1 Wees nie afgunstig op die kwaaddoeners nie, en begeer nie om met hulle saam te wees nie.
2 Want hulle hart bedink verwoesting, en hulle lippe spreek moeite.
3 Deur wysheid word 'n huis gebou, en deur verstand word dit bevestig;
4 en deur kennis word die kamers gevul met allerhande kosbare en lieflike goed.
5 'n Wyse man is sterk, en 'n man van kennis ontwikkel krag.
6 Want deur goeie oorleg kan jy voorspoedig oorlog voer, en die oorwinning is deur die menigte van raadgewers.
7 Die wysheid is vir die sot te hoog; in die poort maak hy sy mond nie oop nie.
8 Hy wat hom voorneem om kwaad te doen, word 'n skelm genoem.
9 Die sonde is 'n dwase voorneme, en die spotter is 'n gruwel vir die mensdom.
10 Gedra jy jou slap in die dag van benoudheid, dan skiet jou krag te kort.
11 Red die wat na die dood gesleep word, en die wat na die slagbank wankel, hou hulle tog terug!
12 As jy sê: Kyk, ons het dit nie geweet nie! -- sal Hy wat die harte toets, dit nie merk nie? En Hy wat let op jou siel, Hy kom dit te wete. En Hy vergeld die mens na sy werk.
13 Eet heuning, my seun, want dit is goed, en heuningstroop is soet teen jou verhemelte.
14 Erken dat die wysheid so is vir jou siel; as jy dit vind, dan is daar 'n toekoms, en jou hoop sal nie verydel word nie.
15 Loer nie, o goddelose, op die woning van die regverdige, verwoes sy verblyfplek nie.
16 Want sewe maal val die regverdige en staan weer op, maar die goddelose struikel in die ongeluk.
17 As jou vyand val, verheug jou nie; en as hy struikel, laat jou hart nie juig nie,
18 dat die HERE dit nie sien en dit miskien verkeerd is in sy oë en Hy sy toorn van hom afwend nie.
19 Vererg jou nie oor die kwaaddoeners nie, wees nie afgunstig op die goddelose nie.
20 Want die kwaaddoener het geen toekoms nie, die lamp van die goddelose gaan dood.
21 My seun, vrees die HERE en die koning, laat jou nie in met oproerige mense nie.
22 Want skielik sal hulle ongeluk opkom, en die uitgang van hulle jare, wie weet dit?
23 Ook hierdie spreuke is van die wyse manne afkomstig. Om partydig te wees in die gereg, is verkeerd.
24 Hy wat vir die skuldige sê: Jy het reg! -- die volke sal hom vervloek, die nasies sal hom verwens.
25 Maar met die wat onpartydig straf, gaan dit goed; en oor hulle kom die seën van voorspoed.
26 Hy wat regte antwoorde gee, soen die lippe.
27 Maak jou werk buitekant reg, en bring dit vir jou op die land in orde; daarna moet jy dan jou huis bou.
28 Wees nie sonder oorsaak getuie teen jou naaste nie; want mag jy met jou lippe mislei?
29 Moenie sê nie: Soos hy aan my gedoen het, so sal ek aan hom doen -- ek sal die man vergelde na sy werk.
30 Ek het by die land van 'n lui man verbygeloop en langs die wingerd van 'n verstandelose mens,
31 en kyk, dit was heeltemal toegegroei van die dorings, sy oppervlakte was oordek met brandnekels en sy klipmuur omgegooi.
32 En ek het dit aanskou, ja, daarop gelet, gekyk, en lering aangeneem:
33 Nog 'n bietjie slaap, nog 'n bietjie sluimer, nog 'n bietjie hande-vou om uit te rus;
34 dan kom jou armoede aangeloop en jou gebrek soos 'n gewapende man.
1 你不要嫉妒恶人, 也不要祈望与他们共处。
2 因为他们的心图谋强暴, 他们的嘴唇讲论奸恶。
3 房屋的建造是凭着智慧, 又借着聪明得到坚立;
4 并且借着知识, 各房间充满各样宝贵和美好的财物。
5 智慧人大有能力, 有知识的人力上加力。
6 你要凭着智谋去作战; 谋士众多, 就可得胜。
7 智慧对愚妄人来说是太高超, 因此他在城门口哑口无言。
8 计划作恶的, 必称为阴谋家。
9 愚妄人的计谋, 尽是罪恶; 好讥笑人的是人所厌恶的。
10 你在患难的日子若是懈怠, 你的力量就微小。
11 被拉到死地的人, 你要拯救; 将要被杀戮的人, 你要挽救。
12 如果你说: "这事我不知道。"那衡量人心的不明白吗?那看顾你性命的不晓得吗?他不按照各人的行为报应各人吗?
13 我儿, 你要吃蜜, 因为这是好的; 吃蜂房下滴的蜜, 就觉甘甜。
14 要知道智慧对你的心也是这样, 如果你得着智慧, 就必有好结局, 你的盼望也不会断绝。
15 恶人哪! 不要埋伏攻击义人的住处, 不要毁坏他的居所。
16 因为义人虽然七次跌倒, 仍能再起来; 但恶人必在祸患中绊倒。
17 你的仇敌跌倒的时候, 你不要欢喜; 他绊倒的时候, 你心里不可欢乐。
18 恐怕耶和华看见了, 就不喜悦, 把他的怒气从仇敌的身上, 转到你的身上。
19 不要因作恶的人心怀不平, 也不要嫉妒恶人。
20 因为恶人必没有好结局, 恶人的灯必要熄灭。
21 我儿, 你要敬畏耶和华, 也要尊敬君王; 不要与叛逆的人结交。
22 因为他们的刑罚必忽然临到; 耶和华与君王要施行的毁灭, 谁能晓得呢?
23 以下也是智慧人的话: 审判的时候看人的情面是不对的。
24 对坏人说"你是好人"的, 万民都要咒骂他, 万族都必憎恶他。
25 指责坏人的, 必得欢悦; 美福必临到他们。
26 应对诚实的, 如同亲吻别人。
27 你要在外面预备好你的工作, 在田间为自己准备妥当, 然后建造你的房屋。
28 不可无故作证指控你的邻舍; 不可诬告他人。
29 你不可说: "人怎样待我, 我也怎样待他; 我要照他所行的报复他。"
30 我经过懒惰人的田地, 无知人的葡萄园;
31 只见到处长满蒺藜, 地面盖满刺草, 石墙也倒塌了。
32 我看了, 就用心思想; 我见了, 就领受了教训。
33 再睡片时, 打盹片时, 抱着手躺卧片时,
34 你的贫穷就必像强盗来到, 你的缺乏就必像拿兵器的人来到。