1 Pas op dat julle nie jul liefdadigheid voor die mense bewys om deur hulle gesien te word nie; anders het julle geen loon by julle Vader wat in die hemele is nie.

2 Wanneer jy dan liefdadigheid bewys, moenie 'n trompet voor jou blaas soos die geveinsdes in die sinagoges en op die strate doen, dat hulle deur die mense geëer kan word nie. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon weg.

3 Maar jy, as jy liefdadigheid bewys, laat jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie,

4 sodat jou liefdadigheid in die verborgene kan wees; en jou Vader wat in die verborgene sien, Hy sal jou in die openbaar vergelde.

5 En wanneer jy bid, moet jy nie wees soos die geveinsdes nie; want hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die hoeke van die strate te staan en bid, om deur die mense gesien te word. Voorwaar Ek sê vir julle dat hulle hul loon weg het.

6 Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.

7 En as julle bid, gebruik nie 'n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word.

8 Moet dan nie soos hulle word nie, want jul Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra.

9 So moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word;

10 laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;

11 gee ons vandag ons daaglikse brood;

12 en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;

13 en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

14 Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.

15 Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.

16 En wanneer julle vas, moenie lang gesigte trek soos die geveinsdes nie; want hulle mismaak hul gesigte, sodat dit deur die mense gesien kan word dat hulle vas. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon weg.

17 Maar jy, as jy vas, salf jou hoof en was jou gesig,

18 sodat jy nie die mense laat sien dat jy vas nie, maar jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.

19 Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie;

20 maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie;

21 want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.

22 Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees.

23 Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees. As dan die lig in jou donkerheid is, hoe groot is die donkerheid nie!

24 Niemand kan twee here dien nie; want of hy sal die een haat en die ander liefhê, of hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God ,'n Mammon dien nie!

25 Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe -- wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam -- wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie?

26 Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?

27 Wie tog onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg?

28 En wat kwel julle jul oor klere? Let op die lelies van die veld, hoe hulle groei; hulle arbei nie en hulle spin nie;

29 en Ek sê vir julle dat selfs Salomo in al sy heerlikheid nie bekleed was soos een van hulle nie.

30 As God dan die gras van die veld, wat vandag daar is en môre in 'n oond gegooi word, so beklee, hoeveel te meer vir julle, kleingelowiges?

31 Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie?

32 Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het.

33 Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.

34 Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad.

1 "你们小心, 不要在众人面前行你们的义, 让他们看见; 如果这样, 就得不到你们天父的赏赐。

2 因此你施舍的时候, 不可到处张扬, 好像伪君子在会堂和街上所作的一样, 以博取众人的称赞。我实在告诉你们, 他们已经得了他们的赏赐。

3 你施舍的时候, 不要让左手知道右手所作的,

4 好使你的施舍是在隐密中行的。你父在隐密中察看, 必定报答你。

5 "你们祈祷的时候, 不可像伪君子; 他们喜欢在会堂和路口站着祈祷, 好让人看见。我实在告诉你们, 他们已经得了他们的赏赐。

6 但你祈祷的时候, 要进到密室里去, 关上门, 向在隐密中的父祈祷。你父在隐密中察看, 必定报答你。

7 你们祈祷的时候, 不可重复无意义的话, 像教外人一样, 他们以为话多了就蒙垂听。

8 你们不可像他们, 因为在你们祈求以先, 你们的父已经知道你们的需要了。

9 所以你们要这样祈祷: ‘我们在天上的父, 愿你的名被尊为圣,

10 愿你的国降临, 愿你的旨意成就在地上, 如同在天上一样。

11 我们每天所需的食物, 求你今天赐给我们;

12 赦免我们的罪, 好像我们饶恕了得罪我们的人;

13 不要让我们陷入试探, 救我们脱离那恶者。’(有些后期抄本在此有"因为国度、权柄、荣耀, 全是你的, 直到永远。阿们"一句)

14 如果你们饶恕别人的过犯, 你们的天父也必饶恕你们。

15 如果你们不饶恕别人, 你们的父也必不饶恕你们的过犯。

16 "你们禁食的时候, 不可像伪君子那样愁眉苦脸, 他们装成难看的样子, 叫人看出他们在禁食。我实在告诉你们, 他们已经得了他们的赏赐。

17 可是你禁食的时候, 要梳头洗脸,

18 不要叫人看出你在禁食, 只让在隐密中的父看见。你父在隐密中察看, 必定报答你。

19 "不可为自己在地上积聚财宝, 因为地上有虫蛀, 有锈侵蚀, 也有贼挖洞来偷。

20 要为自己积聚财宝在天上, 那里没有虫蛀锈蚀, 也没有贼挖洞来偷。

21 你的财宝在哪里, 你的心也在哪里。

22 "眼睛就是身体的灯。如果你的眼睛健全, 全身就都明亮;

23 如果你的眼睛有毛病, 全身就都黑暗。如果你里面的光变成黑暗, 这是多么的黑暗!

24 "一个人不能服事两个主人; 他若不是恨这个爱那个, 就是忠于这个轻视那个。你们不能服事 神, 又服事金钱。

25 所以我告诉你们, 不要为生命忧虑吃什么喝什么, 也不要为身体忧虑穿什么。难道生命不比食物重要吗?身体不比衣服重要吗?

26 你们看天空的飞鸟: 它们不撒种, 不收割, 也不收进仓里, 你们的天父尚且养活它们; 难道你们不比它们更宝贵吗?

27 你们中间谁能用忧虑使自己的寿命延长一刻呢?

28 何必为衣服忧虑呢?试想田野的百合花怎样生长, 它们不劳苦, 也不纺织。

29 但我告诉你们, 就是所罗门最威荣的时候所穿的, 也比不上这花中的一朵。

30 田野的草, 今天还在, 明天就投进炉里, 神尚且这样妆扮它们; 小信的人哪, 何况你们呢?

31 所以不要忧虑, 说: ‘我们该吃什么?喝什么?穿什么?’

32 这些都是教外人所寻求的, 你们的天父原知道你们需要这一切。

33 你们要先求他的国和他的义, 这一切都必加给你们。

34 所以不要为明天忧虑, 因为明天自有明天的忧虑, 一天的难处一天当就够了。"