1 En toe hulle naby Jerusalem gekom en B,tfag, aan die Olyfberg bereik het, stuur Jesus twee dissipels uit en sê vir hulle:

2 Gaan na daardie dorp reg voor julle, en dadelik sal julle 'n eselin vind wat vasgemaak is, en 'n vul by haar. Maak haar los en bring hulle vir My.

3 En as iemand vir julle iets sê, moet julle antwoord: Die Here het hulle nodig; en dadelik sal hy hulle stuur.

4 En dit het alles gebeur, sodat vervul sou word die woord wat deur die profeet gespreek is:

5 Sê vir die dogter van Sion: Kyk, jou Koning kom na jou toe, sagmoedig, en Hy sit op 'n esel, ja, 'n jong esel, die vul van 'n pakdier.

6 En die dissipels het gegaan en gedoen soos Jesus hulle beveel het;

7 hulle het die esel en die vul gebring en hulle klere daarop gelê, en Hy het daarop gaan sit.

8 En die grootste deel van die skare het hulle klere op die pad oopgegooi, en ander het takke van die bome afgekap en op die pad gestrooi.

9 En die skare wat voor geloop en die wat gevolg het, het uitgeroep en gesê: Hosanna vir die Seun van Dawid! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here! Hosanna in die hoogste hemele!

10 En toe Hy in Jerusalem inkom, het die hele stad in opskudding geraak en gesê: Wie is hierdie man?

11 En die skare sê: Dit is Jesus, die profeet, van N saret in Galil,a.

12 En Jesus het in die tempel van God ingegaan en almal wat in die tempel verkoop en koop, uitgejaag en die tafels van die geldwisselaars en die stoele van die duiweverkopers omgegooi.

13 En Hy sê vir hulle: Daar is geskrywe: My huis moet 'n huis van gebed genoem word. Maar julle het dit 'n rowerspelonk gemaak.

14 En daar het blindes en kreupeles na Hom gekom in die tempel, en Hy het hulle gesond gemaak.

15 En toe die owerpriesters en skrifgeleerdes die wonderwerke sien wat Hy gedoen het, en die kinders wat in die tempel uitroep en sê: Hosanna vir die Seun van Dawid! was hulle verontwaardig

16 en sê vir Hom: Hoor U wat hulle daar sê? En Jesus antwoord hulle: Ja, het julle nooit gelees: Uit die mond van kinders en suigelinge het U vir U lof berei nie?

17 En Hy het hulle verlaat en uit die stad uitgegaan na Bet nië en daar vernag.

18 En vroeg in die môre toe Hy teruggaan na die stad, het Hy honger gehad;

19 en Hy sien 'n vyeboom langs die pad en gaan daarnatoe; maar Hy het niks daaraan gevind nie as net blare alleen; en Hy sê vir hom: Laat daar uit jou tot in ewigheid nooit weer 'n vrug kom nie! En onmiddellik het die vyeboom verdroog.

20 En toe die dissipels dit sien, was hulle verwonderd en sê: Hoe het die vyeboom so onmiddellik verdroog?

21 Maar Jesus antwoord en sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle nie alleen doen wat met die vyeboom gebeur het nie; maar al sê julle ook vir hierdie berg: Hef jou op en werp jou in die see -- sal dit gebeur.

22 En alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang as julle glo.

23 En toe Hy in die tempel gegaan het, kom die owerpriesters en die ouderlinge van die volk na Hom terwyl Hy besig was om te leer, en hulle sê: Deur watter gesag doen U hierdie dinge, en wie het U hierdie gesag gegee?

24 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Ek sal julle ook een ding vra, en as julle dit vir My sê, sal Ek julle ook vertel deur watter gesag Ek hierdie dinge doen.

25 Die doop van Johannes, waar was dit vandaan, uit die hemel of uit mense? En hulle het by hulleself geredeneer en gesê: As ons sê: Uit die hemel -- dan sal Hy ons vra: Waarom het julle hom dan nie geglo nie?

26 En as ons sê: Uit mense -- dan moet ons oppas vir die menigte, want almal hou Johannes vir 'n profeet.

27 Toe antwoord hulle Jesus en sê: Ons weet nie. Hy sê toe ook vir hulle: Dan vertel Ek julle ook nie deur watter gesag Ek hierdie dinge doen nie.

28 Maar wat dink julle? 'n Man het twee kinders gehad, en hy gaan na die eerste en sê: Kind, gaan werk vandag in my wingerd.

29 En hy antwoord en sê: Ek wil nie; maar later het hy berou gekry en gegaan.

30 Toe het hy na die tweede gegaan en vir hom net so gesê; en hy antwoord en sê: Ja, heer. En hy het nie gegaan nie.

31 Wie van die twee het die wil van die vader gedoen? Hulle antwoord Hom: Die eerste. Jesus sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, die tollenaars en die hoere gaan julle voor in die koninkryk van God.

32 Want Johannes het na julle gekom in die weg van geregtigheid, en julle het hom nie geglo nie; maar die tollenaars en die hoere het hom geglo. En julle het dit gesien en tog nie later berou gekry om hom te glo nie.

33 Luister na 'n ander gelykenis: Daar was 'n sekere huisheer wat 'n wingerd geplant het; en hy het 'n heining daarom gesit en 'n parskuip daarin gegrawe en 'n wagtoring gebou, en hy het dit aan landbouers verhuur en op reis gegaan.

34 En toe die vrugtetyd nader kom, stuur hy sy diensknegte na die landbouers om sy vrugte te ontvang.

35 Maar die landbouers het sy diensknegte geneem en een geslaan en 'n ander een doodgemaak en 'n ander een gestenig.

36 Weer het hy ander diensknegte gestuur, meer as die eerstes, en hulle het met die net so gemaak.

37 Oplaas het hy sy seun na hulle gestuur en gesê: Hulle sal my seun ontsien.

38 Maar toe die landbouers die seun sien, het hulle onder mekaar gesê: Dit is die erfgenaam; kom laat ons hom doodmaak en sy erfdeel in besit neem.

39 En hulle het hom geneem en buitekant die wingerd uitgewerp en doodgemaak.

40 Wanneer die eienaar van die wingerd dan kom, wat sal hy met daardie landbouers doen?

41 Hulle antwoord Hom: Die slegte mense -- hy sal hulle 'n slegte dood laat sterwe en die wingerd verhuur aan ander landbouers wat hom die vrugte op die regte tyd sal gee.

42 Jesus sê vir hulle: Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het 'n hoeksteen geword. Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oë?

43 Daarom sê Ek vir julle: Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan 'n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra.

44 En hy wat op hierdie steen val, sal verpletter word; maar elkeen op wie hy val, die sal hy vermorsel.

45 En toe die owerpriesters en die Fariseërs sy gelykenisse hoor, het hulle begryp dat Hy van hulle spreek.

46 En hulle het probeer om Hom in hulle mag te kry, maar hulle was bang vir die skare, omdat die Hom vir 'n profeet gehou het.

1 耶稣和门徒走近耶路撒冷, 来到橄榄山的伯法其那里。耶稣派了两个门徒,

2 对他们说: "你们往对面的村子里去, 立刻就会看见一头驴拴在那里, 还有小驴跟它在一起。把它们解开, 牵来给我。

3 如果有人问你们, 就要说: ‘主需要它们。’他会立刻让你们牵走。"

4 这件事应验了先知所说的:

5 "要对锡安的居民("居民"原文作"女子")说: ‘看哪, 你的王来到你这里了; 他是温柔的, 他骑着驴, 骑的是小驴。’"

6 门徒照着耶稣的吩咐去作。

7 牵了驴和小驴来, 把衣服搭在它们上面, 耶稣就骑上。

8 有一大群人把自己的衣服铺在路上, 也有人从树上把树枝砍下来, 铺在路上。

9 前呼后拥的群众喊叫着: "‘和散那’归于大卫的子孙, 奉主名来的是应当称颂的, 高天之上当唱‘和散那’。"

10 耶稣进了耶路撒冷, 全城都震动起来, 他们问: "这人是谁?"

11 大家都说: "这就是那先知耶稣, 是从加利利的拿撒勒来的。"

12 耶稣进了圣殿, 把殿里所有作买卖的人赶走, 并推倒找换银钱的人的桌子, 和卖鸽子的人的凳子;

13 又对他们说: "经上记着: ‘我的殿要称为祷告的殿。’你们竟把它弄成贼窝了。"

14 殿里的瞎子和瘸腿的都走过来, 耶稣就医好他们。

15 祭司长和经学家看见耶稣所行的奇事, 又看见小孩子在殿中喊叫"‘和散那’归于大卫的子孙", 就很忿怒,

16 对耶稣说: "你听见他们说什么吗?"耶稣说: "我听见了。’你从小孩和婴儿的口中, 得着了赞美。’这话你们没有念过吗?"

17 于是离开他们, 出了城, 来到伯大尼, 在那里过了一夜。

18 耶稣清早回城的时候, 觉得饿了。

19 他看见路旁有一棵无花果树, 就走过去; 但他在树上什么也找不到, 只有叶子, 就对树说: "你永远不再结果子了。"那棵树就立刻枯萎。

20 门徒看见了, 十分惊奇, 说: "这棵无花果树是怎样立刻枯萎的呢?"

21 耶稣回答他们: "我实在告诉你们, 如果你们有信心, 不怀疑, 不但能作我对无花果树所作的, 就是对这座山说‘移开, 投到海里去’, 也必成就。

22 你们祷告, 无论求什么, 只要相信, 都必得着。"

23 耶稣进了圣殿, 正在教导人的时候, 祭司长和民间的长老前来问他: "你凭什么权柄作这些事?谁给你这权柄?"

24 耶稣回答他们: "我也要问你们一句话, 如果你们告诉我, 我就告诉你们我凭什么权柄作这些事。

25 约翰的洗礼是从哪里来的呢?是从天上来的, 还是从人来的呢?"他们就彼此议论: "如果我们说‘是从天上来的’, 他会问我们’那你们为什么不信他呢?’

26 如果我们说‘是从人来的’, 我们又怕群众, 因为他们都认为约翰是先知。"

27 于是回答耶稣: "我们不知道。"耶稣也对他们说: "我也不告诉你们, 我凭什么权柄作这些事。

28 "你们认为怎样?有一个人, 他有两个儿子。他去对大儿子说: ‘孩子, 你今天到葡萄园去工作吧。’

29 他说: ‘我不想去。’但后来他改变主意, 就去了。

30 父亲又照样去吩咐小儿子。小儿子说: ‘父亲, 我会去的。’后来却没有去。

31 这两个儿子, 哪一个听父亲的话呢?"他们说: "大儿子。"耶稣对他们说: "我实在告诉你们: 税吏和娼妓比你们先进 神的国。

32 约翰来到你们那里, 指示你们行义路(或译: "约翰在义路中, 来到你们这里"), 你们不信他; 税吏和娼妓却信了他。你们看见了之后, 还是没有改变心意去信他。

33 "你们再听一个比喻: 有一个家主, 栽种了一个葡萄园, 四面围上篱笆, 在园子里挖了一个压酒池, 盖了一座瞭望台, 然后把园子租给佃户, 就远行去了。

34 到了收成的时候, 园主派了仆人到佃户那里, 收取应该纳给他的果子。

35 佃户却抓住他的仆人, 打伤一个, 杀了一个, 又用石头打死一个。

36 于是园主再派其他的仆人去, 人数比前一次更多, 但佃户也是同样对付他们。

37 最后, 他派了自己的儿子去, 说: ‘他们必尊敬我的儿子。’

38 佃户看见他的儿子, 就彼此说: ‘这是继承产业的; 来, 我们杀了他, 占有他的产业吧! ’

39 于是他们抓住他, 把他推出葡萄园外杀了。

40 那么, 葡萄园的主人来到的时候, 会怎样对待那些佃户呢?"

41 他们回答: "他会毫不留情地除掉那些恶人, 把葡萄园租给按时缴纳果子的佃户。"

42 耶稣对他们说: "经上记着: ‘建筑工人所弃的石头, 成了房角的主要石头; 这是主所作的, 在我们眼中看为希奇。’这话你们没有念过吗?

43 因此我告诉你们, 神的国要从你们那里取去, 赐给那结果子的外族人。

44 谁跌在这石头上, 就必摔碎; 这石头掉在谁的身上, 就必把他压得粉碎。"

45 祭司长和法利赛人听了耶稣这些比喻, 知道是指着他们说的。

46 他们想要逮捕他, 但又怕群众, 因为他们都认为耶稣是先知。