1 Betoon reg en billikheid, here, aan julle diensknegte, omdat julle weet dat julle ook 'n Here in die hemele het.
2 Volhard in die gebed en waak daarin met danksegging;
3 en bid tegelykertyd ook vir ons, dat God vir ons die deur van die woord mag open om te spreek van die verborgenheid van Christus, waarvoor ek ook in boeie is,
4 dat ek dit openbaar kan maak soos ek dit behoort te spreek.
5 Wandel in wysheid teenoor die wat buite is, en koop die tyd uit.
6 Laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle iedereen moet antwoord.
7 Al my omstandighede sal T¡chikus, die geliefde broeder en getroue dienaar en mededienskneg in die Here, julle bekend maak.
8 Ek het hom na julle gestuur juis hiervoor, om julle toestande te leer ken en julle harte te vertroos,
9 saam met On,simus, die getroue en geliefde broeder wat van julle mense is. Hulle sal julle alles bekend maak wat hier voorval.
10 Arist rchus, my medegevangene, groet julle; en Markus, die neef van B rnabas, oor wie julle bevele ontvang het -- as hy by julle kom, ontvang hom --
11 ook Jesus wat Justus genoem word, manne wat uit die besnydenis is. Hulle alleen is my medewerkers vir die koninkryk van God en hulle was 'n troos vir my.
12 Âpafras wat een van julle is, 'n dienskneg van Christus, groet julle en stry altyd vir julle in die gebede, dat julle volmaak en volkome mag staan in die ganse wil van God.
13 Want ek getuig van hom dat hy 'n groot ywer het vir julle en vir die wat in Laodic,a en die wat in Hiër polis is.
14 Die geneesheer Lukas, die geliefde, en Demas groet julle.
15 Groet die broeders in Laodic,a en Nimfas en die gemeente wat in sy huis is.
16 En wanneer hierdie brief by julle gelees is, sorg dat dit ook in die gemeente van die Laodicense gelees word en dat julle ook die uit Laodic,a lees.
17 En sê aan Arch¡ppus: Gee ag op die bediening wat jy ontvang het in die Here, dat jy dit vervul.
18 Die groete van Paulus, met my eie hand. Dink aan my boeie. Die genade sy met julle! Amen.
1 你们作主人的, 要公平地对待仆人, 因为知道你们也有一位主在天上。
2 你们要恒切祷告, 在祷告的时候存着感恩的心警醒;
3 也要为我们祷告, 求 神为我们开传道的门, 宣讲基督的奥秘(我就是为了这个缘故被捆锁),
4 使我照着我所应当说的, 把这奥秘显明出来。
5 你们要把握时机, 用智慧与外人来往。
6 你们的话要常常温和, 好像是用盐调和的, 使你们知道应当怎样回答各人。
7 我的一切景况, 推基古会告诉你们。他是我所爱的弟兄, 是忠心的仆役, 也是在主里同作仆人的。
8 我派他到你们那里去, 使你们知道我们的景况, 并且安慰你们的心。
9 他是跟欧尼西慕一同去的。欧尼西慕是忠心的亲爱的弟兄, 是你们那里的人。他们会把这里的一切告诉你们。
10 与我一同坐监的亚里达古, 和巴拿巴的表弟马可, 问候你们。(关于马可, 你们已经受了吩咐: 他若到你们那里, 你们要接待他。)
11 别号犹士都的耶数, 也问候你们。在受过割礼的人中, 只有这几位是为 神的国与我同工的, 他们也成了我的安慰。
12 以巴弗问候你们, 他是你们那里的人, 是基督耶稣的仆人; 他祷告的时候, 常常竭力为你们祈求, 好使你们在 神的一切旨意中完全站稳, 满有坚定的信念。
13 我可以为他作证, 他为了你们和在老底嘉、希拉波立的人, 多受劳苦。
14 亲爱的路加医生和底马问候你们。
15 请问候在老底嘉的弟兄和宁法, 以及在她家里的教会。
16 这封信你们宣读了以后, 也要交给老底嘉的教会宣读; 你们也要读老底嘉的那封信。
17 你们要对亚基布说: "你要留心在主里领受的职分, 好把它完成。"
18 我保罗亲笔问候你们。你们要记念我的捆锁。愿恩惠与你们同在。