1 Hy wat hom afskei, soek sy eie begeerte; hy bestry alles wat waarlik tot voordeel strek.
2 Die dwaas het geen behae in verstandigheid nie, maar net daarin dat sy hart openbaar word.
3 As die goddelose kom, kom ook veragting; en saam met die skande, versmading.
4 Die woorde van 'n man se mond is diep waters, 'n stroom wat bruis, 'n fontein van wysheid.
5 Om vir die goddelose partydig te wees, om die regverdige in die gereg weg te stoot, is nie goed nie.
6 Die lippe van die dwaas kom met getwis, en sy mond roep na slae.
7 Die mond van die dwaas is sy ondergang en sy lippe 'n strik vir sy lewe.
8 Die woorde van die kwaadstoker is soos lekkernye, en dit gly af na die kamers van die binneste.
9 Alreeds hy wat hom slap hou in sy werk, hy is 'n broer van 'n verwoester.
10 Die Naam van die HERE is 'n sterk toring; die regverdige hardloop daarin en word beskut.
11 Die goed van die ryke is sy sterk stad en soos 'n steil muur in sy verbeelding.
12 Voor die verbreking is die mens se hart hoogmoedig, maar nederigheid gaan aan die eer vooraf.
13 Hy wat antwoord gee voordat hy gehoor het, vir hom sal dit 'n sotheid en 'n skande wees.
14 Die gees van 'n man ondersteun hom in sy krankheid; maar 'n verslae gees -- wie kan dit opbeur?
15 Die hart van die verstandige verwerf kennis, en die oor van wyse soek na kennis.
16 Die geskenk van iemand maak vir hom ruimte en bring hom in die teenwoordigheid van die aansienlikes.
17 Hy wat die eerste in sy regsaak is, het reg; maar sy naaste kom en ondersoek hom terdeë.
18 Die lot laat die geskille ophou en maak sterkes uitmekaar.
19 'n Broer teen wie oortree is, is erger as 'n sterk stad; en geskille is soos die grendel van 'n paleis.
20 Van die vrug van iemand se mond word sy maag versadig; hy word versadig van die opbrings van sy lippe.
21 Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet.
22 Wie 'n vrou gevind het, het iets goeds gevind en 'n welgevalle van die HERE verkry.
23 Die arme spreek smekinge, maar die ryke antwoord harde dinge.
24 'n Man met baie vriende word geru‹neer, maar daar is 'n vriend wat sterker aanhang as 'n broer.
1 离群独处的, 只顾自己的心愿; 他抗拒一切大智慧。
2 愚昧人不喜欢明白事理, 只喜欢显露自己的心意。
3 恶人来, 也带来藐视; 羞耻的事也引致羞辱。
4 人口中的言语如同深水, 智慧的泉源好像涌流的河水。
5 在审判时, 偏袒恶人、屈枉义人, 是不对的。
6 愚昧人的嘴引起纷争, 他的口招来责打。
7 愚昧人的口自取灭亡, 他的嘴唇是自己性命的网罗。
8 搬弄是非的人的言语, 如同美食, 深入人的脏腑。
9 工作懒惰的, 是灭亡者的兄弟。
10 耶和华的名是坚固的高台, 义人投奔, 就得安全。
11 富翁的财物是他们的坚城; 在他们的想象中, 有如高墙。
12 灭亡以先, 人心高傲; 尊荣以先, 必有谦卑。
13 不先聆听就回答的, 这就是他的愚妄和羞辱。
14 人的心灵能忍受疾病, 心灵忧郁, 谁能承受呢?
15 聪明人的心获得知识; 智慧人的耳朵寻求知识。
16 人的礼物能为他开路, 引他到大人物面前。
17 首先陈述情由的, 似乎有理, 等他的邻舍来到, 才可以查明实情。
18 抽签能止息纷争, 排解二强之间的纠纷。
19 触怒兄弟, 要劝他和解, 比取坚城还难; 这样的纷争, 如同堡垒的门闩。
20 人口中所结的果子, 必使自己的肚腹饱足; 他嘴里所出的, 必使他饱足。
21 生与死都在舌头的权下; 爱把弄这权柄的, 必自食其果。
22 觅得贤妻的, 就是觅得幸福, 也是蒙了耶和华的恩宠。
23 穷人乞恩哀求, 财主却声色俱厉地回答。
24 朋友众多的人, 终必彼此破裂, 但有一位朋友, 比兄弟更亲密。