1 Een wat die tug liefhet, het kennis lief; maar wie die teregwysing haat, is dom.

2 Die goeie verkry 'n welbehae van die HERE, maar Hy veroordeel 'n slinkse man.

3 Geen mens kan deur goddeloosheid bestaan nie, maar die wortel van die regverdiges wankel nie.

4 'n Deugsame vrou is die kroon van haar man, maar een wat skande maak, is soos 'n verrotting in sy gebeente.

5 Die gedagtes van die regverdiges is wat reg is, die slim planne van die goddelose is bedrog.

6 Die woorde van die goddelose is om te loer op bloed, maar die mond van die opregtes red hulle.

7 Die goddelose mense word omgekeer, en hulle is daar nie meer nie; maar die huis van die regverdiges bly staan.

8 Ooreenkomstig sy insig word 'n man geprys; maar 'n verkeerde van hart sal verag word.

9 Wie gering geag word en 'n slaaf het, is beter as hy wat hom vernaam aanstel en gebrek aan brood het.

10 Die regverdige ken die natuur van sy dier, maar die barmhartigheid van die goddelose is wreed.

11 Wie sy land bewerk, het volop brood; maar hy wat nietighede najaag, het gebrek aan verstand.

12 Die goddelose begeer die vangs van verkeerde dinge, maar die wortel van die regverdiges lewer vrugte op.

13 In die oortreding van die lippe lê daar 'n gevaarlike strik; maar die regverdige ontkom aan die benoudheid.

14 Uit die vrug van iemand se mond word hy versadig met die goeie, en die daad van 'n mens se hande kom op hom terug.

15 Die weg van 'n dwaas is reg in sy eie oë, maar die wyse luister na raad.

16 Die dwaas laat sy drif op die daad bekend word, maar die skrandere verberg skande.

17 Hy wat die waarheid spreek, vertel wat reg is; maar 'n valse getuie bedrog.

18 Daar is een wat onverskillig woorde uitspreek soos swaardsteke, maar die tong van die wyse is genesing.

19 'n Betroubare lip bestaan vir altyd, maar 'n valse tong vir 'n oomblik.

20 Bedrog is in die hart van die wat onheil bewerk; maar die wat vrede aanraai, het vreugde.

21 Geen enkele onheil tref die regverdige nie, maar die goddelose is vol ongeluk.

22 Valse lippe is vir die HERE 'n gruwel, maar Hy het 'n welbehae in die wat getrou handel.

23 'n Skrander mens verberg sy kennis, maar die hart van die dwase roep hulle sotheid uit.

24 Die hand van die vlytiges sal heers, maar traagheid lei tot dwangarbeid.

25 Bekommernis in die hart van 'n mens druk dit neer, maar 'n vriendelike woord vrolik dit op.

26 Die regverdige vind sy weide uit, maar die weg van die goddelose laat hulle dwaal.

27 Hy wat traag is, jaag sy wild nie op nie, maar vlyt is 'n kosbare skat vir 'n mens.

28 Op die pad van geregtigheid is lewe, en die rigting van die pad is onsterflikheid.

1 喜爱教训的, 就是喜爱知识; 厌恶责备的, 却是愚顽人。

2 良善的人必得到耶和华的恩宠; 图谋奸计的人, 耶和华必把他定罪。

3 人不能恃凭恶行坚立; 但义人的根必不动摇。

4 有才德的妇人是丈夫的冠冕, 贻羞的妇人, 如同丈夫骨中的朽烂。

5 义人的筹算是公平, 恶人的计谋却是诡诈。

6 恶人的言语等着要流人的血, 正直人的口能拯救人。

7 恶人倾覆, 就不再存在; 义人的家却必站立得住。

8 人因着自己的明慧必得称赞, 但心中乖谬的必被藐视。

9 被人轻看却有仆人的人, 胜过自尊自大却缺少食物的人。

10 义人连自己牲畜的性命也顾惜; 但恶人的怜悯也是残忍。

11 耕种自己田地的, 也有充足的粮食; 追求虚幻的, 实在无知。

12 恶人贪慕坏人的网罗; 义人的根得以结果。

13 坏人嘴里的过失, 是自己的网罗; 但义人必脱离患难。

14 人因口所结的果子必饱尝美物; 人手所作的必归到他身上。

15 愚妄人所行的, 在自己眼中看为正直, 只有智慧人肯听劝告。

16 愚妄人的恼怒立时显露, 精明的人却能忍受羞辱。

17 吐露真情的, 彰显正义, 作假见证的却是诡诈。

18 有人说话不慎, 好像利刀刺人, 智慧人的舌头却能医治人。

19 说实话的嘴唇, 永远坚立; 撒谎的舌头, 眨眼间消失。

20 图谋恶事的, 心存诡诈; 使人和睦的, 心中喜乐。

21 义人不会遭遇灾祸, 恶人却饱经祸患。

22 撒谎的嘴唇是耶和华憎恶的; 行事诚实是他所喜悦的。

23 精明的人隐藏自己的知识, 愚昧人的心却显出愚妄。

24 殷勤人的手必掌权, 懒惰人的手必作苦工。

25 心中忧虑, 使人消沉; 一句良言使他欢喜。

26 义人作自己邻舍的引导; 恶人的道路, 却使别人走迷。

27 懒惰的人不去烧烤他的猎物, 殷勤的人却得宝贵的财物("殷勤的人却得宝贵的财物"或译: "人宝贵的财物是殷勤")。

28 在公义的路上有生命, 这路径之上没有死亡("这路径之上没有死亡"有古译本作"邪恶的路, 引到死亡")。