1 En Jesus het uitgegaan en van die tempel vertrek, en sy dissipels het nader gekom om Hom die geboue van die tempel te wys.
2 En Jesus sê vir hulle: Sien julle al hierdie dinge? Voorwaar Ek sê vir julle, daar sal hier sekerlik nie een klip op die ander gelaat word, wat nie afgebreek sal word nie.
3 En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?
4 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie.
5 Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei.
6 En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie.
7 Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke.
8 Maar al hierdie dinge is 'n begin van die smarte.
9 Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam.
10 En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat.
11 En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei.
12 En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel.
13 Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.
14 En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot 'n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.
15 Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom -- laat hy wat lees, oplet --
16 dan moet die wat in Judiais, na die berge vlug;
17 wie op die dak is, moet nie afkom om iets uit sy huis weg te neem nie;
18 en wie op die land is, moet nie omdraai om sy klere weg te neem nie.
19 Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog, in daardie dae.
20 En bid dat julle vlug nie in die winter of op die sabbat mag plaasvind nie.
21 Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie.
22 En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word.
23 As iemand d n vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Daar! -- moet dit nie glo nie.
24 Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.
25 Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê.
26 As hulle dan vir julle sê: Kyk, Hy is in die woestyn -- moenie uitgaan nie; kyk, Hy is in die binnekamer -- moet dit nie glo nie.
27 Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.
28 Want oral waar die dooie liggaam lê, daar sal die aasvoëls saamkom.
29 En dadelik n die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word.
30 En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.
31 En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.
32 En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is.
33 So weet julle ook, wanneer julle l hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor die deur.
34 Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.
35 Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.
36 Maar van die dag en die uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele nie, maar net my Vader alleen.
37 En net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.
38 Want net soos hulle was in die dae voor die sondvloed toe hulle geëet en gedrink het, getrou en in die huwelik uitgegee het, tot op die dag dat Noag in die ark gegaan het,
39 en dit nie verstaan het voordat die sondvloed gekom en almal weggevoer het nie, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.
40 Dan sal daar twee op die land wees; die een word aangeneem en die ander word verlaat.
41 Twee vroue sal by die meul maal; die een word aangeneem en die ander word verlaat.
42 Waak dan, omdat julle nie weet watter uur julle Here kom nie.
43 Maar weet dit: as die huisheer geweet het in watter nagwaak die dief sou kom, sou hy gewaak en nie toegelaat het dat in sy huis ingebreek word nie.
44 Daarom moet julle ook gereed wees, want die Seun van die mens kom op 'n uur dat julle dit nie verwag nie.
45 Wie is dan die getroue en verstandige dienskneg vir wie sy heer oor sy diensvolk aangestel het om hulle hul voedsel op tyd te gee?
46 Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, op hierdie manier besig sal vind.
47 Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel.
48 Maar as daardie slegte dienskneg in sy hart sê: My heer talm om te kom --
49 en hy sy medediensknegte begin slaan en saam met die dronkaards begin eet en drink,
50 dan sal die heer van die dienskneg kom op 'n dag dat hy dit nie verwag nie en op 'n uur dat hy dit nie weet nie;
51 en sal hom pynig en hom 'n deelgenoot van die geveinsdes maak. Daar sal geween wees en gekners van die tande.
1 耶稣出了圣殿, 往前走的时候, 门徒前来把圣殿的建筑指给他看。
2 他对门徒说: "你们不是看见了这一切吗?我实在告诉你们, 将来在这里必没有一块石头留在另一块石头上面, 每一块都要拆下来。"
3 耶稣坐在橄榄山上, 门徒暗中前来问他: "请告诉我们, 什么时候会有这些事呢?你的降临和这世代的终结, 有什么预兆呢?"
4 耶稣回答他们: "你们要小心, 不要被人迷惑;
5 因为许多人要假冒我的名而来, 说: ‘我就是基督’, 并且要迷惑许多的人。
6 你们要听见战争, 也听见战争的风声; 你们要小心, 不要惊慌, 因为这是免不了的, 不过结局还没有到。
7 一个民族要起来攻打另一个民族, 一个国家要起来攻打另一个国家, 到处都有饥荒和地震,
8 这一切不过是痛苦的开始。
9 那时人要把你们送去受苦, 也要杀害你们, 你们要因我的名被万民恨恶。
10 那时许多人会失去信仰, 彼此出卖, 互相恨恶;
11 也有许多假先知出现, 要迷惑许多人。
12 因为不法的事增加, 许多人的爱心就冷淡了。
13 唯有坚忍到底的, 必然得救。
14 这天国的福音要传遍天下, 向万民作见证, 然后结局才来到。
15 "当你们看见但以理先知所说的‘那造成荒凉的可憎者’, 站在圣地的时候(读者必须领悟),
16 那时, 住在犹太的应当逃到山上;
17 在房顶的不要下来拿家里的东西;
18 在田里的也不要回去取衣服。
19 当那些日子, 怀孕的和乳养孩子的有祸了!
20 你们应当祈求, 叫你们逃难的时候, 不是在冬天或安息日,
21 因为那时必有大灾难, 这是从世界的开始到现在未曾有过的, 以后也必不会再有。
22 如果那些日子不减少, 没有一个人可以存活; 但是为了选民, 那些日子必会减少。
23 那时, 如果有人对你们说: ‘看哪, 基督在这里! ’或说: ‘他在那里! ’你们不要信,
24 因为必有假基督和假先知出现, 显大神迹和奇事; 如果可以的话, 他们连选民也要迷惑。
25 你们看! 我已经事先告诉你们了。
26 如果他们对你们说: ‘看! 基督在旷野里。’你们不要出去; 或说: ‘看! 他在房子里。’也不要相信。
27 电光怎样从东方闪出来, 一直照到西方, 人子降临的时候, 也是这样。
28 尸首在哪里, 鹰也必聚在哪里。
29 "那些日子的灾难刚过去: 太阳就变黑了, 月亮也不发光, 众星从天坠落, 天上的万象震动。
30 "那时, 人子的征兆要显在天上, 地上的万族都要哀号, 并且看见人子带着能力, 满有荣耀, 驾着天上的云降临。
31 当号筒发出响声, 他要差派使者, 把他的选民从四方, 从天这边到天那边都招聚来。
32 "你们应该从无花果树学个功课: 树枝长出嫩芽生出叶子的时候, 你们就知道夏天近了;
33 同样, 当你们看见这一切, 就知道人子已经近在门口了。
34 我实在告诉你们, 这一切都必要发生, 然后这世代才会过去。
35 天地都要过去, 但我的话决不会废去。
36 "至于那日子和时间, 没有人知道, 连天上的使者和子也不知道, 只有父知道。
37 挪亚的时代怎样, 人子降临的时候也是这样。
38 洪水之前的时代, 人们吃喝嫁娶, 直到挪亚进入方舟的那一天;
39 等到洪水来到, 把他们冲去, 他们才明白过来; 人子降临的时候也是这样。
40 那时, 两个人在田里工作, 一个被接去, 一个撇下来;
41 两个女人在磨坊推磨, 一个被接去, 一个撇下来。
42 因此, 你们要警醒, 因为不知道你们的主什么时候要来。
43 你们都知道, 家主若晓得窃贼晚上什么时候会来, 就会提高警觉, 不让他摸进屋里。
44 所以, 你们也要准备妥当, 因为在想不到的时候, 人子就来了。
45 "谁是忠心和精明的仆人, 被主人指派管理全家, 按时分派粮食的呢?
46 主人来到, 看见他这样作, 那仆人就有福了。
47 我实在告诉你们, 主人要指派他管理自己的一切财产。
48 如果他是个坏的仆人, 心里说‘我的主人不会那么快回来’,
49 就动手打其他的仆人, 又和醉酒的人吃喝。
50 在他想不到的日子, 不知道的时间, 那仆人的主人要来,
51 严厉地处罚他, 使他和虚伪的人同在一起; 在那里必要哀哭切齿。"