1 En toe Jesus klaar was met bevele aan sy twaalf dissipels te gee, het Hy daarvandaan weggegaan om te leer en te preek in hulle stede.
2 En Johannes het in die gevangenis gehoor van die werke van Christus, en twee van sy dissipels gestuur
3 en vir Hom gesê: Is U die Een wat sou kom, of moet ons 'n ander een verwag?
4 En Jesus het geantwoord en vir hulle gesê: Gaan vertel aan Johannes wat julle hoor en sien:
5 blindes sien weer en kreupeles loop, melaatses word gereinig en dowes hoor, dooies word opgewek en aan armes word die evangelie verkondig.
6 En salig is elkeen wat aan My nie aanstoot neem nie.
7 En toe hulle vertrek, begin Jesus vir die skare aangaande Johannes te sê: Wat het julle uitgegaan om in die woestyn te aanskou? 'n Riet wat deur die wind beweeg word?
8 Maar wat het julle uitgegaan om te sien? 'n Man met sagte klere aan? Kyk, die wat sagte klere dra, is in die huise van konings.
9 Maar wat het julle uitgegaan om te sien? 'n Profeet? Ja, Ek sê vir julle, ook baie meer as 'n profeet!
10 Want dit is hy van wie daar geskrywe is: Kyk, Ek stuur my boodskapper voor u aangesig, wat u weg voor U uit sal regmaak.
11 Voorwaar Ek sê vir julle, onder die wat uit vroue gebore is, het daar nie een opgestaan wat groter is as Johannes die Doper nie; maar die kleinste in die koninkryk van die hemele is groter as hy.
12 Maar van die dae van Johannes die Doper af tot nou toe word die koninkryk van die hemele bestorm, en bestormers gryp dit met geweld.
13 Want al die profete en die wet het tot op Johannes geprofeteer.
14 En as julle dit wil aanneem: hy is El¡a wat sou kom.
15 Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.
16 Maar waarmee sal Ek hierdie geslag vergelyk? Dit is net soos kindertjies wat op die markte sit en na hulle maats roep
17 en sê: Ons het vir julle op die fluit gespeel, en julle het nie gedans nie; ons het vir julle 'n klaaglied gesing, en julle het nie getreur nie.
18 Want Johannes het gekom en nie geëet of gedrink nie, en hulle sê: Hy het 'n duiwel.
19 Die Seun van die mens het gekom -- Hy eet en drink, en hulle sê: D r is 'n mens wat 'n vraat en 'n wynsuiper is, 'n vriend van tollenaars en sondaars. Maar die wysheid is geregverdig deur sy kinders.
20 Toe het Hy die stede waarin die meeste van sy kragtige dade plaasgevind het, begin verwyt, omdat hulle hul nie bekeer het nie:
21 Wee jou, Gorasin, wee jou, Bets ida! want as in Tirus en Sidon die kragtige dade plaasgevind het wat in julle plaasgevind het, sou hulle hul lankal in sak en as bekeer het.
22 Maar Ek sê vir julle, dit sal vir Tirus en Sidon verdraagliker wees in die oordeelsdag as vir julle.
23 En jy, Kap,rnaÂm, wat tot die hemel toe verhoog is, jy sal tot die doderyk toe neergestoot word; want as in Sodom die kragtige dade plaasgevind het wat in jou plaasgevind het, sou hy bly staan het tot vandag toe.
24 Maar Ek sê vir julle dat dit vir die land van Sodom verdraagliker sal wees in die oordeelsdag as vir jou.
25 In daardie tyd het Jesus gespreek en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het.
26 Ja, Vader, want so was dit u welbehae.
27 Alles is aan My oorgegee deur my Vader, en niemand ken die Seun nie, behalwe die Vader; ook ken niemand die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun dit wil openbaar.
28 Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.
29 Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele;
30 want my juk is sag en my las is lig.
1 耶稣吩咐完了十二门徒, 就离开那里, 在各城里施教传道。
2 约翰在监狱里听见基督所作的, 就派门徒去问他:
3 "你就是那位要来的, 还是我们要等别人呢?"
4 耶稣回答他们: "你们回去, 把听见和看见的都告诉约翰,
5 就是瞎的可以看见, 瘸的可以走路, 患痲风的得到洁净, 聋的可以听见, 死人复活, 穷人有福音听。
6 那不被我绊倒的, 就有福了。"
7 他们走了之后, 耶稣对群众讲起约翰来, 说: "你们到旷野去, 是要看什么?被风吹动的芦苇吗?
8 你们出去到底要看什么?身穿华丽衣裳的人吗?那些穿着华丽衣裳的人, 是在王宫里的。
9 那么, 你们出去要看什么?先知吗?我告诉你们, 是的。他比先知重要得多了。
10 经上所记: ‘看哪, 我差遣我的使者在你面前, 他必在你前头预备你的道路。’这句话是指着他说的。
11 我实在告诉你们, 妇人所生的, 没有一个比施洗的约翰更大; 然而天国里最小的比他还大。
12 从施洗的约翰的时候直到现在, 天国不断遭受猛烈的攻击, 强暴的人企图把它夺去。
13 所有的先知和律法, 直到约翰为止, 都说了预言。
14 如果你们肯接受, 约翰就是那要来的以利亚。
15 有耳的, 就应当听。
16 "我要把这世代比作什么呢?它好像一些小孩子坐在市中心, 呼叫别的小孩子,
17 说: ‘我们给你们吹笛子, 你们却不跳舞; 我们唱哀歌, 你们也不捶胸。’
18 约翰来了, 不吃也不喝, 人说他是鬼附的;
19 人子来了, 又吃又喝, 人却说: ‘你看, 这人贪食好酒, 与税吏和罪人为友。’但智慧借着它所作的, 就证实是公义的了。"
20 那时, 耶稣责备那些他曾在那里行过许多神迹的城, 因为它们不肯悔改:
21 "哥拉逊啊, 你有祸了! 伯赛大啊, 你有祸了! 在你们那里行过的神迹, 如果行在推罗和西顿, 它们早已披麻蒙灰悔改了。
22 但我告诉你们, 在审判的日子, 推罗和西顿所受的, 比你们还轻呢。
23 迦百农啊! 你会被高举到天上吗?你必降到阴间。在你那里行过的神迹, 如果行在所多玛, 那城还会存留到今天。
24 但我告诉你们, 在审判的日子, 所多玛那地方所受的, 比你还轻呢。"
25 就在那时候, 耶稣说: "父啊, 天地的主, 我赞美你, 因为你把这些事向智慧和聪明的人隐藏起来, 却向婴孩显明。
26 父啊, 是的, 这就是你的美意。
27 我父已经把一切交给我; 除了父没有人认识子, 除了子和子所愿意启示的人, 没有人认识父。
28 你们所有劳苦担重担的人哪, 到我这里来吧! 我必使你们得安息。
29 我心里柔和谦卑, 你们应当负我的轭, 向我学习, 你们就必得着心灵的安息;
30 我的轭是容易负的, 我的担子是轻省的。"