1 Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus;
2 deur wie ons ook deur die geloof die toegang verkry het tot hierdie genade waarin ons staan; en ons roem in die hoop op die heerlikheid van God.
3 En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk,
4 en die lydsaamheid beproefdheid en die beproefdheid hoop;
5 en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.
6 Want toe ons nog swak was, het Christus op die regte tyd vir die goddelose gesterwe.
7 Want nouliks sal iemand vir 'n regverdige sterwe vir 'n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe
8 maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.
9 Veel meer dan sal ons, nou dat ons geregverdig is in sy bloed, deur Hom gered word van die toorn.
10 Want as ons, terwyl ons nog vyande was, met God versoen is deur die dood van sy Seun, veel meer sal ons deur sy lewe gered word nou dat ons versoen is.
11 En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in God deur onse Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening verkry het.
12 Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het
13 want voor die wet was daar al sonde in die wêreld; maar sonde word nie toegereken as daar geen wet is nie.
14 Tog het die dood geheers van Adam af tot op Moses, ook oor hulle wat nie gesondig het in die gelykheid van die oortreding van Adam nie, wat 'n voorbeeld is van Hom wat sou kom.
15 Maar dit is met die misdaad nie soos met die genadegawe nie; want as deur die misdaad van die ,,n baie gesterf het, veel meer het die genade van God en die gawe deur die genade van die een mens, Jesus Christus, vir baie oorvloedig geword.
16 En nie soos deur ,,n wat gesondig het, is die gawe nie; want die oordeel was uit ,,n tot veroordeling, maar die genadegawe is uit baie misdade tot vryspraak.
17 Want as ten gevolge van die misdaad van die ,,n die dood geheers het deur die ,,n, veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Â,n, Jesus Christus.
18 Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe.
19 Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Â,n baie tot regverdiges gestel word.
20 Maar die wet het daar bygekom, sodat die misdaad meer sou word; en waar die sonde meer geword het, het die genade nog meer oorvloedig geword;
21 sodat, soos die sonde geheers het in die dood, so ook die genade kan heers deur die geregtigheid tot die ewige lewe deur Jesus Christus, onse Here.
1 For which reason, because we have righteousness through faith, let us be at peace with God through our Lord Jesus Christ;
2 Through whom, in the same way, we have been able by faith to come to this grace in which we now are; and let us have joy in hope of the glory of God.
3 And not only so, but let us have joy in our troubles: in the knowledge that trouble gives us the power of waiting;
4 And waiting gives experience; and experience, hope:
5 And hope does not put to shame; because our hearts are full of the love of God through the Holy Spirit which is given to us.
6 For when we were still without strength, at the right time Christ gave his life for evil-doers.
7 Now it is hard for anyone to give his life even for an upright man, though it might be that for a good man someone would give his life.
8 But God has made clear his love to us, in that, when we were still sinners, Christ gave his life for us.
9 Much more, if we now have righteousness by his blood, will salvation from the wrath of God come to us through him.
10 For if, when we were haters of God, the death of his Son made us at peace with him, much more, now that we are his friends, will we have salvation through his life;
11 And not only so, but we have joy in God through our Lord Jesus Christ, through whom we are now at peace with God.
12 For this reason, as through one man sin came into the world, and death because of sin, and so death came to all men, because all have done evil:
13 Because, till the law came, sin was in existence, but sin is not put to the account of anyone when there is no law to be broken.
14 But still death had power from Adam till Moses, even over those who had not done wrong like Adam, who is a picture of him who was to come.
15 But the free giving of God is not like the wrongdoing of man. For if, by the wrongdoing of one man death came to numbers of men, much more did the grace of God, and the free giving by the grace of one man, Jesus Christ, come to men.
16 And the free giving has not the same effect as the sin of one: for the effect of one man's sin was punishment by the decision of God, but the free giving had power to give righteousness to wrongdoers in great number.
17 For, if by the wrongdoing of one, death was ruling through the one, much more will those to whom has come the wealth of grace and the giving of righteousness, be ruling in life through the one, even Jesus Christ.
18 So then, as the effect of one act of wrongdoing was that punishment came on all men, even so the effect of one act of righteousness was righteousness of life for all men.
19 Because, as numbers of men became sinners through the wrongdoing of one man, even so will great numbers get righteousness through the keeping of the word of God by one man.
20 And the law came in addition, to make wrongdoing worse; but where there was much sin, there was much more grace:
21 That, as sin had power in death, so grace might have power through righteousness to eternal life through Jesus Christ our Lord.