1 Vlug, kinders van Benjamin, uit Jerusalem uit; en blaas die basuin in Tekoa, en hef 'n vuurteken op bo Bet-Hakk,rem; want onheil dreig uit die Noorde en groot verwoesting.

2 Die mooie en die verw,nde verdelg Ek -- die dogter van Sion.

3 Herders met hulle troppe vee sal na haar toe kom; hulle slaan tente op teen haar rondom, hulle wei af, elkeen sover as hy kan bykom.

4 Heilig die oorlog teen haar! staan op, en laat ons optrek op die middag! Wee ons, want die dag gaan verby, want die aandskaduwees word langer!

5 Staan op, en laat ons optrek in die nag, en laat ons haar paleise verwoes!

6 Want so sê die HERE van die leërskare: Kap haar bome af, en gooi teen Jerusalem 'n wal op; dit is die stad wat besoek word; binne-in haar is net verdrukking.

7 Soos 'n put sy water fris hou, so hou sy haar boosheid fris; geweld en verdrukking word in haar gehoor, siektes en wonde is gedurig voor my aangesig.

8 Laat jou tugtig, Jerusalem, dat my siel nie van jou vervreemd word nie, dat Ek jou nie 'n wildernis maak, 'n onbewoonde land nie.

9 So sê die HERE van die leërskare: Hulle sal die oorblyfsel van Israel skoon afoes soos 'n wingerdstok. Slaan jou hand weer soos 'n druiwesnyer aan die lote!

10 Wie sal ek toespreek en waarsku, dat hulle kan hoor? Kyk, hulle oor is onbesnede, sodat hulle nie kan luister nie. Kyk, die woord van die HERE is vir hulle 'n smaad, hulle het daar geen behae in nie.

11 Daarom is ek vol van die grimmigheid van die HERE; ek het my moeg gemaak om uit te hou. Giet dit uit oor die kinders op die straat en oor die versameling van jongmanne, oor almal; want ook die man saam met die vrou sal gevang word, die grysaard saam met die oue van dae.

12 En hulle huise sal oorgaan op ander mense, landerye en vroue, alles tesame; want Ek sal my hand uitstrek teen die inwoners van die land, spreek die HERE.

13 Want van hul kleinste tot hul grootste maak hulle almal onregverdige wins, en van die profeet tot die priester pleeg hulle almal bedrog.

14 En hulle genees die verbreking van die dogter van my volk op die maklikste manier deur te sê: Vrede, vrede! -- terwyl daar geen vrede is nie.

15 Hulle kom in die skande, omdat hulle gruwel bedryf het; tog skaam hulle hul nie in die minste nie, tog weet hulle nie om te bloos nie. Daarom sal hulle val onder die wat val; in die tyd dat Ek aan hulle besoeking doen, sal hulle struikel, sê die HERE.

16 So spreek die HERE: Staan op die weë, en kyk en vra na die ou paaie, waar tog die goeie weg is, en wandel daarin; en julle sal rus vind vir julle siel. Maar hulle het gesê: Ons wil daarin nie wandel nie.

17 Ek het ook wagte oor julle gestel en gesê: Luister na die geluid van die basuin. Maar hulle het geantwoord: Ons wil nie luister nie.

18 Daarom, hoor, o nasies! En weet, o vergadering, wat onder hulle is!

19 Hoor, aarde! Kyk, Ek bring onheil oor hierdie volk, die vrug van hulle planne; want na my woorde het hulle nie geluister nie, en my wet, die het hulle verwerp.

20 Waarom sou daar tog vir My wierook uit Skeba kom en die kosbare kalmoes uit 'n ver land? Julle brandoffers is nie welgevallig nie, en julle slagoffers is My nie aangenaam nie.

21 Daarom, so sê die HERE: Kyk, Ek gooi struikelblokke voor hierdie volk waaroor hulle sal struikel, vaders en seuns tesame; die buurman en sy vriend sal omkom.

22 So sê die HERE: Kyk, daar kom 'n volk uit die Noordland, en 'n groot nasie word opgewek uit die agterhoeke van die aarde.

23 Boog en lans hanteer hulle; hulle is wreed en sonder barmhartigheid; hulle stem bruis soos die see, en hulle ry op perde, gewapend soos 'n man vir die oorlog, teen jou, o dogter van Sion!

24 Ons het die gerug daarvan gehoor, ons hande het slap geword, benoudheid het ons aangegryp, smart soos van een wat baar.

25 Gaan nie uit in die veld en loop nie op die pad nie; want die swaard van die vyand is daar, skrik rondom!

26 Dogter van my volk, omgord jou met 'n roukleed en wentel jou in die as; bedryf rou soos oor 'n enigste kind, 'n bitter rouklag; want skielik kom die verwoester oor ons.

27 Ek het jou onder my volk as toetser gestel, as vesting, dat jy hulle weg kan ken en toets.

28 Hulle is almal die oproerigstes van die oproeriges wat omgaan met kwaadsprekery; koper en yster is hulle; hulle handel almal verderflik.

29 Die blaasbalk blaas hard; wat uit die vuur gereed kom, is lood; tevergeefs hou hulle aan met smelt, maar die slegtes word nie afgeskei nie.

30 Hulle word genoem: Verworpe silwer; want die HERE het hulle verwerp.

1 א העזו בני בנימן מקרב ירושלם ובתקוע תקעו שופר ועל בית הכרם שאו משאת  כי רעה נשקפה מצפון ושבר גדול

2 ב הנוה והמענגה דמיתי בת ציון

3 ג אליה יבאו רעים ועדריהם תקעו עליה אהלים סביב רעו איש את ידו

4 ד קדשו עליה מלחמה קומו ונעלה בצהרים אוי לנו כי פנה היום כי ינטו צללי ערב

5 ה קומו ונעלה בלילה ונשחיתה ארמנותיה  {פ}

6 ו כי כה אמר יהוה צבאות כרתו עצה ושפכו על ירושלם סללה היא העיר הפקד כלה עשק בקרבה

7 ז כהקיר בור (ביר) מימיה כן הקרה רעתה חמס ושד ישמע בה על פני תמיד--חלי ומכה

8 ח הוסרי ירושלם--פן תקע נפשי ממך  פן אשימך שממה ארץ לוא נושבה  {פ}

9 ט כה אמר יהוה צבאות עולל יעוללו כגפן שארית ישראל השב ידך כבוצר על סלסלות

10 י על מי אדברה ואעידה וישמעו--הנה ערלה אזנם ולא יוכלו להקשיב הנה דבר יהוה היה להם לחרפה--לא יחפצו בו

11 יא ואת חמת יהוה מלאתי נלאיתי הכיל--שפך על עולל בחוץ ועל סוד בחורים יחדו  כי גם איש עם אשה ילכדו זקן עם מלא ימים

12 יב ונסבו בתיהם לאחרים שדות ונשים יחדו  כי אטה את ידי על ישבי הארץ נאם יהוה

13 יג כי מקטנם ועד גדולם כלו בוצע בצע ומנביא ועד כהן--כלו עשה שקר

14 יד וירפאו את שבר עמי על נקלה--לאמר שלום שלום ואין שלום

15 טו הבישו כי תועבה עשו גם בוש לא יבושו גם הכלים לא ידעו--לכן יפלו בנפלים בעת פקדתים יכשלו אמר יהוה  {ס}

16 טז כה אמר יהוה עמדו על דרכים וראו ושאלו לנתבות עולם אי זה דרך הטוב ולכו בה ומצאו מרגוע לנפשכם ויאמרו לא נלך

17 יז והקמתי עליכם צפים הקשיבו לקול שופר ויאמרו לא נקשיב

18 יח לכן שמעו הגוים ודעי עדה את אשר בם

19 יט שמעי הארץ--הנה אנכי מביא רעה אל העם הזה פרי מחשבותם  כי על דברי לא הקשיבו ותורתי וימאסו בה

20 כ למה זה לי לבונה משבא תבוא וקנה הטוב מארץ מרחק עלותיכם לא לרצון וזבחיכם לא ערבו לי

21 כא לכן כה אמר יהוה הנני נתן אל העם הזה מכשלים וכשלו בם אבות ובנים יחדו שכן ורעו--יאבדו (ואבדו)  {פ}

22 כב כה אמר יהוה הנה עם בא מארץ צפון וגוי גדול יעור מירכתי ארץ

23 כג קשת וכידון יחזיקו אכזרי הוא ולא ירחמו קולם כים יהמה ועל סוסים ירכבו ערוך כאיש למלחמה עליך בת ציון

24 כד שמענו את שמעו רפו ידינו צרה החזקתנו--חיל כיולדה

25 כה אל תצאי (תצאו) השדה ובדרך אל תלכי (תלכו)  כי חרב לאיב מגור מסביב

26 כו בת עמי חגרי שק והתפלשי באפר--אבל יחיד עשי לך מספד תמרורים  כי פתאם יבא השדד עלינו

27 כז בחון נתתיך בעמי מבצר ותדע ובחנת את דרכם

28 כח כלם סרי סוררים הלכי רכיל נחשת וברזל כלם משחיתים המה

29 כט נחר מפח מאשתם (מאש תם) עפרת--לשוא צרף צרוף ורעים לא נתקו

30 ל כסף נמאס קראו להם  כי מאס יהוה בהם  {פ}