1 N hierdie dinge het God Abraham op die proef gestel en aan hom gesê: Abraham! En hy antwoord: Hier is ek!

2 Toe sê Hy: Neem jou seun, jou enigste, wat jy liefhet, Isak, en gaan na die land Mor¡a en offer hom daar as brandoffer op een van die berge wat Ek jou sal aanwys.

3 Daarop het Abraham die môre vroeg klaargemaak en sy esel opgesaal en twee van sy dienaars en sy seun Isak saam met hom geneem; en hy het hout gekloof vir 'n brandoffer en opgestaan en na die plek gegaan wat God hom aangewys het.

4 Op die derde dag toe slaan Abraham sy oë op en sien die plek van ver af.

5 En Abraham sê aan sy dienaars: Bly julle hier met die esel; ek en die seun wil daarheen gaan om te aanbid en dan na julle terugkom.

6 En Abraham het die hout vir die brandoffer geneem en dit op sy seun Isak gesit, en die vuur en die mes in sy hand geneem. So het hulle twee dan saam geloop.

7 Toe spreek Isak met sy vader Abraham en sê: My vader! En hy antwoord: Hier is ek, my seun! En hy sê: Hier is die vuur en die hout, maar waar is die lam vir 'n brandoffer?

8 En Abraham antwoord: God sal vir Homself die lam vir 'n brandoffer voorsien, my seun. So het hulle twee dan saam geloop.

9 Toe hulle kom op die plek wat God hom aangewys het, het Abraham daar die altaar gebou en die hout reggelê; daarna het hy sy seun Isak gebind en hom op die altaar bo-op die hout gesit.

10 Toe steek Abraham sy hand uit en neem die mes om sy seun te slag.

11 Maar die Engel van die HERE het na hom van die hemel af geroep en gesê: Abraham, Abraham! En hy antwoord: Hier is ek!

12 En Hy sê: Moenie jou hand na die seun uitsteek nie, en doen hom niks nie; want nou weet Ek dat jy God vrees en jou seun, jou enigste, van My nie teruggehou het nie.

13 En toe Abraham sy oë opslaan, sien hy meteens 'n ram wat agter in die bos met sy horings vasgeraak het. En Abraham het gegaan en die ram geneem en dit as brandoffer in die plek van sy seun geoffer.

14 En Abraham het die plek genoem: Die HERE sal voorsien! Sodat vandag nog gesê word: Op die berg van die HERE sal dit voorsien word.

15 Toe roep die Engel van die HERE vir die tweede keer na Abraham van die hemel af

16 en sê: Ek sweer by Myself, spreek die HERE, omdat jy dit gedoen het en jou seun, jou enigste, nie teruggehou het nie,

17 dat Ek jou ryklik sal seën en jou nageslag grootliks sal vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is; en jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem.

18 En in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word, omdat jy na my stem geluister het.

19 En Abraham het na sy dienaars teruggekeer; en hulle het klaargemaak en saam na Bers,ba gegaan. En Abraham het in Bers,ba bly woon.

20 N hierdie dinge het hulle aan Abraham berig gebring en gesê: Kyk, Milka het ook vir jou broer Nahor seuns gebaar:

21 Us, sy eersgeborene, en Bus, sy broer, en K,muel, die vader van Aram,

22 ook Kesed en Haso en Pildas en Jidlaf en B,tuel.

24 En sy byvrou met die naam van Rema, sy het ook Tebag en Gaham en Tahas en M äga gebaar.

1 א ויהי אחר הדברים האלה והאלהים נסה את אברהם ויאמר אליו אברהם ויאמר הנני

2 ב ויאמר קח נא את בנך את יחידך אשר אהבת את יצחק ולך לך אל ארץ המריה והעלהו שם לעלה על אחד ההרים אשר אמר אליך

3 ג וישכם אברהם בבקר ויחבש את חמרו ויקח את שני נעריו אתו ואת יצחק בנו ויבקע עצי עלה ויקם וילך אל המקום אשר אמר לו האלהים

4 ד ביום השלישי וישא אברהם את עיניו וירא את המקום--מרחק

5 ה ויאמר אברהם אל נעריו שבו לכם פה עם החמור ואני והנער נלכה עד כה ונשתחוה ונשובה אליכם

6 ו ויקח אברהם את עצי העלה וישם על יצחק בנו ויקח בידו את האש ואת המאכלת וילכו שניהם יחדו

7 ז ויאמר יצחק אל אברהם אביו ויאמר אבי ויאמר הנני בני ויאמר הנה האש והעצים ואיה השה לעלה

8 ח ויאמר אברהם אלהים יראה לו השה לעלה בני וילכו שניהם יחדו

9 ט ויבאו אל המקום אשר אמר לו האלהים ויבן שם אברהם את המזבח ויערך את העצים ויעקד את יצחק בנו וישם אתו על המזבח ממעל לעצים

10 י וישלח אברהם את ידו ויקח את המאכלת לשחט את בנו

11 יא ויקרא אליו מלאך יהוה מן השמים ויאמר אברהם אברהם ויאמר הנני

12 יב ויאמר אל תשלח ידך אל הנער ואל תעש לו מאומה  כי עתה ידעתי כי ירא אלהים אתה ולא חשכת את בנך את יחידך ממני

13 יג וישא אברהם את עיניו וירא והנה איל אחר נאחז בסבך בקרניו וילך אברהם ויקח את האיל ויעלהו לעלה תחת בנו

14 יד ויקרא אברהם שם המקום ההוא יהוה יראה אשר יאמר היום בהר יהוה יראה

15 טו ויקרא מלאך יהוה אל אברהם שנית מן השמים

16 טז ויאמר בי נשבעתי נאם יהוה  כי יען אשר עשית את הדבר הזה ולא חשכת את בנך את יחידך

17 יז כי ברך אברכך והרבה ארבה את זרעך ככוכבי השמים וכחול אשר על שפת הים וירש זרעך את שער איביו

18 יח והתברכו בזרעך כל גויי הארץ עקב אשר שמעת בקלי

19 יט וישב אברהם אל נעריו ויקמו וילכו יחדו אל באר שבע וישב אברהם בבאר שבע  {פ}

20 כ ויהי אחרי הדברים האלה ויגד לאברהם לאמר  הנה ילדה מלכה גם הוא בנים--לנחור אחיך

21 כא את עוץ בכרו ואת בוז אחיו ואת קמואל אבי ארם

22 כב ואת כשד ואת חזו ואת פלדש ואת ידלף ואת בתואל

23 כג ובתואל ילד את רבקה שמנה אלה ילדה מלכה לנחור אחי אברהם

24 כד ופילגשו ושמה ראומה ותלד גם הוא את טבח ואת גחם ואת תחש ואת מעכה  {פ}