1 Beroem jou nie op die dag van môre nie, want jy weet nie wat die dag sal bring nie.
2 Laat 'n ander jou prys en nie jou eie mond nie; 'n vreemde, en nie jou eie lippe nie.
3 Swaar is 'n klip, en die sand het gewig; maar die ergernis oor 'n sot is swaarder as altwee.
4 Woede is wreed, en toorn kook oor; maar wie kan voor jaloersheid standhou?
5 Openlike teregwysing is beter as verborge liefde.
6 Die wonde deur een wat liefhet, is opreg bedoel, maar die soene deur 'n vyand is oorvloedig.
7 'n Versadigde siel vertrap die heuningstroop, maar vir 'n hongerige siel is alles wat bitter is, soet.
8 Soos 'n voël wat ver van sy nes af rondvlieg, so is 'n man wat ver van sy tuisplek af rondswerwe.
9 Olie en reukwerk verbly die hart, net so die aangenaamheid van 'n vriend vanweë welgemeende raad.
10 Moenie jou vriend en die vriend van jou vader verlaat nie, en kom nie in die huis van jou broer op die dag van jou teëspoed nie. 'n Buurman wat naby is, is beter as 'n broer wat ver is.
11 Wees wys, my seun, en verbly my hart, sodat ek hom wat my smaad, kan antwoord gee.
12 As 'n skrandere die onheil sien, verberg hy hom; maar die eenvoudiges gaan verder, word gestraf.
13 Neem sy kleed weg, want hy het vir 'n ander borg gestaan; en neem hom as pand vir 'n onbekende.
14 Wie vroeg in die môre sy naaste met 'n harde stem 'n seën toeroep, dit sal hom as 'n vloek aangereken word.
15 'n Aanhoudende gedrup op die dag van 'n stortreën en 'n twisgierige vrou is net eenders.
16 Wie haar wil teëhou, hou wind teë, en sy regterhand ontmoet olie.
17 Yster slyp yster, so slyp die een mens die persoon van die ander.
18 Wie 'n vyeboom oppas, sal sy vrugte eet; en hy wat vir sy heer sorg, sal geëer word.
19 Soos in die water aangesig teenoor aangesig is, so is die hart van die mens teenoor die mens.
20 Die doderyk en die plek van vertering word nie versadig nie; so word die oë van 'n mens nie versadig nie.
21 Die smeltkroes is vir die silwer en die oond vir die goud, so is 'n man volgens die roem wat hy geniet.
22 Al stamp jy die sot in 'n stampblok tussen graankorrels met 'n stamper, sy sotheid sal nie van hom wyk nie.
23 Gee noukeurig ag op die voorkoms van jou skape, rig jou aandag op die troppe vee;
24 want 'n skat is nie vir ewig nie -- of sal 'n kroon wees van geslag tot geslag?
25 As die gras verdwyn en die jong gras verskyn en die bossies van die berge bymekaargemaak word,
26 dan is daar lammers vir jou kleding en bokke as 'n koopprys vir grond,
27 en genoeg bokmelk as voeding vir jou huis en as lewensonderhoud vir jou diensmeisies.
1 不要为明日自夸, 因为今天要发生什么事, 你尚且不知道。
2 让外人夸奖你, 不可自己夸奖自己; 让别人称赞你, 不可自己称赞自己。
3 石头重, 沙土也重, 愚妄人的怒气比这两样更重。
4 烈怒虽然凶残, 暴怒又好像狂澜, 人还可以抵受; 但面对嫉妒, 谁能站立得住呢?
5 坦白的责备, 胜过暗中的爱。
6 爱你的人加的创伤是出于忠诚; 恨你的人却与你连连亲嘴。
7 吃饱的人连蜂房的蜜也厌恶; 饥饿的人连一切苦的东西都觉得甘甜。
8 离家的人到处飘泊, 好像离巢的雀鸟到处游飞一样。
9 膏油和香料使人心畅快, 朋友真诚的劝勉也使人觉得甘甜。
10 你的朋友和你父亲的朋友, 你都不可离弃; 在你遭遇患难的日子, 不可进你兄弟的家。在附近的邻舍胜过在远方的兄弟。
11 我儿, 你要作智慧人, 使我的心快乐, 我也可以回答那羞辱我的。
12 精明人看见灾祸, 就躲藏起来; 愚蒙人反往前走, 自取祸害。
13 谁为陌生人作保证人, 就拿去谁的衣服; 谁替妓女作保证人, 谁就要作担保。
14 清晨起来大声为邻舍祝福的, 就等于是咒诅他。
15 下大雨的时候不断滴漏; 就像吵闹的妇人一样;
16 谁要拦阻她, 就像拦阻风, 也像右手抓油。
17 铁磨铁, 磨得锋利; 朋友互相切磋, 才智("才智"原文作"面")也变得敏锐。
18 照料无花果树的, 必吃树上的果子; 事奉主人的, 必得尊荣。
19 水怎样映照人面, 人的心思也怎样反映其人。
20 阴间和灭亡不会满足, 人的眼目也是一样。
21 用锅炼银, 用炉炼金; 人的称赞也试炼人。
22 你虽然用杵把愚妄人与碎谷一同捣在臼中, 他的愚妄还是离不了他。
23 你要清楚知道你羊群的景况, 专心照料你的牛群。
24 因为财富不是永恒的, 冠冕也不能存到万代。
25 干草割去, 嫩草又出现, 山上的野草也都收集起来。
26 羊羔的毛可以给你作衣服, 山羊可以作买田地的价银。
27 山羊奶足够作你的食物, 也足够作你一家的食物, 并且足够维持你众婢女的生活。