1 En Mirjam en A„ron het teen Moses gespreek vanweë die Kusitiese vrou wat hy geneem het; want hy het 'n Kusitiese vrou geneem.

2 En hulle het gesê: Het die HERE dan maar alleen met Moses gespreek? Het Hy nie ook met ons gespreek nie? En die HERE het dit gehoor.

3 Maar die man Moses was baie sagmoedig, meer as al die mense op die aardbodem.

4 Toe het die HERE dadelik met Moses en A„ron en Mirjam gespreek: Julle drie, kom uit na die tent van samekoms! En hulle drie het uitgekom.

5 En die HERE het in 'n wolkkolom neergedaal en by die ingang van die tent gaan staan. Daarna het Hy A„ron en Mirjam geroep, en hulle twee het uitgekom.

6 Toe sê Hy: Hoor tog my woorde. As julle profeet van die HERE is, sal Ek deur 'n gesig My aan hom bekend maak, deur 'n droom sal Ek met hom spreek.

7 So is dit nie met my kneg Moses nie: in my hele huis is hy getrou.

8 Mond tot mond spreek Ek met hom, en deur aanskouing en nie deur duister woorde nie; en hy sien die verskyning van die HERE. Waarom het julle dan nie gevrees om teen my kneg, teen Moses, te spreek nie?

9 En die toorn van die HERE het teen hulle ontvlam, en Hy het weggegaan.

10 En toe die wolk van die tent af weggetrek het, kyk, toe was Mirjam melaats, soos sneeu. En A„ron het Mirjam aangekyk en -- sy was melaats!

11 Daarop sê A„ron vir Moses: Ag, my heer, lê tog nie op ons die sonde wat ons in ons dwaasheid begaan het nie.

12 Laat sy tog nie wees soos 'n dooie van wie se vleis, as hy uit sy moeder se skoot uitgaan, die helfte verteer is nie.

13 En Moses het die HERE aangeroep en gesê: o God, maak haar tog gesond!

14 Toe sê die HERE vir Moses: As haar vader net maar in haar gesig gespuug het, sou sy nie sewe dae lank beskaamd wees nie? Laat sy sewe dae lank buitekant die laer opgesluit wees, en daarna mag sy opgeneem word.

15 En hulle het Mirjam sewe dae lank buitekant die laer opgesluit; en die volk het nie weggetrek voordat Mirjam opgeneem was nie.

16 Maar daarna het die volk van H serot af weggetrek en in die woestyn Paran laer opgeslaan.

1 א ותדבר מרים ואהרן במשה על אדות האשה הכשית אשר לקח  כי אשה כשית לקח

2 ב ויאמרו הרק אך במשה דבר יהוה--הלא גם בנו דבר וישמע יהוה

3 ג והאיש משה ענו מאד--מכל האדם אשר על פני האדמה  {ס}

4 ד ויאמר יהוה פתאם אל משה ואל אהרן ואל מרים צאו שלשתכם אל אהל מועד ויצאו שלשתם

5 ה וירד יהוה בעמוד ענן ויעמד פתח האהל ויקרא אהרן ומרים ויצאו שניהם

6 ו ויאמר שמעו נא דברי אם יהיה נביאכם--יהוה במראה אליו אתודע בחלום אדבר בו

7 ז לא כן עבדי משה  בכל ביתי נאמן הוא

8 ח פה אל פה אדבר בו ומראה ולא בחידת ותמנת יהוה יביט ומדוע לא יראתם לדבר בעבדי במשה

9 ט ויחר אף יהוה בם וילך

10 י והענן סר מעל האהל והנה מרים מצרעת כשלג ויפן אהרן אל מרים והנה מצרעת

11 יא ויאמר אהרן אל משה  בי אדני--אל נא תשת עלינו חטאת אשר נואלנו ואשר חטאנו

12 יב אל נא תהי כמת אשר בצאתו מרחם אמו ויאכל חצי בשרו

13 יג ויצעק משה אל יהוה לאמר  אל נא רפא נא לה  {פ}

14 יד ויאמר יהוה אל משה ואביה ירק ירק בפניה--הלא תכלם שבעת ימים תסגר שבעת ימים מחוץ למחנה ואחר תאסף

15 טו ותסגר מרים מחוץ למחנה שבעת ימים והעם לא נסע עד האסף מרים

16 טז ואחר נסעו העם מחצרות ויחנו במדבר פארן  {פ}