1 En die HERE het met Moses gespreek en gesê:

2 Neem wraak vir die kinders van Israel op die Midianiete; daarna sal jy by jou volksgenote versamel word.

3 Daarop het Moses met die volk gespreek en gesê: Laat manne uit julle midde hul vir die oorlog wapen, dat hulle teen M¡dian kan trek om die wraakgerig van die HERE aan M¡dian te voltrek.

4 duisend vir elke stam van al die stamme van Israel moet julle na die oorlog stuur.

5 Toe is daar uit die duisende van Israel duisend vir elke stam gelewer, twaalf duisend wat vir die oorlog gewapen was.

6 En Moses het hulle na die oorlog gestuur, duisend vir elke stam, hulle en P¡nehas, die seun van die priester Ele sar, na die oorlog, met die heilige voorwerpe en die trompette by hom om alarm te blaas.

7 En hulle het oorlog toe getrek teen M¡dian, soos die HERE Moses beveel het, en al die manlike persone gedood.

8 Ook het hulle die konings van M¡dian gedood by die wat hulle verslaan het: Ewi en Rekem en Sur en Hur en Reba, die vyf konings van M¡dian; ook het hulle B¡leam, die seun van Beor, met die swaard gedood.

9 Maar die kinders van Israel het die vroue van die Midianiete en hulle kinders as gevangenes weggevoer, en al hulle lasdiere en al hulle vee en al hulle rykdom geroof.

10 Verder, al hulle stede in hulle woonplekke en al hulle laers het hulle met vuur verbrand

11 en al die roof geneem en al die buit, mense en diere.

12 Daarna het hulle die gevangenes en die buit en die roof na Moses en die priester Ele sar en na die vergadering van die kinders van Israel gebring in die laer, in die vlaktes van Moab wat by die Jordaan van J,rigo is.

13 En toe Moses en die priester Ele sar en al die owerstes van die vergadering hulle buitekant die laer tegemoetgaan,

14 het Moses kwaad geword vir die aanvoerders van die leër, die owerstes oor duisend en die owerstes oor honderd wat van die veldtog af gekom het.

15 En Moses het vir hulle gesê: Het julle al die vroue laat lewe?

16 Kyk, hulle was, deur die raad van B¡leam, vir die kinders van Israel 'n oorsaak van troubreuk teenoor die HERE in die saak van Peor, sodat die plaag in die vergadering van die HERE was.

17 Maak dan nou dood almal wat van die manlike geslag onder die kinders is; en maak dood elke vrou wat gemeenskap met 'n man gehad het.

18 Maar laat al die kinders onder die vroulike persone wat geen gemeenskap met 'n man gehad het nie, vir julle in die lewe bly.

19 En julle, slaan sewe dae lank 'n kamp op buitekant die laer; elkeen wat 'n mens gedood en elkeen wat aan 'n gesneuwelde geraak het -- julle moet jul op die derde dag en op die sewende dag ontsondig, julle en jul gevangenes.

20 Ook moet julle al die klere en elke ding van leer en alles wat van bokhaar gemaak is, en elke ding van hout ontsondig.

21 En die priester Ele sar het aan die krygsmanne wat na die oorlog getrek het, gesê: Dit is die wetsinsetting wat die HERE Moses beveel het.

22 Net die goud en die silwer, die koper, die yster, die tin en die lood --

23 elke ding wat in die vuur kan kom -- moet julle deur die vuur laat deurgaan, en dit sal rein wees; ewenwel moet dit deur reinigingswater ontsondig word; maar alles wat nie in die vuur kan kom nie, moet julle deur die water laat deurgaan.

24 Julle moet ook jul klere op die sewende dag was; dan sal julle rein wees; en daarna mag julle in die laer kom.

25 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

26 Neem die volle getal op van wat as buit weggevoer is, van mense en van diere, jy en die priester Ele sar en die familiehoofde van die vergadering;

27 en verdeel die buit tussen die wat met die oorlog te doen gehad het, wat op kommando uitgetrek het, ,n die hele vergadering.

28 En hef 'n bydrae vir die HERE van die krygsmanne wat na die oorlog uitgetrek het -- een uit elke vyf honderd -- van die mense en van die beeste en van die esels en van die kleinvee.

29 Van hulle helfte moet julle dit neem, en gee dit aan die priester Ele sar as 'n offergawe aan die HERE.

30 Maar uit die helfte van die kinders van Israel moet jy een neem, uitgehaal uit elke vyftig, uit die mense, uit die beeste, uit die esels en die kleinvee, uit al die diere; en jy moet dit aan die Leviete gee wat die diens by die tabernakel van die HERE waarneem.

31 En Moses en die priester Ele sar het gedoen soos die HERE Moses beveel het.

32 En die buit, die oorskot van die roof wat die krygsmanne geneem het, was ses honderd vyf en sewentig duisend stuks kleinvee;

33 en twee en sewentig duisend beeste;

34 en een en sestig duisend esels;

35 en mensesiele, uit die vroulike persone wat geen gemeenskap met 'n man gehad het nie, al die siele was twee en dertig duisend.

36 En die helfte, die deel van hulle wat na die oorlog uitgetrek het, was in getal drie honderd sewe en dertig duisend vyf honderd stuks kleinvee.

37 En die bydrae aan die HERE uit die kleinvee was ses honderd vyf en sewentig.

38 En die beeste was ses en dertig duisend, en die bydrae daarvan aan die HERE twee en sewentig.

39 En die esels was dertig duisend vyf honderd, en die bydrae daarvan aan die HERE een en sestig.

40 En mensesiele was sestien duisend, en die bydrae daarvan aan die HERE twee en dertig siele.

41 En Moses het aan die priester Ele sar die bydrae gegee wat as offergawe aan die HERE bestem was, soos die HERE Moses beveel het.

42 En uit die helfte van die kinders van Israel wat Moses van die vegsmanne afgedeel het --

43 die helfte van die vergadering uit die kleinvee was drie honderd sewe en dertig duisend vyf honderd;

44 en die beeste was ses en dertig duisend;

45 en die esels dertig duisend vyf honderd;

46 en mensesiele sestien duisend --

47 uit die helfte van die kinders van Israel het Moses geneem -- van wat uitgehaal was, een uit elke vyftig, van mense en van diere -- en hy het dit aan die Leviete gegee wat die diens by die tabernakel van die HERE waarneem, soos die HERE Moses beveel het.

48 Toe het die aanvoerders oor die duisende van die leër, die owerstes oor duisend en die owerstes oor honderd, nader gekom na Moses

49 en aan Moses gesê: U dienaars het die volle getal van die krygsmanne opgeneem wat onder ons bevel was, en daarvan word nie een vermis nie.

50 Daarom bring elkeen van ons as offer aan die HERE wat hy aan goue goed gevind het: armkettings en armbande, vingerringe, oorringe en halssierade, om versoening te doen vir ons siele voor die aangesig van die HERE.

51 Toe het Moses en die priester Ele sar die goud, allerhande kunsvoorwerpe, van hulle aangeneem.

52 En al die goud van die offergawe wat hulle aan die HERE afgegee het, was sestien duisend sewe honderd en vyftig sikkels, afkomstig van die owerstes oor duisend en die owerstes oor honderd.

53 Die krygsmanne het elkeen na welgevalle buitgemaak.

54 So het Moses en die priester Ele sar dan die goud van die owerstes oor duisend en oor honderd aangeneem en dit in die tent van samekoms gebring om die kinders van Israel voor die aangesig van die HERE in gedagtenis te bring.

1 א וידבר יהוה אל משה לאמר

2 ב נקם נקמת בני ישראל מאת המדינים אחר תאסף אל עמיך

3 ג וידבר משה אל העם לאמר החלצו מאתכם אנשים לצבא ויהיו על מדין לתת נקמת יהוה במדין

4 ד אלף למטה אלף למטה--לכל מטות ישראל תשלחו לצבא

5 ה וימסרו מאלפי ישראל אלף למטה--שנים עשר אלף חלוצי צבא

6 ו וישלח אתם משה אלף למטה לצבא  אתם ואת פינחס בן אלעזר הכהן לצבא וכלי הקדש וחצצרות התרועה בידו

7 ז ויצבאו על מדין כאשר צוה יהוה את משה ויהרגו כל זכר

8 ח ואת מלכי מדין הרגו על חלליהם את אוי ואת רקם ואת צור ואת חור ואת רבע--חמשת מלכי מדין ואת בלעם בן בעור הרגו בחרב

9 ט וישבו בני ישראל את נשי מדין ואת טפם ואת כל בהמתם ואת כל מקנהם ואת כל חילם בזזו

10 י ואת כל עריהם במושבתם ואת כל טירתם--שרפו באש

11 יא ויקחו את כל השלל ואת כל המלקוח--באדם ובבהמה

12 יב ויבאו אל משה ואל אלעזר הכהן ואל עדת בני ישראל את השבי ואת המלקוח ואת השלל--אל המחנה  אל ערבת מואב אשר על ירדן ירחו  {ס}

13 יג ויצאו משה ואלעזר הכהן וכל נשיאי העדה--לקראתם  אל מחוץ למחנה

14 יד ויקצף משה על פקודי החיל שרי האלפים ושרי המאות הבאים מצבא המלחמה

15 טו ויאמר אליהם משה  החייתם כל נקבה

16 טז הן הנה היו לבני ישראל בדבר בלעם למסר מעל ביהוה על דבר פעור ותהי המגפה בעדת יהוה

17 יז ועתה הרגו כל זכר בטף וכל אשה ידעת איש למשכב זכר--הרגו

18 יח וכל הטף בנשים אשר לא ידעו משכב זכר--החיו לכם

19 יט ואתם חנו מחוץ למחנה--שבעת ימים  כל הרג נפש וכל נגע בחלל תתחטאו ביום השלישי וביום השביעי--אתם ושביכם

20 כ וכל בגד וכל כלי עור וכל מעשה עזים וכל כלי עץ--תתחטאו  {ס}

21 כא ויאמר אלעזר הכהן אל אנשי הצבא הבאים למלחמה  זאת חקת התורה אשר צוה יהוה את משה

22 כב אך את הזהב ואת הכסף את הנחשת את הברזל את הבדיל ואת העפרת

23 כג כל דבר אשר יבא באש תעבירו באש וטהר--אך במי נדה יתחטא וכל אשר לא יבא באש תעבירו במים

24 כד וכבסתם בגדיכם ביום השביעי וטהרתם ואחר תבאו אל המחנה  {ס}

25 כה ויאמר יהוה אל משה לאמר

26 כו שא את ראש מלקוח השבי באדם ובבהמה--אתה ואלעזר הכהן וראשי אבות העדה

27 כז וחצית את המלקוח בין תפשי המלחמה היצאים לצבא--ובין כל העדה

28 כח והרמת מכס ליהוה מאת אנשי המלחמה היצאים לצבא--אחד נפש מחמש המאות  מן האדם ומן הבקר ומן החמרים ומן הצאן

29 כט ממחציתם תקחו ונתתה לאלעזר הכהן תרומת יהוה

30 ל וממחצת בני ישראל תקח אחד אחז מן החמשים מן האדם מן הבקר מן החמרים ומן הצאן--מכל הבהמה ונתתה אתם ללוים שמרי משמרת משכן יהוה

31 לא ויעש משה ואלעזר הכהן כאשר צוה יהוה את משה

32 לב ויהי המלקוח--יתר הבז אשר בזזו עם הצבא  צאן שש מאות אלף ושבעים אלף--וחמשת אלפים

33 לג ובקר שנים ושבעים אלף

34 לד וחמרים אחד וששים אלף

35 לה ונפש אדם--מן הנשים אשר לא ידעו משכב זכר  כל נפש שנים ושלשים אלף

36 לו ותהי המחצה--חלק היצאים בצבא  מספר הצאן שלש מאות אלף ושלשים אלף ושבעת אלפים וחמש מאות

37 לז ויהי המכס ליהוה מן הצאן--שש מאות חמש ושבעים

38 לח והבקר--ששה ושלשים אלף ומכסם ליהוה שנים ושבעים

39 לט וחמרים שלשים אלף וחמש מאות ומכסם ליהוה אחד וששים

40 מ ונפש אדם ששה עשר אלף ומכסם ליהוה--שנים ושלשים נפש

41 מא ויתן משה את מכס תרומת יהוה לאלעזר הכהן--כאשר צוה יהוה את משה

42 מב וממחצית בני ישראל אשר חצה משה מן האנשים הצבאים

43 מג ותהי מחצת העדה מן הצאן--שלש מאות אלף ושלשים אלף שבעת אלפים וחמש מאות

44 מד ובקר ששה ושלשים אלף

45 מה וחמרים שלשים אלף וחמש מאות

46 מו ונפש אדם ששה עשר אלף

47 מז ויקח משה ממחצת בני ישראל את האחז אחד מן החמשים--מן האדם ומן הבהמה ויתן אתם ללוים שמרי משמרת משכן יהוה כאשר צוה יהוה את משה

48 מח ויקרבו אל משה הפקדים אשר לאלפי הצבא--שרי האלפים ושרי המאות

49 מט ויאמרו אל משה עבדיך נשאו את ראש אנשי המלחמה אשר בידנו ולא נפקד ממנו איש

50 נ ונקרב את קרבן יהוה איש אשר מצא כלי זהב אצעדה וצמיד טבעת עגיל וכומז--לכפר על נפשתינו לפני יהוה

51 נא ויקח משה ואלעזר הכהן את הזהב--מאתם  כל כלי מעשה

52 נב ויהי כל זהב התרומה אשר הרימו ליהוה--ששה עשר אלף שבע מאות וחמשים שקל  מאת שרי האלפים ומאת שרי המאות

53 נג אנשי הצבא בזזו איש לו

54 נד ויקח משה ואלעזר הכהן את הזהב מאת שרי האלפים והמאות ויבאו אתו אל אהל מועד זכרון לבני ישראל לפני יהוה  {פ}