1 Die woorde van Agur, die seun van Jake; die Godspraak. Die man spreek: Ek het my moeg gemaak, o God, ek het my moeg gemaak, o God, en ek versmag.

2 Ja, ek is te dom om mens te kan wees, en ek het geen menseverstand nie.

3 En ek het nie wysheid geleer, sodat ek kennis van die Heilige sou besit nie.

4 Wie het na die hemel opgeklim en neergedaal? Wie het die wind in sy vuiste versamel? Wie het die waters in 'n kleed saamgebind? Wie het al die eindes van die aarde vasgestel? Hoe is sy Naam? En hoe is die Naam van sy Seun -- as jy dit weet?

5 Elke woord van God is gelouter; Hy is 'n skild vir die wat by Hom skuil.

6 Voeg by sy woorde niks by nie, sodat Hy van jou nie rekenskap vorder en jy as 'n leuenaar openbaar word nie.

7 Twee dinge vra ek van U; onthou dit nie aan my voordat ek sterf nie:

8 Hou valsheid en leuentaal ver van my af; gee my nie armoede of rykdom nie, laat my geniet die brood wat vir my bestem is;

9 dat ek nie, as ek oorversadig geword het, U verloën nie, en sê: Wie is die HERE? En dat ek nie, as ek arm geword het, steel en my aan die Naam van my God vergryp nie.

10 Belaster nie 'n slaaf by sy heer nie, sodat hy jou nie vloek en jy daarvoor moet boet nie.

11 Daar is 'n geslag wat sy vader vervloek en sy moeder nie seën nie,

12 'n geslag wat rein is in sy eie oë en tog van sy vuiligheid nie gewas is nie,

13 'n geslag -- hoe trots is sy oë, en hoe hoog is sy ooglede opgetrek! --

14 'n geslag waarvan die tande swaarde is, waarvan die gebit messe is, om die ellendiges uit die land te verteer en die behoeftiges onder die mensdom uit.

15 Die bloedsuier het twee dogters: Gee, gee! Drie is dit wat nie versadig word nie; vier sê nooit: Genoeg nie! --

16 die doderyk en die toegesluite moederskoot, die aarde wat nie genoeg water kry en die vuur wat nooit sê: Genoeg nie!

17 'n Oog wat met die vader spot en die gehoorsaamheid vir die moeder verag -- die kraaie van die dal sal dit uitpik, en die kuikens van die arend sal dit opeet.

18 Drie is dit wat vir my te wonderbaar is, ja, vier wat ek nie begryp nie:

19 die weg van die arend in die lug, die weg van 'n slang oor 'n rots, die weg van 'n skip in die hart van die see, en die weg van 'n man by 'n maagd.

20 So is die weg van 'n vrou wat owerspel bedryf; sy eet en vee haar mond af en sê: Ek het geen sonde gedoen nie.

21 Onder drie bewe die aarde, en onder vier kan hy dit nie uithou nie:

22 onder 'n slaaf as hy koning word, en 'n dwaas as hy volop brood het;

23 onder 'n nie-geliefde as sy tog 'n man kry, en 'n slavin as sy haar meesteres uit die besitting verdrywe.

24 Vier is dit wat klein is op die aarde, maar hulle is uitermate wys:

25 die miere is nie 'n sterk volk nie, en tog berei hulle hul voedsel in die somer;

26 die klipdassies is nie 'n magtige volk nie, en tog maak hulle hul huis in die rots;

27 die sprinkane het geen koning nie, en tog trek die hele swerm in goeie orde uit;

28 die geitjie kan jy met die hande gryp, en tog is hy in die konings se paleise.

29 Drie is dit wat statig wegstap, ja, vier wat statig wegloop:

30 die leeu, die held onder die diere, wat vir niks omdraai nie;

31 die dier met gespierde heupe, of die bok, en 'n koning met die troepemag by hom.

32 As jy dwaas gewees het deur jou te verhef, of as jy vooraf nagedink het -- die hand op die mond!

33 Want drukking van melk bring botter voort, en drukking van die neus bring bloed voort, en drukking van die toorn bring twis voort.

1 雅基的儿子亚古珥的话, 是 神的默示。这人对以铁, 对以铁和乌甲宣讲:

2 "我比众人更愚顽, 也没有聪明。

3 我没有学习智慧, 也不晓得有关至圣者的知识。

4 谁升上天, 又降下来呢?谁收聚风在掌中呢?谁包水在衣服里呢?谁立定地的四极呢?他的名字叫什么?他儿子的名字叫什么?你知道吗?

5 神所说的话句句都是炼净的, 投靠他的, 他就作他们的盾牌。

6 他的话语, 你不可增添; 恐怕他责备你, 你就表明是说谎的。

7 我有两件事求你, 在我死去以前, 求你答应我。

8 求你使虚假和谎言远离我; 不要使我贫穷, 也不要使我富裕, 只要给我需用的食物。

9 免得我吃饱了, 就不认你, 说: ‘耶和华是谁?’又恐怕我贫穷, 就偷窃, 污渎了我 神的名。

10 "不要向主人诽谤他的仆人, 恐怕他咒诅你, 你就判为有罪。

11 有一种人咒诅父亲, 又不给母亲祝福。

12 有一种人自以为清洁, 却没有洗去自己的污秽。

13 有一种人眼目多么高傲, 他们的眼睛, 长在顶上。

14 有一种人牙如剑, 齿如刀, 要吞灭地上的困苦人和世人中的贫穷人。

15 水蛭有两个女儿, 常说: ‘给我! 给我! ’不知足的东西有三样, 连总不说‘够了’的共有四样,

16 就是阴间、不能生育的妇人、水源不足之地和总不说‘够了’的火。

17 嘲笑父亲, 藐视年老母亲的, 他的眼必被谷中的乌鸦啄出来, 给雏鹰所吃。

18 我测不透的奇事有三样, 连我不知道的, 共有四样:

19 就是鹰在空中飞翔之道, 蛇在磐石上爬行之道, 船在海中航行之道, 男与女交合之道。

20 淫妇的行径是这样的: 她吃了, 把嘴一抹, 就说: ‘我没有作错事。’

21 使地震动的事有三样, 连地也担当不起的, 共有四样:

22 就是奴仆作王, 愚顽人吃得饱,

23 被人厌恶的女子出嫁, 婢女接替主母的地位。

24 地上有四样小东西, 非常聪明:

25 蚂蚁是微小的昆虫, 却能在夏天预备粮食。

26 石獾并不是强壮的动物, 却能在岩石中做窟。

27 蝗虫没有君王, 却能成群列队出发。

28 壁虎虽可以用手捕捉, 却住在王宫中。

29 步伐威武的东西有三样, 连行走威武的, 共有四样:

30 就是在百兽中最威猛的狮子, 它面对任何野兽, 也不会退缩;

31 还有高视阔步的("高视阔步的"原文作"束着腰的", 意义隐晦; 现参古译本改译。)雄鸡和公山羊, 以及率领军兵的君王。

32 如果你行事愚昧, 自高自大, 或是心怀恶计, 就要用手掩口。

33 搅动牛乳必生出乳酪, 紧压鼻子必压出血来, 激起怒气必产生纷争。"