Jeremias 31

1 In die tyd, spreek die HERE, sal Ek vir al die geslagte van Israel 'n God wees, en hulle sal vir My 'n volk wees.

2 So sê die HERE: Die volk van diegene wat van die swaard vrygeraak het, het genade gevind in die woestyn, op weg om sy rus te geniet, naamlik Israel.

3 Die HERE het aan my verskyn uit die verte: Ja, Ek het jou liefgehad met 'n ewige liefde; daarom het Ek jou getrek met goedertierenheid.

4 Ek sal jou weer bou, en jy sal gebou word, o jonkvrou van Israel! Jy sal jou weer versier met jou tamboeryne en uittrek in die koordans van die spelers.

5 Jy sal weer wingerde plant op die berge van Samar¡a; die planters sal plant en die vrugte geniet.

6 Want die dag is daar dat die oppassers op die berge van Efraim roep: Maak julle klaar en laat ons optrek na Sion, na die HERE onse God.

7 Want so sê die HERE: Jubel oor Jakob van vreugde, en juig oor die hoof van die nasies; laat dit hoor, sing lof en sê: o HERE, verlos u volk, die oorblyfsel van Israel!

8 Kyk, Ek bring hulle aan uit die Noordland en sal hulle bymekaar laat kom uit die agterhoeke van die aarde; blindes en lammes, swangeres en barendes onder hulle, almal saam; in 'n groot vergadering sal hulle terugkom hiernatoe.

9 Hulle sal kom met geween, en met smekinge sal Ek hulle lei; Ek sal hulle bring by waterstrome, op 'n gelyk pad waarop hulle nie sal struikel nie; want Ek is vir Israel 'n Vader, en Efraim is my eersgeborene.

10 Hoor die woord van die HERE, o nasies, en verkondig in die kuslande wat ver is, en sê: Hy wat Israel verstrooi het, sal hom vergader en hom bewaak soos 'n herder sy kudde.

11 Want die HERE het Jakob losgekoop en hom verlos uit die hand van hom wat sterker was as hy.

12 En hulle sal kom en op die hoogte van Sion jubel en toestroom na die seëninge van die HERE, na die koring en die mos en die olie en na die jong skape en beeste; en hulle siel sal wees soos 'n welbesproeide tuin, en hulle sal verder nie meer kwyn nie.

13 Dan sal die jonkvrou haar verheug in die koordans, ja, die jongmanne en die oues tesame; en Ek sal hulle rou in vreugde verander en hulle troos en hulle tot blydskap bring uit hulle kommer.

14 En Ek sal die siel van die priesters verkwik met vettigheid, en my volk sal versadig word met my seëninge, spreek die HERE.

15 So sê die HERE: 'n Stem word gehoor in Rama, geklaag, bitter geween; Ragel ween oor haar kinders; sy weier om getroos te word oor haar kinders, omdat hulle daar nie is nie.

16 So sê die HERE: Bedwing jou stem van geween en jou oë van trane; want daar is loon vir jou arbeid, spreek die HERE; en hulle sal uit die land van die vyand terugkom.

17 Ja, daar is verwagting vir jou nakomelinge, spreek die HERE; en die kinders sal terugkom na hulle grondgebied.

18 Sekerlik het Ek Efraim hoor weeklaag: U het my getugtig en ek het my laat tugtig soos 'n ongeleerde kalf. Bekeer my, dan sal ek my bekeer, want U is die HERE my God.

19 Want nadat ek tot inkeer gekom het, het ek berou gehad; en nadat ek tot insig gekom het, het ek op die heup geslaan; ek het beskaamd gestaan, ja, ook in die skande gekom, omdat ek die smaad van my jeug dra.

20 Is Efraim vir My 'n dierbare seun of 'n troetelkind? Want so dikwels as Ek teen hom spreek, dink Ek nog altyd aan hom; daarom is my ingewande oor hom in beroering; Ek sal My sekerlik oor hom ontferm, spreek die HERE.

21 Rig vir jou mylpale op, maak vir jou padwysers, let op die grootpad, die pad wat jy geloop het. Kom terug, o jonkvrou van Israel, kom terug na hierdie stede van jou!

22 Hoe lank sal jy bly aarsel, o afkerige dogter? Want die HERE het iets nuuts op die aarde geskape: Die vrou sal die man beskerm.

23 So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Weer sal hulle hierdie woord sê in die land Juda en in die stede daarvan, as Ek hulle lot verander: Mag die HERE jou seën, o woning van geregtigheid, heilige berg!

24 En Juda en al sy stede sal daarin woon, almal saam; die landbouers en die wat met troppe vee rondtrek.

25 Want Ek verkwik die vermoeide siel en elke kwynende siel versadig Ek.

27 Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek die huis van Israel en die huis van Juda sal besaai met saad van mense en van diere.

28 En soos Ek oor hulle wakker was om uit te ruk en om te gooi en te verwoes en te vernietig en skade aan te doen, so sal Ek oor hulle wakker wees om te bou en te plant, spreek die HERE.

29 In die dae sal hulle nie meer sê nie: Die vaders het groen druiwe geëet, en die tande van die kinders het stomp geword.

30 Maar elkeen sal weens sy eie ongeregtigheid sterwe; elke mens wat die groen druiwe eet, sy tande sal stomp word.

31 Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda 'n nuwe verbond sal sluit;

32 nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op die dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie -- my verbond wat hulle verbreek het, alhoewel k gebieder oor hulle was, spreek die HERE.

33 Maar dit is die verbond wat Ek n die dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle 'n God wees, en hulle sal vir My 'n volk wees.

34 En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken die HERE; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek die HERE; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie.

35 So sê die HERE wat die son gee tot 'n lig oordag, die ordeninge van die maan en van die sterre tot 'n lig in die nag; wat die see in beroering bring, sodat sy golwe bruis, HERE van die leërskare is sy Naam:

36 As hierdie verordeninge voor my aangesig sal wyk, spreek die HERE, dan sal die nageslag van Israel ook ophou om 'n volk te wees voor my aangesig vir altyd.

37 So sê die HERE: As die hemele daarbo gemeet en die fondamente van die aarde daaronder nagespeur kan word, dan sal Ek ook die hele nageslag van Israel verwerp weens alles wat hulle gedoen het, spreek die HERE.

38 Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat die stad vir die HERE herbou sal word, van die toring Han neël af tot by die Hoekpoort.

39 En die meetsnoer sal verder reguit aanloop tot by die heuwel Gareb en swaai na Goa toe.

40 En die hele dal van die lyke en van die as, en al die velde tot by die spruit Kidron, tot by die hoek van die Perdepoort teen die ooste, sal aan die HERE heilig wees; dit sal nie weer uitgeruk of verwoes word in ewigheid nie.

1 א כה אמר יהוה מצא חן במדבר עם שרידי חרב הלוך להרגיעו ישראל

2 ב מרחוק יהוה נראה לי ואהבת עולם אהבתיך על כן משכתיך חסד

3 ג עוד אבנך ונבנית בתולת ישראל  עוד תעדי תפיך ויצאת במחול משחקים

4 ד עוד תטעי כרמים בהרי שמרון נטעו נטעים וחללו

5 ה כי יש יום קראו נצרים בהר אפרים קומו ונעלה ציון אל יהוה אלהינו  {פ}

6 ו כי כה אמר יהוה רנו ליעקב שמחה וצהלו בראש הגוים השמיעו הללו ואמרו הושע יהוה את עמך את שארית ישראל

7 ז הנני מביא אותם מארץ צפון וקבצתים מירכתי ארץ--בם עור ופסח הרה וילדת יחדו  קהל גדול ישובו הנה

8 ח בבכי יבאו ובתחנונים אובילם--אוליכם אל נחלי מים בדרך ישר לא יכשלו בה  כי הייתי לישראל לאב ואפרים בכרי הוא  {ס}

9 ט שמעו דבר יהוה גוים והגידו באיים ממרחק ואמרו מזרה ישראל יקבצנו ושמרו כרעה עדרו

10 י כי פדה יהוה את יעקב וגאלו מיד חזק ממנו

11 יא ובאו ורננו במרום ציון ונהרו אל טוב יהוה על דגן ועל תירש ועל יצהר ועל בני צאן ובקר והיתה נפשם כגן רוה ולא יוסיפו לדאבה עוד

12 יב אז תשמח בתולה במחול ובחרים וזקנים יחדו והפכתי אבלם לששון ונחמתים ושמחתים מיגונם

13 יג ורויתי נפש הכהנים דשן ועמי את טובי ישבעו נאם יהוה  {ס}

14 יד כה אמר יהוה קול ברמה נשמע נהי בכי תמרורים--רחל מבכה על בניה מאנה להנחם על בניה כי איננו  {ס}

15 טו כה אמר יהוה מנעי קולך מבכי ועיניך מדמעה  כי יש שכר לפעלתך נאם יהוה ושבו מארץ אויב

16 טז ויש תקוה לאחריתך נאם יהוה ושבו בנים לגבולם  {ס}

17 יז שמוע שמעתי אפרים מתנודד יסרתני ואוסר כעגל לא למד השבני ואשובה כי אתה יהוה אלהי

18 יח כי אחרי שובי נחמתי ואחרי הודעי ספקתי על ירך בשתי וגם נכלמתי כי נשאתי חרפת נעורי

19 יט הבן יקיר לי אפרים אם ילד שעשעים--כי מדי דברי בו זכר אזכרנו עוד על כן המו מעי לו--רחם ארחמנו נאם יהוה  {ס}

20 כ הציבי לך צינים שמי לך תמרורים--שתי לבך למסלה דרך הלכתי (הלכת) שובי בתולת ישראל שבי אל עריך אלה

21 כא עד מתי תתחמקין הבת השובבה  כי ברא יהוה חדשה בארץ נקבה תסובב גבר  {ס}

22 כב כה אמר יהוה צבאות אלהי ישראל עוד יאמרו את הדבר הזה בארץ יהודה ובעריו בשובי את שבותם  יברכך יהוה נוה צדק הר הקדש

23 כג וישבו בה יהודה וכל עריו יחדו  אכרים ונסעו בעדר

24 כד כי הרויתי נפש עיפה וכל נפש דאבה מלאתי

25 כה על זאת הקיצתי ואראה ושנתי ערבה לי  {ס}

26 כו הנה ימים באים נאם יהוה וזרעתי את בית ישראל ואת בית יהודה זרע אדם וזרע בהמה

27 כז והיה כאשר שקדתי עליהם לנתוש ולנתוץ ולהרס--ולהאביד ולהרע  כן אשקד עליהם לבנות ולנטוע נאם יהוה

28 כח בימים ההם--לא יאמרו עוד אבות אכלו בסר ושני בנים תקהינה

29 כט כי אם איש בעונו ימות  כל האדם האכל הבסר תקהינה שניו  {ס}

30 ל הנה ימים באים נאם יהוה וכרתי את בית ישראל ואת בית יהודה--ברית חדשה

31 לא לא כברית אשר כרתי את אבותם ביום החזיקי בידם להוציאם מארץ מצרים  אשר המה הפרו את בריתי ואנכי בעלתי בם--נאם יהוה

32 לב כי זאת הברית אשר אכרת את בית ישראל אחרי הימים ההם נאם יהוה נתתי את תורתי בקרבם ועל לבם אכתבנה והייתי להם לאלהים והמה יהיו לי לעם

33 לג ולא ילמדו עוד איש את רעהו ואיש את אחיו לאמר דעו את יהוה  כי כולם ידעו אותי למקטנם ועד גדולם נאם יהוה--כי אסלח לעונם ולחטאתם לא אזכר עוד  {ס}

34 לד כה אמר יהוה נתן שמש לאור יומם חקת ירח וכוכבים לאור לילה רגע הים ויהמו גליו יהוה צבאות שמו

35 לה אם ימשו החקים האלה מלפני--נאם יהוה גם זרע ישראל ישבתו מהיות גוי לפני--כל הימים  {ס}

36 לו כה אמר יהוה אם ימדו שמים מלמעלה ויחקרו מוסדי ארץ למטה  גם אני אמאס בכל זרע ישראל על כל אשר עשו--נאם יהוה  {ס}

37 לז הנה ימים    (באים) נאם יהוה ונבנתה העיר ליהוה ממגדל חננאל שער הפנה

38 לח ויצא עוד קוה (קו) המדה נגדו על גבעת גרב ונסב געתה

39 לט וכל העמק הפגרים והדשן וכל השרמות (השדמות) עד נחל קדרון עד פנת שער הסוסים מזרחה--קדש ליהוה  לא ינתש ולא יהרס עוד לעולם  {פ}