1 Toe gee hy bevel aan die opsigter oor sy huis en sê: Maak die sakke van die manne vol met lewensmiddele soveel as hulle kan vervoer, en sit elkeen se geld bo in sy sak;

2 en my beker, die silwerbeker, moet jy bo in die jongste se sak sit saam met die geld vir sy koring. En hy het gehandel volgens die woord wat Josef gespreek het.

3 Toe dit die môre lig word, het hulle die manne laat trek, hulle met hul esels.

4 Hulle het uit die stad uitgetrek, hulle was nog nie ver nie toe Josef aan die opsigter oor sy huis sê: Maak jou klaar en jaag die manne agterna; en as jy hulle inhaal, vra hulle dan: Waarom het julle kwaad vir goed vergelde?

5 Is dit nie die ding waaruit my heer drink en waarmee hy altyd waarneem nie? Julle het verkeerd gehandel met wat julle gedoen het.

6 En hy het hulle ingehaal en hierdie woorde aan hulle meegedeel.

7 Toe sê hulle vir hom: Waarom spreek my heer sulke woorde? Dit is ver van u dienaars om so iets te doen.

8 Kyk, geld wat ons bo in ons sakke gevind het, het ons uit die land Kana„n aan u teruggebring hoe sou ons dan silwer of goud uit die huis van u heer kan steel?

9 Di, een van u dienaars by wie dit gevind word, moet sterwe; en ons sal ook my heer se slawe wees.

10 Toe sê hy: Nou goed, laat dit wees soos julle gesê het. Di, een by wie dit gevind word, is my slaaf. Maar julle sal vry wees.

11 Daarop het hulle gou elkeen sy sak op die grond neergesit en elkeen sy sak oopgemaak.

12 En hy het gesoek; hy het begin by die oudste en opgehou by die jongste; en die beker is in Benjamin se sak gevind.

13 Toe skeur hulle hul klere, en elkeen laai sy esel, en hulle gaan na die stad terug.

14 En Juda het saam met sy broers in die huis van Josef gekom, terwyl hy nog daar was, en hulle het voor hom neergeval op die grond.

15 Daarop sê Josef vir hulle: Wat is dit nou wat julle gedoen het? Weet julle nie dat 'n man soos ek dit ongetwyfeld moet waarneem nie?

16 En Juda antwoord: Wat kan ons aan my heer sê? Wat kan ons spreek? En waarmee kan ons ons regverdig? God het die ongeregtigheid van u dienaars uitgevind. Kyk, ons is my heer se slawe, ons sowel as hy by wie die beker gevind is.

17 Maar hy sê: Dit is ver van my om dit te doen; die man by wie die beker gevind is, die sal my slaaf wees. Maar trek julle in vrede op na julle vader.

18 Toe kom Juda nader na hom en sê: Ag, my heer, mag u dienaar tog 'n woord spreek voor die ore van my heer, en laat u toorn nie teen u dienaar ontvlam nie, want u staan gelyk met Farao.

19 My heer het sy dienaars gevra en gesê: Het julle 'n vader of broer?

20 En ons het my heer geantwoord: Ons het 'n ou vader; en daar is 'n jong seun, 'n kind van die ouderdom, maar sy broer is dood; en hy het alleen oorgebly van sy moeder, en sy vader het hom lief.

21 Toe het u aan u dienaars gesê: Bring hom af na my toe, dat ek my oog op hom kan rig.

22 En ons het my heer geantwoord: Die seun kan sy vader nie verlaat nie, want sy vader sal sterwe as hy hom verlaat.

23 Daarop het u aan u dienaars gesê: As julle jongste broer nie saam met julle afkom nie, sal julle my aangesig nie weer sien nie.

24 En toe ons na u dienaar, my vader, opgetrek het en hom die woorde van my heer te kenne gegee het,

25 het ons vader gesê: Gaan koop weer vir ons 'n bietjie voedsel.

26 Maar ons het gesê: Ons kan nie aftrek nie. As ons jongste broer by ons is, sal ons aftrek; want ons mag die aangesig van die man nie sien as ons jongste broer nie by ons is nie.

27 En u dienaar, my vader, het aan ons gesê: Julle weet dat my vrou vir my twee gebaar het --

28 die een het van my af weggegaan, en ek het gesê: Voorwaar, hy is verskeur, verskeur! En ek het hom tot hiertoe nie gesien nie.

29 As julle nou hierdie een ook van my af wegneem en hom 'n ongeluk oorkom, dan sal julle my grys hare met droefenis in die doderyk laat afdaal.

30 As ek dan nou by u dienaar, my vader, kom en die seun nie by ons is nie -- terwyl sy siel innig aan hom verkleef is --

31 sal hy sterwe as hy sien dat die seun daar nie is nie; en u dienaars sal die grys hare van u dienaar, ons vader, met kommer in die doderyk laat afdaal.

32 Want u dienaar het die seun deur borgskap van my vader verkry deurdat hy gesê het: As ek hom nie na u bring nie, sal ek lewenslank teenoor my vader skuldig staan.

33 Laat u dienaar dan nou tog in die plek van die seun my heer se slaaf bly, en laat die seun saam met sy broers optrek.

34 Want hoe kan ek na my vader optrek as die seun nie by my is nie? Mag ek maar net die ellende nie aansien wat my vader sal tref nie!

1 א ויצו את אשר על ביתו לאמר מלא את אמתחת האנשים אכל כאשר יוכלון שאת ושים כסף איש בפי אמתחתו

2 ב ואת גביעי גביע הכסף תשים בפי אמתחת הקטן ואת כסף שברו ויעש כדבר יוסף אשר דבר

3 ג הבקר אור והאנשים שלחו המה וחמריהם

4 ד הם יצאו את העיר לא הרחיקו ויוסף אמר לאשר על ביתו קום רדף אחרי האנשים והשגתם ואמרת אלהם למה שלמתם רעה תחת טובה

5 ה הלוא זה אשר ישתה אדני בו והוא נחש ינחש בו הרעתם אשר עשיתם

6 ו וישגם וידבר אלהם את הדברים האלה

7 ז ויאמרו אליו--למה ידבר אדני כדברים האלה חלילה לעבדיך מעשות כדבר הזה

8 ח הן כסף אשר מצאנו בפי אמתחתינו--השיבנו אליך מארץ כנען ואיך נגנב מבית אדניך כסף או זהב

9 ט אשר ימצא אתו מעבדיך ומת וגם אנחנו נהיה לאדני לעבדים

10 י ויאמר גם עתה כדבריכם כן הוא  אשר ימצא אתו יהיה לי עבד ואתם תהיו נקים

11 יא וימהרו ויורדו איש את אמתחתו--ארצה ויפתחו איש אמתחתו

12 יב ויחפש--בגדול החל ובקטן כלה וימצא הגביע באמתחת בנימן

13 יג ויקרעו שמלתם ויעמס איש על חמרו וישבו העירה

14 יד ויבא יהודה ואחיו ביתה יוסף והוא עודנו שם ויפלו לפניו ארצה

15 טו ויאמר להם יוסף מה המעשה הזה אשר עשיתם הלוא ידעתם כי נחש ינחש איש אשר כמני

16 טז ויאמר יהודה מה נאמר לאדני מה נדבר ומה נצטדק האלהים מצא את עון עבדיך--הננו עבדים לאדני גם אנחנו גם אשר נמצא הגביע בידו

17 יז ויאמר--חלילה לי מעשות זאת האיש אשר נמצא הגביע בידו הוא יהיה לי עבד ואתם עלו לשלום אל אביכם  {ס}

18 יח ויגש אליו יהודה ויאמר בי אדני ידבר נא עבדך דבר באזני אדני ואל יחר אפך בעבדך  כי כמוך כפרעה

19 יט אדני שאל את עבדיו לאמר  היש לכם אב או אח

20 כ ונאמר אל אדני יש לנו אב זקן וילד זקנים קטן ואחיו מת ויותר הוא לבדו לאמו ואביו אהבו

21 כא ותאמר אל עבדיך הורדהו אלי ואשימה עיני עליו

22 כב ונאמר אל אדני לא יוכל הנער לעזב את אביו  ועזב את אביו ומת

23 כג ותאמר אל עבדיך אם לא ירד אחיכם הקטן אתכם--לא תספון לראות פני

24 כד ויהי כי עלינו אל עבדך אבי ונגד לו--את דברי אדני

25 כה ויאמר אבינו  שבו שברו לנו מעט אכל

26 כו ונאמר לא נוכל לרדת  אם יש אחינו הקטן אתנו וירדנו--כי לא נוכל לראות פני האיש ואחינו הקטן איננו אתנו

27 כז ויאמר עבדך אבי אלינו  אתם ידעתם כי שנים ילדה לי אשתי

28 כח ויצא האחד מאתי ואמר אך טרף טרף ולא ראיתיו עד הנה

29 כט ולקחתם גם את זה מעם פני וקרהו אסון--והורדתם את שיבתי ברעה שאלה

30 ל ועתה כבאי אל עבדך אבי והנער איננו אתנו ונפשו קשורה בנפשו

31 לא והיה כראותו כי אין הנער--ומת והורידו עבדיך את שיבת עבדך אבינו ביגון--שאלה

32 לב כי עבדך ערב את הנער מעם אבי לאמר  אם לא אביאנו אליך וחטאתי לאבי כל הימים

33 לג ועתה ישב נא עבדך תחת הנער--עבד לאדני והנער יעל עם אחיו

34 לד כי איך אעלה אל אבי והנער איננו אתי  פן אראה ברע אשר ימצא את אבי