1 Want die koninkryk van die hemele is soos 'n huisheer wat vroeg in die môre uitgegaan het om arbeiders vir sy wingerd te huur.

2 En nadat hy met die arbeiders ooreengekom het vir 'n penning op 'n dag, stuur hy hulle in sy wingerd.

3 En omtrent die derde uur gaan hy uit en sien ander ledig op die mark staan.

4 En hy sê vir hulle: Gaan julle ook in die wingerd, en wat reg is, sal ek aan julle gee. En hulle het gegaan.

5 Weer het hy omtrent die sesde en die negende uur uitgegaan en net dieselfde gedoen.

6 En omtrent die elfde uur gaan hy uit en vind ander ledig staan en sê vir hulle: Wat staan julle hier die hele dag ledig?

7 Hulle antwoord hom: Omdat niemand ons gehuur het nie. Hy sê vir hulle: Gaan julle ook in die wingerd, en wat reg is, sal julle ontvang.

8 En toe dit aand geword het, sê die heer van die wingerd vir sy opsigter: Roep die arbeiders en betaal hulle hul loon; en begin van die laastes af tot by die eerstes.

9 En die wat omtrent die elfde uur begin het, het gekom en elkeen 'n penning ontvang.

10 Die eerstes kom toe en dink dat hulle meer sal ontvang, en hulle het ook elkeen 'n penning ontvang.

11 En toe hulle dit ontvang, murmureer hulle by die huisheer

12 en sê: Hierdie laastes het een uur gewerk, en u het hulle gelykop behandel met ons wat die las van die dag en die hitte gedra het.

13 Maar hy antwoord en sê vir een van hulle: Vriend, ek doen jou geen onreg aan nie. Het jy nie met my ooreengekom vir 'n penning nie?

14 Neem dan wat joue is, en gaan heen. Ek wil aan hierdie laaste een gee net soos aan jou.

15 Of staan dit my nie vry om met my eie goed te maak wat ek wil nie? Of is jou oog verkeerd, omdat ek goed is?

16 So sal die wat laaste is, eerste wees, en die wat eerste is, laaste; want baie is geroep, maar min uitverkies.

17 En toe Jesus opgaan na Jerusalem, het Hy die twaalf dissipels op die pad alleen geneem en vir hulle gesê:

18 Kyk, ons gaan op na Jerusalem, en die Seun van die mens sal oorgelewer word aan die owerpriesters en skrifgeleerdes; en hulle sal Hom tot die dood veroordeel

19 en Hom oorlewer aan die heidene om Hom te bespot en te g,sel en te kruisig; en op die derde dag sal Hy opstaan.

20 Toe kom die moeder van die seuns van Sebed,s met haar seuns na Hom en buig voor Hom neer om iets van Hom te vra.

21 En Hy sê vir haar: Wat wil jy hê? Sy antwoord Hom: Sê dat hierdie twee seuns van my in u koninkryk mag sit, een aan u regter-- en een aan u linkerhand.

22 Maar Jesus antwoord en sê: Julle weet nie wat julle vra nie. Kan julle die beker drink wat Ek aanstons gaan drink, en gedoop word met die doop waarmee Ek gedoop word? Hulle sê vir Hom: Ons kan.

23 En Hy sê vir hulle: Dis waar, my beker sal julle drink en met die doop waarmee Ek gedoop word, sal julle gedoop word; maar om te sit aan my regter-- en aan my linkerhand berus nie by My om te gee nie, maar is vir hulle vir wie dit deur my Vader berei is.

24 En toe die tien dit hoor, was hulle verontwaardig oor die twee broers.

25 Maar Jesus het hulle na Hom geroep en gesê: Julle weet dat die owerstes van die nasies oor hulle heers en die groot manne oor hulle gesag uitoefen;

26 maar so moet dit onder julle nie wees nie; maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees.

27 En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet julle dienskneg wees;

28 net soos die Seun van die mens nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as 'n losprys vir baie.

29 En toe hulle uit J,rigo uitgaan, het 'n groot menigte Hom gevolg.

30 En daar het twee blindes langs die pad gesit; en toe hulle hoor dat Jesus verbygaan, roep hulle uit en sê: Wees ons barmhartig, Here, Seun van Dawid!

31 En die skare het hulle bestraf, dat hulle moes stilbly; maar hulle het al harder geroep en gesê: Wees ons barmhartig, Here, Seun van Dawid!

32 Toe gaan Jesus staan en roep hulle en sê: Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen?

33 Hulle antwoord Hom: Here, dat ons oë geopen mag word.

34 En Jesus het innig jammer vir hulle gevoel en hulle oë aangeraak, en dadelik het hulle oë gesien, en hulle het Hom gevolg.

1 "天国好像一个家主, 清早出去雇请工人到他的葡萄园工作。

2 他和工人讲定了一天的工钱是一个银币, 然后派他们到葡萄园去。

3 大约九点钟, 他又出去, 看见还有人闲站在街市上,

4 就对他们说: ‘你们也到葡萄园来吧, 我会给你们合理的工钱。’

5 他们就去了。约在正午和下午三点钟, 他又出去, 也是这样作。

6 下午五点钟左右, 他再出去, 看见还有人站着, 就问他们: ‘你们为什么整天站在这里不去作工?’

7 他们回答: ‘没有人用我们。’他说: ‘你们也到葡萄园来吧。’

8 到了黄昏, 园主对管工说: ‘把工人叫来, 给他们工钱, 从最后的开始, 到最先来的。’

9 那些下午五点钟才开始作工的人来了, 每个人都领到一个银币。

10 最先作工的人也来了, 以为会多得一点, 但每个人也是领到一个银币。

11 他们领到之后, 就埋怨家主, 说:

12 ‘我们整天在烈日之下劳苦, 这些后来的人只工作了一个小时, 你却给他们跟我们一样的工钱。’

13 家主回答他们当中的一个, 说: ‘朋友, 我并没有亏待你。你我不是讲定了一个银币吗?

14 拿你的工钱走吧! 我给那后来的和给你的一样, 是我的主意。

15 难道我不可以照自己的主意用我的财物吗?还是因为我仁慈你就嫉妒呢?’

16 因此, 在后的将要在前, 在前的将要在后。"

17 耶稣上耶路撒冷去的时候, 把十二门徒带到一边, 对他们说:

18 "我们现在上耶路撒冷去, 人子要被交给祭司长和经学家, 他们要定他死罪,

19 把他交给外族人凌辱、鞭打, 并且钉在十字架上。然而第三天他要复活。"

20 那时, 西庇太的儿子的母亲, 带着她的两个儿子前来见耶稣。她跪在耶稣面前求他。

21 耶稣问她: "你想要什么?"她说: "求你下令, 使我这两个儿子在你的国里, 一个坐在你的右边, 一个坐在你的左边。"

22 耶稣回答: "你们不知道你们求的是什么。我将要喝的杯, 你们能喝吗?"他们说: "能。"

23 他对他们说: "我的杯你们固然要喝, 只是坐在我的左右, 不是我可以赐的; 我父预备赐给谁, 就赐给谁。"

24 其他十个门徒听见了, 就向他们兄弟二人生气。

25 耶稣把他们叫过来, 说: "你们知道各国都有元首统治他们, 也有官长管辖他们。

26 但你们中间却不要这样; 谁想在你们中间成为大的, 就要作你们的仆役;

27 谁想在你们中间为首的, 就要作你们的奴仆。

28 正如人子来, 不是要受人的服事, 而是要服事人, 并且要舍命, 作许多人的赎价。"

29 他们从耶利哥出来的时候, 有许多人跟着耶稣。

30 有两个瞎眼的人坐在路旁, 听说耶稣经过, 就喊叫: "主啊, 大卫的子孙, 可怜我们吧! "

31 群众责备他们, 叫他们不要出声, 他们却更加放声喊叫: "主啊, 大卫的子孙, 可怜我们吧! "

32 耶稣就站住, 叫他们过来, 说: "要我为你们作什么呢?"

33 他们说: "主啊, 求你开我们的眼睛。"

34 耶稣就怜悯他们, 摸他们的眼睛。他们立刻能看见, 就跟从了耶稣。