1 Die spreuke van Salomo, die seun van Dawid, die koning van Israel,
2 om wysheid en tug te ken, om woorde van insig te verstaan,
3 om aan te neem tug wat verstandig maak, geregtigheid en reg en regverdigheid;
4 om aan die eenvoudiges skranderheid te gee, aan die jongeling kennis en oorleg;
5 laat die wyse luister, dan sal hy insig vermeerder, en die verstandige sal verstandige gedagtes verkry,
6 om 'n spreuk en beeldspraak te verstaan, die woorde van die wyse manne en hulle raaisels.
7 Die vrees van die HERE is die beginsel van die kennis; sotte verag wysheid en tug.
8 My seun, luister na die tug van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie;
9 want dit is 'n lieflike krans vir jou hoof en sierlike kettings vir jou hals.
10 My seun, as die sondaars jou wil verlei, moet jy nie inwillig nie;
11 as hulle sê: Gaan saam met ons, laat ons loer op bloed, laat ons die onskuldige voorlê sonder oorsaak,
12 laat ons hulle lewendig verslind soos die doderyk en die gesondes soos die wat in die kuil neerdaal;
13 allerhande kosbare goed sal ons vind, ons huise sal ons vol maak met buit;
14 jy sal jou lot onder ons werp, ons sal almal een beurs hê --
15 my seun, gaan nie met hulle saam op die weg nie, hou jou voet terug van hulle pad;
16 want hulle voete hardloop na die kwaad en haas hulle om bloed te vergiet;
17 want die net word tevergeefs uitgesprei voor die oë van allerhande voëls:
18 so loer hulle op hul eie bloed, hulle lê hulleself voor.
19 So gaan dit met almal wat onregverdige wins maak: dit ontneem sy besitter die lewe.
20 Die Wysheid roep hardop daarbuite, sy verhef haar stem op die pleine,
21 op die hoek van die rumoerige strate roep sy, by die ingange van die poorte, in die stad, spreek sy haar woorde:
22 Hoe lank sal julle, eenvoudiges, die eenvoudigheid liefhê en die spotters lus hê om te spot en die dwase kennis haat?
23 Wend julle tot my teregwysing, dan laat ek my gees vir julle uitstroom, wil ek my woorde aan julle bekend maak.
24 Omdat ek geroep en julle geweier het, ek my hand uitgestrek en niemand geluister het nie,
25 en julle al my raad nie opgevolg en van my teregwysing nie wou geweet het nie,
26 daarom sal ek ook lag by julle ondergang, ek sal spot as julle verskrikking kom;
27 as julle verskrikking kom soos 'n onweer, en julle ondergang soos 'n stormwind aankom, as benoudheid en angs julle oorval.
28 Dan sal hulle na my roep, maar ek sal nie antwoord nie; hulle sal my soek, maar my nie vind nie.
29 Omdat hulle die kennis gehaat en die vrees van die HERE nie verkies het nie,
30 van my raad nie wou weet nie, al my teregwysinge verag het,
31 daarom sal hulle eet van die vrug van hulle wandel en versadig word van hulle planne.
32 Want hulle eie afkerigheid maak die eenvoudiges dood, en hulle eie sorgeloosheid rig die dwase te gronde;
33 maar die wat na my luister, sal veilig woon en gerus wees teen die skrik vir die onheil.
1 大卫的儿子以色列王所罗门的箴言:
2 要使人晓得智慧和教训, 了解充满哲理的言语;
3 使人领受明慧的教训, 就是公义、公正和正直;
4 使愚蒙人变成精明, 使少年人获得知识和明辨的能力;
5 使智慧人听了, 可以增长学问, 使聪明人听了, 可以获得智谋;
6 使人明白箴言和譬喻, 懂得智慧人的言词和他们的隐语。
7 敬畏耶和华是知识的开端, 但愚妄人藐视智慧和教训。
8 我儿, 要听从你父亲的教训, 不可离弃你母亲的训诲。
9 因为这些要作你头上的华冠, 作你颈上的金链。
10 我儿, 如果坏人引诱你, 你不可随从他们。
11 如果他们说: "你跟我们来吧! 我们要埋伏流人的血, 我们要无故地潜伏伤害无辜的人;
12 我们要好像阴间一般, 把他们活生生吞下, 他们整个被我们吞下, 如同下坑的人一样;
13 这样, 我们必得着各样贵重的财物, 把掠物装满我们的房子。
14 加入我们的行列吧! 我们大家共用一个钱袋。"
15 我儿, 不可和他们走在一起, 禁止你的脚走他们的路;
16 因为他们的脚奔向邪恶, 他们急于流人的血。
17 在飞鸟眼前张设网罗, 是徒劳无功的。
18 他们埋伏, 是自流己血; 他们潜伏, 是自害己命。
19 凡是贪爱不义之财的, 所走的路都是这样; 那不义之财夺去了贪财者的性命。
20 智慧在街上呼喊, 在广场上扬声;
21 在闹市中心呼叫, 在城门口发出言语, 说:
22 "你们愚蒙人喜爱愚蒙, 好讥笑的人喜欢讥笑, 愚昧人恨恶知识, 要到几时呢?
23 你们要因我的责备回转, 我就把我的心意("心意"或译: "灵")向你们倾吐, 把我的话指示你们。
24 我呼唤, 你们不肯听从; 我伸手, 没有人理会。
25 你们既轻忽我的一切劝告, 不肯接受我的责备;
26 所以你们遭难的时候, 我就发笑; 惊恐临到你们的日子, 我就嗤笑。
27 惊恐临到你们好像风暴, 灾难如同飓风来临, 患难困苦临到你们身上。
28 那时, 他们必呼求我, 我却不回答; 他们切切寻找我, 却寻不见;
29 因为他们恨恶知识, 不选择敬畏耶和华;
30 不接受我的劝告, 轻视我的一切责备;
31 所以, 他们必自食其果, 必饱尝自己所设计谋的伤害。
32 愚蒙人的背道必杀害他们自己, 愚昧人的安逸必毁灭他们自己;
33 唯有听从我的, 必安然居住, 得享安宁, 免受灾祸的惊恐。"