1 En laat n die sabbat toe dit begin lig word, teen die eerste dag van die week, kom Maria Magdal,na en die ander Maria om na die graf te gaan kyk.
2 En daar kom 'n groot aardbewing, want 'n engel van die Here het uit die hemel neergedaal en gekom en die steen van die opening weggerol en daarop gaan sit.
3 En sy gedaante was soos weerlig en sy kleding wit soos sneeu.
4 En uit vrees vir hom het die wagte gebewe en soos dooies geword.
5 Maar die engel antwoord en sê vir die vroue: Moenie vrees nie, want ek weet julle soek Jesus wat gekruisig is.
6 Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan soos Hy gesê het. Kom kyk na die plek waar die Here gelê het;
7 en gaan haastig, sê vir sy dissipels: Hy het opgestaan uit die dode en gaan voor julle uit na Galil,a. Daar sal julle Hom sien. Kyk, ek het julle dit gesê.
8 En hulle het haastig weggegaan van die graf met vrees en groot blydskap, en gehardloop om dit aan sy dissipels te vertel.
9 En terwyl hulle op weg was om dit aan sy dissipels te vertel, kom Jesus hulle meteens teë en sê: Wees gegroet! Toe kom hulle nader en gryp sy voete en aanbid Hom.
10 En Jesus sê vir hulle: Moenie vrees nie. Gaan heen en vertel my broeders dat hulle na Galil,a moet gaan; en daar sal hulle My sien.
11 En terwyl hulle op weg was, kom daar sommige van die wag in die stad en vertel die owerpriesters alles wat gebeur het.
12 En nadat hulle saam met die ouderlinge vergader en raad gehou het, het hulle die soldate baie geld gegee
13 en gesê: Julle moet sê: Sy dissipels het in die nag gekom en Hom gesteel terwyl ons aan die slaap was.
14 En as dit by die goewerneur gehoor word, sal ons hom tevrede stel en maak dat julle sonder sorg is.
15 Hulle het toe die geld geneem en gedoen soos hulle geleer was. En hierdie verhaal is versprei onder die Jode, tot vandag toe.
16 En die elf dissipels het na Galil,a gegaan, na die berg waar Jesus hulle bestel het.
17 En toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid; maar sommige het getwyfel.
18 En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.
19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
20 En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.
1 过了安息日, 在礼拜日天亮的时候, 抹大拉的马利亚和另一个马利亚来看坟墓。
2 忽然, 地震得很厉害; 主的使者从天上下来, 把石头辊开, 坐在上面。
3 他的样子好像闪电, 衣服洁白如雪。
4 看守的人因为害怕他, 就浑身战抖, 好像死了一样。
5 那使者对妇女们说: "你们不要怕, 我知道你们在找被钉十字架的耶稣。
6 他不在这里, 已经照他所说的复活了。你们来看安放他的地方吧。
7 快去告诉他的门徒: ‘他已经从死人中复活了。他会比你们先到加利利去, 你们在那里必看见他。’现在我已经告诉你们了。"
8 她们立刻离开坟墓, 又害怕, 又十分欢喜, 跑去告诉耶稣的门徒。
9 忽然, 耶稣向她们迎面而来, 说: "你们好。"她们就上前, 抱住他的脚拜他。
10 耶稣对她们说: "不要怕, 去告诉我的弟兄, 叫他们到加利利去, 他们在那里必看见我。"
11 她们去的时候, 有些卫兵进了城, 把一切所发生的事向祭司长报告。
12 祭司长就和长老聚集在一起商量, 然后拿许多钱给士兵,
13 说: "你们要这样说: ‘他的门徒晚上来了, 趁我们睡着的时候, 把他偷走了。’
14 如果总督知道了这件事, 我们会说服他, 不会牵连你们。"
15 士兵收了钱, 就照着祭司长和长老的指使去作。这种说法直到今日还流传在犹太人当中。
16 十一个门徒往加利利去, 到了耶稣指定的山上。
17 他们看见耶稣就拜他, 但仍然有些人怀疑。
18 耶稣上前来, 对他们说: "天上地上一切权柄都赐给我了。
19 所以, 你们要去使万民作我的门徒, 奉父子圣灵的名, 给他们施洗("奉父子圣灵的名, 给他们施洗"或译: "给他们施洗, 归入父子圣灵的名"),
20 我吩咐你们的一切, 都要教导他们遵守。这样, 我就常常与你们同在, 直到这世代的终结。"