1 Die woord van die HERE wat aangaande die Filistyne tot die profeet Jeremia gekom het voordat Farao Gasa verslaan het.
2 So sê die HERE: Kyk, die waters rys op uit die noorde en hulle sal 'n oorlopende stroom word; ja, hulle oorstroom die land en sy volheid, die stad en die wat daarin woon; en die mense sal skreeu, en al die inwoners van die land sal huil,
3 weens die stampgeluid van sy perde se pote, weens die geraas van sy waens, die gedreun van sy wiele. Die vaders kyk nie om na die kinders nie -- so slap is die hande --
4 weens die dag wat kom om al die Filistyne tot niet te maak, om van Tirus en Sidon die laaste een uit te roei wat kan help; want die HERE maak die Filistyne tot niet, die oorblyfsel van die eiland Kaftor.
5 'n Kaal plek het op Gasa gekom; Askelon is vernietig, die oorblyfsel van hulle dal. Hoe lank sal jy jou stukkend kerwe?
6 Wee, swaard van die HERE, hoe lank sal jy geen rus hê nie? Keer terug in jou skede, rus en wees stil.
7 Hoe sou dit rus hê, terwyl die HERE daaraan bevel gegee het teen Askelon en teen die seekus? Daar het Hy dit bestel.
1 א אשר היה דבר יהוה אל ירמיהו הנביא אל פלשתים בטרם יכה פרעה את עזה
2 ב כה אמר יהוה הנה מים עלים מצפון והיו לנחל שוטף וישטפו ארץ ומלואה עיר וישבי בה וזעקו האדם והילל כל יושב הארץ
3 ג מקול שעטת פרסות אביריו מרעש לרכבו המון גלגליו--לא הפנו אבות אל בנים מרפיון ידים
4 ד על היום הבא לשדוד את כל פלשתים להכרית לצר ולצידון כל שריד עזר כי שדד יהוה את פלשתים שארית אי כפתור
5 ה באה קרחה אל עזה נדמתה אשקלון שארית עמקם עד מתי תתגודדי
6 ו הוי חרב ליהוה עד אנה לא תשקטי האספי אל תערך--הרגעי ודמי
7 ז איך תשקטי ויהוה צוה לה אל אשקלון ואל חוף הים שם יעדה {פ}