1 En Jesus het weer deur gelykenisse met hulle begin spreek en gesê:

2 Die koninkryk van die hemele is soos 'n koning wat 'n bruilof vir sy seun berei het

3 en sy diensknegte uitgestuur het om die genooides na die bruilof te roep, en hulle wou nie kom nie.

4 Weer het hy ander diensknegte uitgestuur met die boodskap: Sê vir die genooides: Kyk, my maaltyd het ek berei, my beeste en vetgemaakte vee is geslag en alles is gereed. Kom na die bruilof.

5 Maar hulle het hul daaraan nie gesteur nie en weggegaan, een na sy eie stuk land en 'n ander na sy handelsaak.

6 En die origes het sy diensknegte gegryp en mishandel en doodgemaak.

7 Toe die koning dit hoor, het hy kwaad geword en sy manskappe gestuur en daardie moordenaars omgebring en hulle stad aan die brand gesteek.

8 Daarop sê hy vir sy diensknegte: Die bruilof is wel gereed, maar die genooides was dit nie werd nie.

9 Gaan dan op die kruispaaie en nooi almal wat julle mag vind, na die bruilof.

10 En daardie diensknegte het uitgegaan op die paaie en almal versamel wat hulle gevind het, slegtes sowel as goeies, en die bruilofsaal het vol gaste geword.

11 En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie 'n bruilofskleed aan het nie.

12 En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder 'n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie.

13 Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande.

14 Want baie is geroep, maar min uitverkies.

15 Toe gaan die Fariseërs saam raad hou hoe om Hom in sy woord te verstrik.

16 En hulle stuur hul dissipels saam met die Herodiane na Hom en sê: Meester, ons weet dat U waaragtig is en die weg van God in waarheid leer en U aan niemand steur nie, want U sien nie die persoon van mense aan nie --

17 sê dan vir ons, wat dink U: Is dit geoorloof om aan die keiser belasting te betaal of nie?

18 Maar Jesus het hulle boosheid bemerk en gesê:

19 Geveinsdes, waarom versoek julle My? Wys My die belastingmunt. En hulle het vir Hom 'n penning gebring.

20 En Hy sê vir hulle: Wie se beeld en opskrif is dit?

21 Hulle antwoord Hom: Die keiser s'n. Daarop sê Hy vir hulle: Betaal dan aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom.

22 En toe hulle dit hoor, was hulle verwonderd en het Hom verlaat en weggegaan.

23 Dieselfde dag kom daar na Hom Sadduseërs, hulle wat sê dat daar geen opstanding is nie, en vra Hom

24 en sê: Meester, Moses het gesê: As iemand sonder kinders sterwe, moet sy broer sy vrou trou en kinders vir sy broer verwek.

25 Nou was daar by ons sewe broers, en die eerste het getrou en gesterwe; en omdat hy geen kinders gehad het nie, het hy sy vrou vir sy broer agtergelaat.

26 So ook die tweede en die derde tot die sewende toe.

27 En laaste van almal het die vrou ook gesterwe.

28 In die opstanding dan, van watter een van die sewe sal sy die vrou wees -- want hulle almal het haar gehad?

29 Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie.

30 Want in die opstanding trou hulle nie en word ook nie in die huwelik uitgegee nie, maar is soos engele van God in die hemel.

31 En wat die opstanding van die dode betref -- het julle nie die woord gelees wat tot julle deur God gespreek is nie:

32 Ek is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob? God is nie 'n God van dooies nie, maar van lewendes.

33 En toe die skare dit hoor, was hulle verslae oor sy leer.

34 En toe die Fariseërs hoor dat Hy die Sadduseërs die mond gestop het, het hulle almal saam vergader.

35 En een van hulle, 'n wetgeleerde, het 'n vraag gestel om Hom te versoek en gesê:

36 Meester, wat is die groot gebod in die wet?

37 En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

38 Dit is die eerste en groot gebod.

39 En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

40 Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.

41 En toe die Fariseërs saamgekom het, vra Jesus hulle

42 en sê: Wat dink julle van die Christus? Wie se seun is Hy? Hulle antwoord Hom: Dawid s'n.

43 Hy sê vir hulle: Hoe is dit dan dat Dawid Hom in die Gees Here noem as hy sê:

44 Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het 'n voetbank van u voete?

45 As Dawid Hom dan Here noem, hoe is Hy sy seun?

46 En niemand kon Hom 'n woord antwoord nie; ook het geeneen van daardie dag af dit meer gewaag om Hom vrae te stel nie.

1 耶稣又用比喻对他们说:

2 "天国好像一个王, 为儿子摆设婚筵。

3 他派仆人去叫被邀请的人来参加婚筵。但他们不肯来。

4 他再派另一些仆人去, 说: ‘你们告诉被邀请的人, 我已经预备好了筵席, 公牛和肥畜已经宰了, 一切都预备妥当。来参加婚筵吧! ’

5 但那些人却不理会就走了; 有的去耕田, 有的去作买卖,

6 其余的抓住王的仆人, 凌辱他们, 并且把他们杀了。

7 王就发怒, 派兵消灭那些凶手, 焚毁他们的城。

8 然后对仆人说: ‘婚筵已经预备好了, 只是被邀请的人不配。

9 所以你们要到大路口, 凡遇见的, 都请来参加婚筵。’

10 "那些仆人就走到街上, 把所有遇见的, 不论好人坏人, 都招聚了来, 婚筵上就坐满了人。

11 王进来与赴筵的人见面, 看见有一个人没有穿着婚筵的礼服,

12 就对他说: ‘朋友, 你没有婚筵的礼服, 怎能进到这里来呢?’他就无话可说。

13 于是王对侍从说: ‘把他的手和脚都绑起来, 丢到外面的黑暗里, 在那里必要哀哭切齿。’

14 因为被召的人多, 选上的人少。"

15 法利赛人就去商量, 怎样找耶稣的话柄来陷害他。

16 他们派了自己的门徒和希律党的人一同去问耶稣: "老师, 我们知道你为人诚实, 照着真理把 神的道教导人, 不顾忌任何人, 因为你不徇情面。

17 请把你的意见告诉我们, 纳税给凯撒, 可不可以呢?"

18 耶稣看出他们的恶意, 就说: "虚伪的人, 为什么试探我呢?

19 拿纳税的钱币给我看看。"他们就拿了一个银币给他。

20 耶稣问他们: "这是谁的像, 谁的名号?"

21 他们回答: "凯撒的。"他就对他们说: "凯撒的应当归给凯撒, 神的应当归给 神。"

22 他们听了, 十分惊奇, 就离开他走了。

23 撒都该人向来认为没有复活的事。那一天, 他们前来问耶稣:

24 "老师, 摩西说: ‘如果一个人死了, 没有儿女, 他的弟弟应该娶他的妻子, 为哥哥立后。’

25 从前我们这里有兄弟七人, 头一个结了婚, 没有孩子就死了, 留下妻子给他的弟弟。

26 第二个、第三个直到第七个都是这样。

27 最后, 那女人也死了。

28 那么, 复活的时候, 她是这七个人中哪一个的妻子呢?因为他们都娶过她。"

29 耶稣回答他们: "你们错了, 因为你们不明白圣经, 也不晓得 神的能力。

30 复活的时候, 人们也不娶也不嫁, 而是像天上的使者一样。

31 关于死人复活的事, 神对你们讲过: ‘我是亚伯拉罕的 神, 以撒的 神, 雅各的 神’, 你们没有念过吗? 神不是死人的 神, 而是活人的 神。"

33 群众听了他的教训, 就十分诧异。

34 法利赛人听见耶稣使撒都该人无话可说, 就聚集在一起。

35 他们中间有一个律法家, 试探耶稣说:

36 "老师, 律法中哪一条诫命是最重要的呢?"

37 他回答: "你要全心、全性、全意爱主你的 神。

38 这是最重要的第一条诫命。

39 第二条也和它相似, 就是要爱人如己。

40 全部律法和先知书, 都以这两条诫命作为根据。"

41 法利赛人聚在一起的时候, 耶稣问他们:

42 "你们对基督的看法怎样?他是谁的子孙呢?"他们回答: "大卫的子孙。"

43 耶稣就说: "那么大卫被圣灵感动, 怎么会称他为主呢?他说:

44 ‘主对我的主说: 你坐在我的右边, 等我把你的仇敌放在你的脚下。’

45 "大卫既然称他为主, 他怎么又是大卫的子孙呢?"

46 没有人能够回答他。从那天起, 也没有人敢再问他。