1 Die spreuke van Salomo. 'n Wyse seun verbly die vader, maar 'n dwase seun is 'n bekommernis vir sy moeder.

2 Skatte deur goddeloosheid verwerf, bring geen voordeel nie, maar geregtigheid red van die dood.

3 Die HERE laat die regverdige nie honger ly nie, maar die begeerlikheid van die goddelose stoot Hy weg.

4 Hy word arm wat met 'n trae hand werk, maar die hand van die vlytiges maak ryk.

5 Hy wat in die somer wegbêre, is 'n verstandige seun; hy wat vas slaap in die oestyd, is 'n seun wat skande maak.

6 Seëninge is daar op die hoof van die regverdige, maar die mond van die goddelose verberg geweld.

7 Die nagedagtenis van die regverdige is tot seën, maar die naam van die goddelose vergaan.

8 Hy wat wys van hart is, neem die gebooie aan, maar hy wat dwaas van lippe is, kom tot 'n val.

9 Hy wat in opregtheid wandel, wandel veilig, maar hy wat sy weë krom maak, word bekend.

10 Hy wat met sy oog knip, veroorsaak smart, en hy wat dwaas spreek, kom tot 'n val.

11 Die mond van die regverdige is 'n fontein van lewe, maar die mond van die goddelose verberg geweld.

12 Haat verwek twiste, maar liefde bedek al die oortredinge.

13 Op die lippe van die verstandige word wysheid gevind, maar die roede is vir die rug van die verstandelose.

14 Die wyse lê kennis weg, maar die mond van die dwaas is 'n ondergang wat naby is.

15 Die goed van die ryke is vir hom 'n sterk stad; die ondergang van die behoeftiges is hulle armoede.

16 Wat die regverdige verwerf, is vir die lewe; die inkomste van die goddelose is tot sonde.

17 'n Pad ten lewe is hy wat die tug in ag neem; maar hy wat die teregwysing veronagsaam, raak verdwaald.

18 Hy wat haat verberg, het valse lippe; en hy wat skindertaal uitstrooi, is 'n dwaas.

19 By veelheid van woorde ontbreek die oortreding nie; maar hy wat sy lippe inhou, handel verstandig.

20 Die tong van die regverdige is uitgesoekte silwer; die hart van die goddelose is min werd.

21 Die lippe van die regverdige help baie mense reg; maar die dwase sterf deur gebrek aan verstand.

22 Die seën van die HERE -- dit maak ryk, en moeitevolle arbeid voeg daar niks by nie.

23 Dit is 'n vermaak vir 'n dwaas om 'n skandelike daad te doen, net so is wysheid vir 'n man van verstand.

24 Waar die goddelose bang voor is -- dit kom oor hom; maar die begeerte van die regverdiges vervul Hy.

25 Wanneer 'n stormwind verbygaan, is die goddelose nie meer nie; maar die regverdige is vir ewig gegrondves.

26 Soos asyn vir die tande en soos rook vir die oë, so is die luiaard vir die wat hom stuur.

27 Die vrees van die HERE vermeerder die dae, maar die jare van die goddelose word verkort.

28 Die verwagting van die regverdiges is vreugde, maar die hoop van die goddelose vergaan.

29 Die weg van die HERE is vir die opregte 'n vesting, maar 'n ondergang vir die werkers van ongeregtigheid.

30 Die regverdige sal vir ewig nie wankel nie, maar die goddelose sal in die land nie bly woon nie.

31 Die mond van die regverdige laat wysheid uitspruit, maar die valse tong word uitgeroei.

32 Die lippe van die regverdige weet wat welgevallig is, maar die mond van die goddelose is pure valsheid.

1 所罗门的箴言: 智慧的儿子使父亲欢乐, 愚昧的儿子使母亲忧愁。

2 不义之财毫无益处, 唯有公义能救人脱离死亡。

3 耶和华不容许义人抵受饥饿, 恶人的欲念却无法得着。

4 游手好闲的, 招致贫穷, 勤力工作的, 得到富足。

5 夏天收聚的, 是明慧的人, 收割时沉睡的, 是贻羞的人。

6 福祉临到义人头上, 强暴遮盖恶人的口。

7 义人的名必蒙称赞, 恶人的名字却必腐朽。

8 心存智慧的, 必接受诫命; 嘴唇愚妄的, 必自招灭亡。

9 行为完全的, 步步安稳; 行事弯曲的, 终必败露。

10 以眼传神的, 使人受害; 嘴唇愚妄的, 必自招灭亡。

11 义人的口是生命的泉源, 强暴遮盖恶人的口。

12 恨能挑起纷争, 爱能遮掩一切过失。

13 聪明人嘴里有智慧, 无知人背上受刑杖。

14 智慧人积存知识, 愚妄人的口招致毁灭。

15 富翁的财物是他的坚城, 穷人的贫乏是他灭亡的因由。

16 义人的工价就是生命, 恶人所得的却是刑罚。

17 遵守教训的, 走在生命的路上; 离弃责备的, 却是走上错路。

18 隐藏怨恨的, 嘴里必出谎言; 散播谣言的, 是愚昧人。

19 多言多语难免有过失; 约束自己嘴唇的, 是明慧人。

20 义人的舌头好像纯银, 恶人的心思毫无价值。

21 义人的嘴唇培育多人, 愚妄人因无知死亡。

22 耶和华所赐的福使人富足, 并不加上愁烦。

23 愚昧人以行恶为嬉戏, 聪明人却以智慧为乐。

24 恶人所怕的, 必临到他身上; 义人所愿的, 必蒙应允。

25 暴风一过, 恶人就归于无有, 义人却有永远的根基。

26 醋怎样使牙酸倒, 烟怎样熏目, 懒惰人也怎样使差他的人难受。

27 敬畏耶和华可以延年益寿, 恶人的年岁必被减少。

28 义人的盼望使他们喜乐, 恶人的希望终必幻灭。

29 耶和华的道是完全人的保障, 却是作孽的人灭亡的因由。

30 义人永不动摇, 恶人却不得安居在地上。

31 义人的口结出智慧的果子, 乖谬的舌头必被割除。

32 义人的嘴使人喜悦, 恶人的口说乖谬的话。