERE, die God van jou vader Abraham en die God van Isak. Die land waar jy op lê en slaap, sal Ek aan jou en jou nageslag gee;

14 en jou nageslag sal wees soos die stof van die aarde, en jy sal uitbrei na die weste en ooste, en na die noorde en suide; en in jou en jou nageslag sal al die geslagte van die aarde geseënword.

15 En kyk, Ek is met jou, en Ek sal jou bewaar oral waar jy heengaan, en Ek sal jou terugbring in hierdie land; want Ek sal jou nie verlaat nie, totdat Ek gedoen het wat Ek jou gesê het.

16 Daarop word Jakob uit sy slaap wakker en sê: Waarlik, die HERE is op hierdie plek, en ,k het dit nie geweet nie.

17 En hy het bevrees geword en gesê: Hoe vreeslik is hierdie plek! Dit is hier niks anders as 'n huis van God nie, en dit is hier die poort van die hemel.

18 Toe staan Jakob die môre vroeg op en neem die klip wat hy onder sy hoof gesit het, en rig dit as 'n gedenksteen op; en hy het olie daaroor uitgegiet.

19 En hy het die plek Bet-el genoem; maar die naam van die stad was tevore Lus.

20 En Jakob het 'n gelofte gedoen en gesê: As God met my sal wees om my te bewaar op hierdie weg wat ek gaan, en aan my brood sal gee om te eet en klere om aan te trek,

21 en ek behoue na die huis van my vader sal terugkom, dan sal die HERE my God wees.

22 En hierdie klip wat ek as gedenksteen opgerig het, sal 'n huis van God wees, en van alles wat U my gee, sal ek aan U sekerlik die tiendes afstaan.

1 א ויקרא יצחק אל יעקב ויברך אתו ויצוהו ויאמר לו לא תקח אשה מבנות כנען

2 ב קום לך פדנה ארם ביתה בתואל אבי אמך וקח לך משם אשה מבנות לבן אחי אמך

3 ג ואל שדי יברך אתך ויפרך וירבך והיית לקהל עמים

4 ד ויתן לך את ברכת אברהם לך ולזרעך אתך--לרשתך את ארץ מגריך אשר נתן אלהים לאברהם

5 ה וישלח יצחק את יעקב וילך פדנה ארם--אל לבן בן בתואל הארמי אחי רבקה אם יעקב ועשו

6 ו וירא עשו כי ברך יצחק את יעקב ושלח אתו פדנה ארם לקחת לו משם אשה  בברכו אתו--ויצו עליו לאמר לא תקח אשה מבנות כנען

7 ז וישמע יעקב אל אביו ואל אמו וילך פדנה ארם

8 ח וירא עשו כי רעות בנות כנען בעיני יצחק אביו

9 ט וילך עשו אל ישמעאל ויקח את מחלת בת ישמעאל בן אברהם אחות נביות על נשיו--לו לאשה  {ס}

10 י ויצא יעקב מבאר שבע וילך חרנה

11 יא ויפגע במקום וילן שם כי בא השמש ויקח מאבני המקום וישם מראשתיו וישכב במקום ההוא

12 יב ויחלם והנה סלם מצב ארצה וראשו מגיע השמימה והנה מלאכי אלהים עלים וירדים בו

13 יג והנה יהוה נצב עליו ויאמר אני יהוה אלהי אברהם אביך ואלהי יצחק הארץ אשר אתה שכב עליה--לך אתננה ולזרעך

14 יד והיה זרעך כעפר הארץ ופרצת ימה וקדמה וצפנה ונגבה ונברכו בך כל משפחת האדמה ובזרעך

15 טו והנה אנכי עמך ושמרתיך בכל אשר תלך והשבתיך אל האדמה הזאת  כי לא אעזבך עד אשר אם עשיתי את אשר דברתי לך

16 טז וייקץ יעקב משנתו ויאמר אכן יש יהוה במקום הזה ואנכי לא ידעתי

17 יז ויירא ויאמר מה נורא המקום הזה  אין זה כי אם בית אלהים וזה שער השמים

18 יח וישכם יעקב בבקר ויקח את האבן אשר שם מראשתיו וישם אתה מצבה ויצק שמן על ראשה

19 יט ויקרא את שם המקום ההוא בית אל ואולם לוז שם העיר לראשנה

20 כ וידר יעקב נדר לאמר  אם יהיה אלהים עמדי ושמרני בדרך הזה אשר אנכי הולך ונתן לי לחם לאכל ובגד ללבש

21 כא ושבתי בשלום אל בית אבי והיה יהוה לי לאלהים

22 כב והאבן הזאת אשר שמתי מצבה--יהיה בית אלהים וכל אשר תתן לי עשר אעשרנו לך