1 Die woorde van L,muël, die koning van Massa, waarmee sy moeder hom vermaan het:
2 Wat, my seun, ja wat, seun van my skoot, ja wat, seun van my geloftes, sal ek sê?
3 Gee jou krag nie aan vroue of jou omgang aan die wat konings uitroei nie.
4 Die konings, o L,muël, die konings moet nie wyn drink nie, en die vorste moet nie sterk drank begeer nie;
5 anders drink hy en vergeet die insettinge en verdraai die reg van al die ellendiges.
6 Gee sterk drank aan hom wat wil ondergaan, en wyn aan die wat bitter bedroef is.
7 Laat hy drink en sy armoede vergeet en aan sy moeite nie meer dink nie.
8 Maak jou mond oop vir die stomme, vir die regsaak van almal wat wegkwyn.
9 Maak jou mond oop, oordeel regverdig, en verskaf reg aan die ellendige en die behoeftige.
10 Alef. Wie sal 'n deugsame vrou vind? want haar waarde is ver bo korale.
11 Bet. Die hart van haar man vertrou op haar, en aan wins sal dit hom nie ontbreek nie.
12 Gimel. Sy doen aan hom goed, en nie kwaad nie, al die dae van haar lewe.
13 Dalet. Sy sorg vir wol en vlas, en sy werk met gewillige hande.
14 He. Sy is soos die skepe van 'n handelaar -- van ver af bring sy haar brood in.
15 Wau. En sy staan op as dit nog nag is en gee voedsel aan haar huisgesin en die bestemde deel aan haar diensmeisies.
16 Sajin. Sy dink na oor 'n stuk grond en koop dit, van die vrug van haar hande plant sy 'n wingerd.
17 Get. Sy omgord haar lendene met krag en hou haar arms stewig.
18 Tet. Sy voel dat haar wins goed is, in die nag gaan haar lamp nie dood nie.
19 Jod. Sy steek haar hande uit na die spinstok, en haar handpalms hou die spoel vas.
20 Kaf. Sy brei haar handpalm uit na die ellendige, en sy steek haar hande uit na die behoeftige.
21 Lamed. Sy is nie bevrees vir haar huisgesin vanweë die sneeu nie, want haar hele huisgesin dra skarlaken stof.
22 Mem. Sy maak vir haarself dekens, haar tabberd is van fyn linne en purper.
23 Noen. Haar man is bekend in die poorte as hy saam met die oudstes van die land sit.
24 Samek. Sy maak hemde en verkoop dit, en gordels lewer sy aan die handelaars.
25 Ajin. Sterkte en eer is haar kleed, en sy lag oor die dag wat kom.
26 Pe. Haar mond maak sy oop met wysheid, en vriendelike onderrigting is op haar tong.
27 Sade. Opmerksaam gaan sy die werksaamhede van haar huis na, en die brood van luiheid eet sy nie.
28 Kof. Haar seuns tree op en noem haar gelukkig, haar man ook, en hy prys haar:
29 Resj. Baie dogters het hulle knap gedra, maar jy oortref hulle almal.
30 Sjin. Die bevalligheid is bedrog, en die skoonheid is nietigheid; 'n vrou wat die HERE vrees, sy moet geprys word.
31 Tau. Gee haar van die vrug van haar hande, en laat haar werke haar prys in die poorte.
1 利慕伊勒王的话, 是 神的默示, 是他母亲教训他的:
2 "我儿, 我腹中生的儿啊! 我许愿所得的儿啊, 我要对你说什么呢?
3 不要把你的精力给妇女, 也不要有败坏君王的行为。
4 利慕伊勒啊! 君王不可喝酒; 君王千万不可喝酒; 掌权的不可贪饮烈酒。
5 恐怕喝了酒, 就忘记律例, 把困苦人的一切案件都颠倒了。
6 要把烈酒给将要灭亡的人喝; 把酒给心里愁苦的人喝;
7 让他喝了, 就忘记自己的贫穷, 也不再记念自己的烦恼。
8 你要为不能自辩的人开口说话, 为所有贫苦的人伸冤。
9 你要开口说话, 秉公审判, 为困苦和穷乏的人伸冤。"
10 有才德的妇人, 谁能得着呢?她的价值远胜过红宝石。
11 她丈夫心里倚靠她, 就不会缺少收入。
12 她一生的年日, 只带给丈夫益处, 没有害处。
13 她搜求羊毛和细麻, 乐意亲手作工。
14 她好像一队商船, 从远方运来食物。
15 天还未亮, 她就起来, 把食物分给家人, 把当作的工分派众婢女。
16 她选择了一块田, 就把它买下来, 用自己双手赚得的收入栽种葡萄园。
17 她以能力束腰, 使自己的膀臂有力。
18 她知道自己的经营获利, 她的灯终夜不灭。
19 她伸手拿着卷线竿, 手掌握着纺锤。
20 她张手赒济困苦人, 伸手帮助穷乏人。
21 她不因下雪为自己的家人担心, 因为她全家都穿着温暖的朱红色衣服。
22 她为自己做床毯, 她的衣服是细麻和紫色布料做的。
23 她丈夫与本地的长老在城门口同坐, 是众人都认识的。
24 她做细麻布衣服出售, 又供应腰带给商人。
25 她以能力和威仪为衣服, 想到日后的幸福就欢笑。
26 她开口就说出智慧的话; 她的舌头上充满慈爱的训诲。
27 她监管一切家务, 从不白吃闲饭。
28 她的儿女都起来称她是有福的, 她的丈夫也称赞她, 说:
29 "有才德的女子很多, 但你比她们更超卓。"
30 艳丽是虚假的, 美容是虚浮的; 唯有敬畏耶和华的妇女, 必得称赞。
31 愿她享受自己手所作的成果; 愿她的工作在城门口使她受称赞。