1 Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het toe Sedek¡a, die koning, Pashur, die seun van Malk¡a, en Sef nja, die seun van Ma„s,ja, die priester, na hom gestuur het met die woorde:

2 Raadpleeg tog die HERE vir ons, want Nebukadr,sar, die koning van Babel, voer oorlog teen ons; miskien sal die HERE met ons handel volgens al sy wonders, sodat hy van ons af wegtrek.

3 Toe het Jeremia vir hulle gesê: So moet julle vir Sedek¡a sê:

4 So spreek die HERE, die God van Israel: Kyk, Ek laat die oorlogswapens terugdraai wat in julle hande is, waarmee julle oorlog voer buitekant die muur teen die koning van Babel en teen die Chaldeërs wat julle beleër; en Ek sal dit binne-in hierdie stad versamel.

5 En Ek self sal teen julle oorlog voer met 'n uitgestrekte hand en 'n sterke arm, ja, in toorn en in grimmigheid en in groot gramskap.

6 En Ek sal die inwoners van hierdie stad verslaan, die mense sowel as die vee -- aan 'n groot pes sal hulle sterwe.

7 En daarna, spreek die HERE, sal Ek Sedek¡a, die koning van Juda, en sy dienaars en die volk -- die wat in hierdie stad oorgebly het van die pes, die swaard en die hongersnood -- oorgee in die hand van Nebukadr,sar, die koning van Babel, en in die hand van hulle vyande en in die hand van die wat hulle lewe soek; en hy sal hulle verslaan met die skerpte van die swaard; hy sal geen medelyde met hulle hê of hulle spaar of hom ontferm nie.

8 En aan hierdie volk moet jy sê: So spreek die HERE: Kyk, Ek hou julle die weg van die lewe voor ,n die weg van die dood:

9 hy wat in hierdie stad bly, sal sterwe deur die swaard of die hongersnood of die pes; maar hy wat uitgaan en oorloop na die Chaldeërs wat julle beleër, sal lewe, en sy lewe sal vir hom 'n buit wees.

10 Want Ek het my aangesig teen hierdie stad gerig ten kwade en nie ten goede nie, spreek die HERE. Dit sal oorgegee word in die hand van die koning van Babel, en hy sal dit met vuur verbrand.

11 En aan die huis van die koning van Juda moet jy sê: Hoor die woord van die HERE,

12 o huis van Dawid! So spreek die HERE: Verskaf reg in die môre en red die beroofde uit die hand van die verdrukker, sodat my grimmigheid nie uitgaan en brand soos 'n vuur sonder dat iemand kan blus nie, weens die boosheid van julle handelinge.

13 Kyk, Ek het dit teen jou, o inwoner van die dal, rots van die vlakte, spreek die HERE. Julle wat sê: Wie sal kan afkom teen ons, of wie sal in ons skuilplekke indring?

14 En Ek sal oor julle besoeking doen volgens die vrug van julle handelinge, spreek die HERE; en Ek sal 'n vuur aansteek in sy bos, en dit sal alles verteer wat rondom hom lê.

1 א הדבר אשר היה אל ירמיהו מאת יהוה--בשלח אליו המלך צדקיהו את פשחור בן מלכיה ואת צפניה בן מעשיה הכהן לאמר

2 ב דרש נא בעדנו את יהוה כי נבוכדראצר מלך בבל נלחם עלינו אולי יעשה יהוה אותנו ככל נפלאתיו ויעלה מעלינו

3 ג ויאמר ירמיהו אליהם  כה תאמרן אל צדקיהו  {ס}

4 ד כה אמר יהוה אלהי ישראל הנני מסב את כלי המלחמה אשר בידכם אשר אתם נלחמים בם את מלך בבל ואת הכשדים הצרים עליכם מחוץ לחומה ואספתי אותם אל תוך העיר הזאת

5 ה ונלחמתי אני אתכם ביד נטויה ובזרוע חזקה ובאף ובחמה ובקצף גדול

6 ו והכיתי את יושבי העיר הזאת ואת האדם ואת הבהמה  בדבר גדול ימתו

7 ז ואחרי כן נאם יהוה אתן את צדקיהו מלך יהודה ואת עבדיו ואת העם ואת הנשארים בעיר הזאת מן הדבר מן החרב ומן הרעב ביד נבוכדראצר מלך בבל וביד איביהם וביד מבקשי נפשם והכם לפי חרב--לא יחוס עליהם ולא יחמל ולא ירחם

8 ח ואל העם הזה תאמר כה אמר יהוה  הנני נתן לפניכם את דרך החיים ואת דרך המות

9 ט הישב בעיר הזאת ימות בחרב וברעב ובדבר והיוצא ונפל על הכשדים הצרים עליכם יחיה (וחיה) והיתה לו נפשו לשלל

10 י כי שמתי פני בעיר הזאת לרעה ולא לטובה--נאם יהוה ביד מלך בבל תנתן ושרפה באש  {ס}

11 יא ולבית מלך יהודה שמעו דבר יהוה

12 יב בית דוד כה אמר יהוה דינו לבקר משפט והצילו גזול מיד עושק  פן תצא כאש חמתי ובערה ואין מכבה מפני רע מעלליהם (מעלליכם)

13 יג הנני אליך ישבת העמק צור המישר--נאם יהוה האמרים מי יחת עלינו ומי יבוא במעונותינו

14 יד ופקדתי עליכם כפרי מעלליכם נאם יהוה והצתי אש ביערה ואכלה כל סביביה