1 Die wyn is 'n spotter, en sterk drank 'n lawaaimaker; en elkeen wat daardeur bedwelmd raak, is nie wys nie.

2 Die dreiging van die koning is soos die gebrom van 'n jong leeu; wie hom vertoorn, verbeur sy lewe.

3 Dit is 'n eer vir 'n man om van twis weg te bly, maar elke sot breek los.

4 In die herfs ploeg die luiaard nie; en verlang hy iets in die oestyd, dan is daar niks nie.

5 Die raad in die hart van 'n man mag diep waters wees, 'n man van verstand sal dit tog uitskep.

6 Baie mense roem hulle eie welwillendheid, maar wie vind 'n betroubare man?

7 Wie in sy regskapenheid wandel as 'n regverdige -- gelukkig is sy kinders n hom.

8 'n Koning wat op die regterstoel sit, wan met sy oë alles uit wat sleg is.

9 Wie kan sê: Ek het my hart suiwer gehou, ek is rein van my sonde?

10 Twee soorte gewig, twee soorte maat -- hulle altwee is vir die HERE 'n gruwel.

11 Die seun laat hom alreeds aan sy handelinge ken, of sy handelwyse suiwer en of dit reg is.

12 'n Oor wat hoor, en 'n oog wat sien -- die HERE het hulle altwee gemaak.

13 Moenie die slaap liefhê, sodat jy arm word nie; maak jou oë oop, dat jy jou met brood kan versadig.

14 Sleg, sleg! sê die koper; maar as hy wegloop, beroem hy hom.

15 Daar is goud en 'n menigte korale, maar 'n kosbare sieraad is die lippe van kennis.

16 Neem sy kleed weg, want hy het vir 'n ander borg gestaan, en neem hom as pand vir die vreemdes.

17 Soet is vir 'n mens die brood van bedrog, maar daarna word sy mond vol gruisklippertjies.

18 Planne kom deur beraadslaging tot stand; voer dan oorlog met goeie oorleg.

19 Wie met kwaadsprekery omgaan, maak 'n geheim openbaar; laat jou dus nie in met een wat sy lippe laat oopstaan nie.

20 Wie sy vader of sy moeder vloek, sy lamp gaan in pikdonker dood.

21 'n Besit wat by die begin haastig bymekaargeskraap is -- die einde daarvan sal tog nie geseënd wees nie.

22 Moenie sê: Ek wil die kwaad vergelde nie! Wag op die HERE, dat Hy jou help.

23 Twee soorte gewig is vir die HERE 'n gruwel, en 'n valse weegskaal is nie goed nie.

24 Die voetstappe van 'n man hang van die HERE af: hoe sou 'n mens dan sy weg verstaan?

25 Dit is vir die mens 'n strik dat hy onbedagsaam sê: Heilig! om dan eers n die geloftes te oorweeg.

26 'n Wyse koning wan die goddelose uit en laat die dorswiel oor hulle draai.

27 Die gees van die mens is 'n lamp van die HERE, dit deursoek al die kamers van die binneste.

28 Liefde en trou behoed die koning, en deur liefde stut hy sy troon.

29 Die sieraad van die jongmanne is hulle krag, en die versiersel van grysaards is grys hare.

30 Bloedige wonde suiwer die kwaad uit en slae die kamers van die binneste.

1 酒能使人狂放, 烈酒能使人喧哗; 所有因醉酒而犯错的, 都没有智慧。

2 王的震怒好像狮子的吼叫; 触怒他的是自害己命。

3 平息纷争就是人的荣耀; 只有愚妄人个个都爱争执。

4 懒惰人冬天不耕种; 到收割的时候, 出去求食, 必一无所得。

5 人心里的谋略如同深水, 唯有聪明人能汲引出来。

6 很多人自称忠诚, 但信实的人, 谁能遇着呢?

7 行为完全的义人, 他的后代是有福的。

8 君王坐在审判的位上, 他的眼目查察一切恶事。

9 谁能说: "我洁净了我的心, 我是清洁无罪的"?

10 不同的法码, 不同的量器, 两样都是耶和华所厌恶的。

11 孩童的行动是否清洁正直, 凭他的行为就可以把他自己显明出来。

12 能听的耳朵和能看的眼睛, 两样都是耶和华所造的。

13 不要贪睡, 免得你贫穷; 睁开眼睛, 你才有饱餐。

14 买东西的说: "不好, 不好! "离去以后, 他就自夸。

15 虽有金子、许多红宝石和宝器, 但充满知识的嘴唇比这一切更宝贵。

16 谁为陌生人作保证人, 就拿去谁的衣服; 谁替妓女作保证人, 谁就要作担保。

17 欺骗得来的食物, 人总觉得甘甜; 事后他的口必充满沙石。

18 计划要有筹算才能确立; 作战也要倚靠智谋。

19 到处搬弄是非的, 泄露秘密; 好说闲言的, 不可与他结交。

20 咒骂父母的, 他的灯必在漆黑的幽暗中熄灭。

21 起初迅速得来的产业, 最后却不是福气。

22 你不要说: "我要以恶报恶"; 要等候耶和华, 他必拯救你。

23 不同的法码是耶和华所厌恶的; 诡诈的天平, 也是邪恶的。

24 人的脚步是由耶和华所定, 人怎能明白自己的道路呢?

25 如果有人轻率地说: "这是归 神为圣之物", 许愿以后才重新考虑, 就是自陷网罗。

26 智慧的王簸散恶人, 并用车轮碾他们。

27 人的灵是耶和华的灯, 探照人的脏腑。

28 慈爱和信实保护君王, 他的王位也借慈爱维持。

29 气力是年轻人的荣耀, 白发是老年人的尊荣。

30 鞭伤能除净人的邪恶, 责打能洗净人的脏腑。