1 in die negende jaar van Sedek¡a, die koning van Juda, in die tiende maand, het Nebukadr,sar, die koning van Babel, met sy hele leër na Jerusalem gekom en hulle het dit beleër;

2 in die elfde jaar van Sedek¡a, in die vierde maand, op die negende van die maand, is in die stad ingebreek --

3 toe het al die vorste van die koning van Babel gekom en gaan sit in die Middelste Poort, naamlik Nergal-Sar,ser, Samgar-Nebo, S rsegim, die r bsaris, Nergal-Sar,ser, die rabmag, en al die ander vorste van die koning van Babel.

4 En toe Sedek¡a, die koning van Juda, en al die krygsmanne hulle sien, het hulle gevlug en in die nag uit die stad getrek op pad na die koning se tuin, deur die poort tussen die twee mure; en hy het uitgetrek op pad na die Vlakte toe.

5 Maar die leër van die Chaldeërs het hulle agternagejaag en Sedek¡a in die vlaktes van J,rigo ingehaal en hom gevang en hom gebring na Nebukadr,sar, die koning van Babel, na Ribla in die land Hamat; en hy het vonnis oor hom uitgespreek.

6 En die koning van Babel het die seuns van Sedek¡a voor sy oë in Ribla geslag; ook het die koning van Babel al die edeles van Juda geslag.

7 En hy het die oë van Sedek¡a laat verblind en hom met koperkettings geboei om hom na Babel te bring.

8 En die Chaldeërs het die paleis van die koning en die huise van die volk met vuur verbrand; en die mure van Jerusalem het hulle omgegooi.

9 En die deel van die volk wat nog in die stad oorgebly het en die oorlopers wat na hom oorgeloop het, en die deel van die volk wat nog oorgebly het, het Nebusar dan, die owerste van die lyfwag, in ballingskap weggevoer na Babel toe.

10 Maar van die arm mense wat niks gehad het nie, het Nebusar dan, die owerste van die lyfwag, in die land Juda laat agterbly en aan hulle wingerde en landerye in die tyd gegee.

11 Maar aangaande Jeremia het Nebukadr,sar, die koning van Babel, bevel gegee deur middel van Nebusar dan, die owerste van die lyfwag, en gesê:

12 Neem hom en hou jou oë oor hom en doen hom geen kwaad nie; maar doen met hom soos hy jou sal sê.

13 Toe stuur Nebusar dan, die owerste van die lyfwag, en Nebus sban, die r bsaris, en Nergal-Sar,ser, die rabmag, en al die bevelhebbers van die koning van Babel -- hulle het gestuur

14 en Jeremia uit die voorhof van bewaking laat haal en hom oorgegee aan Ged lja, die seun van Ah¡kam, die seun van Safan, om hom huis toe te bring. So het hy dan onder die volk gebly.

15 Ook het die woord van die HERE tot Jeremia gekom, terwyl hy in die voorhof van bewaking opgesluit was, naamlik:

16 Gaan en spreek met Ebed-Meleg, die Kusiet, en sê: So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek bring my woorde oor hierdie stad ten kwade en nie ten goede nie, en dit sal voor jou oë vervul word in die dag.

17 Maar Ek sal jou in die dag red, spreek die HERE; en jy sal nie oorgegee word in die hand van die manne vir wie jy bang is nie.

18 Want Ek sal jou sekerlik laat vryraak, en jy sal deur die swaard nie val nie; maar jou siel sal vir jou 'n buit wees, omdat jy op My vertrou het, spreek die HERE.

1 א בשנה התשעית לצדקיהו מלך יהודה בחדש העשרי בא נבוכדראצר מלך בבל וכל חילו אל ירושלם ויצרו עליה

2 ב בעשתי עשרה שנה לצדקיהו בחדש הרביעי בתשעה לחדש הבקעה העיר

3 ג ויבאו כל שרי מלך בבל וישבו בשער התוך--נרגל שראצר סמגר נבו שר סכים רב סריס נרגל שראצר רב מג וכל שארית שרי מלך בבל

4 ד ויהי כאשר ראם צדקיהו מלך יהודה וכל אנשי המלחמה ויברחו ויצאו לילה מן העיר דרך גן המלך בשער בין החמתים ויצא דרך הערבה

5 ה וירדפו חיל כשדים אחריהם וישגו את צדקיהו בערבות ירחו ויקחו אותו ויעלהו אל נבוכדראצר מלך בבל רבלתה בארץ חמת וידבר אתו משפטים

6 ו וישחט מלך בבל את בני צדקיהו ברבלה--לעיניו ואת כל חרי יהודה שחט מלך בבל

7 ז ואת עיני צדקיהו עור ויאסרהו בנחשתים לביא אתו בבלה

8 ח ואת בית המלך ואת בית העם שרפו הכשדים באש ואת חמות ירושלם נתצו

9 ט ואת יתר העם הנשארים בעיר ואת הנפלים אשר נפלו עליו ואת יתר העם הנשארים--הגלה נבוזראדן רב טבחים בבל

10 י ומן העם הדלים אשר אין להם מאומה השאיר נבוזראדן רב טבחים בארץ יהודה ויתן להם כרמים ויגבים ביום ההוא

11 יא ויצו נבוכדראצר מלך בבל על ירמיהו ביד נבוזראדן רב טבחים לאמר

12 יב קחנו ועיניך שים עליו ואל תעש לו מאומה רע  כי אם (  ) כאשר ידבר אליך--כן עשה עמו

13 יג וישלח נבוזראדן רב טבחים ונבושזבן רב סריס ונרגל שראצר רב מג--וכל רבי מלך בבל

14 יד וישלחו ויקחו את ירמיהו מחצר המטרה ויתנו אתו אל גדליהו בן אחיקם בן שפן להוצאהו אל הבית וישב בתוך העם  {ס}

15 טו ואל ירמיהו היה דבר יהוה בהיתו עצור בחצר המטרה לאמר

16 טז הלוך ואמרת לעבד מלך הכושי לאמר כה אמר יהוה צבאות אלהי ישראל הנני מבי את דברי אל העיר הזאת לרעה ולא לטובה והיו לפניך ביום ההוא

17 יז והצלתיך ביום ההוא נאם יהוה ולא תנתן ביד האנשים אשר אתה יגור מפניהם

18 יח כי מלט אמלטך ובחרב לא תפל והיתה לך נפשך לשלל כי בטחת בי נאם יהוה  {פ}