1 'n Sagte antwoord keer die grimmigheid af, maar 'n krenkende woord laat die toorn opkom.
2 Die tong van die wyse getuig van grondige kennis, maar die mond van die dwase laat sotheid uitborrel.
3 Op elke plek is die oë van die HERE, en hulle beskou opmerksaam die slegtes en die goeies.
4 Sagtheid van tong is 'n lewensboom, maar valsheid daarin is verbreking in die gees.
5 Die sot verag die tug van sy vader, maar hy wat op die teregwysing ag gee, word wys.
6 In die huis van die regverdige is 'n groot skat, maar in die inkomste van die goddelose is verwarring.
7 Die lippe van die wyse strooi kennis uit, maar die hart van die dwase is nie reg nie.
8 Die offer van die goddelose is vir die HERE 'n gruwel, maar die gebed van die opregtes is Hom welgevallig.
9 Die wandel van die goddelose is vir die HERE 'n gruwel, maar hom wat geregtigheid najaag, het Hy lief.
10 'n Strenge tugtiging is daar vir hom wat die pad verlaat; hy wat die teregwysing haat, sal sterwe.
11 Die doderyk en die plek van vertering lê oop voor die HERE, hoeveel te meer die harte van die mensekinders!
12 Die spotter hou nie daarvan dat 'n mens hom bestraf nie, hy gaan nie na die wyse toe nie.
13 'n Vrolike hart maak die aangesig bly, maar by verdriet van die hart is die gees neerslagtig.
14 Die hart van die verstandige soek na kennis, maar die mond van die dwase gaan met sotheid om.
15 Al die dae van die bedrukte is sleg, maar die vrolike van hart het gedurigdeur fees.
16 Liewer 'n bietjie in die vrees van die HERE, as 'n groot skat en onrus daarby.
17 Liewer 'n porsie groente waar liefde by is, as 'n vetgevoerde bees en haat daarby.
18 'n Driftige man verwek twis, maar die lankmoedige laat die geskil bedaar.
19 Die weg van die luiaard is soos 'n heining van dorings, maar die pad van die opregtes is reggemaak.
20 'n Wyse seun verbly sy vader, maar 'n dwase mens verag sy moeder.
21 Sotheid is 'n vreugde vir die verstandelose, maar 'n man van verstand wandel reguit.
22 Planne misluk sonder beraadslaging, maar deur die veelheid van raadgewers kom dit tot stand.
23 'n Man het blydskap in die regte antwoord van sy mond, en hoe goed is 'n woord op sy tyd!
24 Die pad van die lewe gaan vir die verstandige na bowe, sodat hy die doderyk daaronder ontwyk.
25 Die HERE ruk die huis van die trotsaards om, maar die grenslyn van die weduwee stel Hy vas.
26 Die planne van die slegte is vir die HERE 'n gruwel, maar vriendelike woorde is rein.
27 Wie onregverdige wins maak, bring sy huis in beroering; maar hy wat geskenke haat, sal lewe.
28 Die hart van die regverdige dink n om te antwoord, maar die mond van die goddelose laat slegte dinge uitborrel.
29 Die HERE is ver van die goddelose, maar die gebed van die regverdiges hoor Hy.
30 Stralende oë verbly die hart; 'n goeie tyding maak die gebeente vet.
31 Die oor wat na die teregwysing tot die lewe luister, sal onder die wyse vertoef.
32 Hy wat die tug verwerp, ag sy eie lewe gering; maar hy wat na die teregwysing luister, verkry verstand.
33 Die vrees van die HERE is die tug van die wysheid, en nederigheid gaan aan die eer vooraf.
1 柔和的回答使烈怒消退, 暴戾的话激动怒气。
2 智慧人的舌头阐扬知识; 愚昧人的口发出愚妄。
3 耶和华的眼目无所不在; 坏人好人他都鉴察。
4 说安慰话的舌头是生命树; 奸恶的舌头使人心碎。
5 愚妄人藐视父亲的管教; 看重责备的是精明的人。
6 义人家中财宝丰富; 恶人的收入却带来扰害。
7 智慧人的嘴唇散播知识; 愚昧人的心并不是这样。
8 恶人的祭物是耶和华厌恶的; 正直人的祷告却是他所喜悦的。
9 恶人的道路是耶和华厌恶的; 追求公义的人却是他所爱的。
10 离弃正路的必受严厉的管教; 恨恶责备的必致死亡。
11 阴间和灭亡展露在耶和华面前, 何况世人的心呢?
12 好讥笑人的不喜爱责备他的人, 也不到智慧人那里去。
13 喜乐的心使人脸上容光焕发; 心中愁苦使人精神颓丧。
14 聪明人的心寻求知识, 愚昧人的口只吃愚妄。
15 困苦人的日子尽是艰难; 心中畅快的好像常享丰筵。
16 财物虽少而敬畏耶和华, 胜过财物丰富却烦恼不安。
17 吃素菜而彼此相爱, 胜过吃肥牛却彼此憎恨。
18 脾气暴烈的人常引起纷争; 不轻易动怒的可平息争执。
19 懒惰人的道路好像荆棘篱笆; 正直人的路径是平坦的大道。
20 智慧的儿子使父亲快乐; 愚昧人却藐视自己的母亲。
21 无知的人以愚妄为乐; 聪明人却行事正直。
22 不经商议, 计划必定失败; 谋士众多, 计划就可成功。
23 应对得当, 自己也觉喜乐; 合时的话, 多么美好!
24 生命之路领明慧人向上, 因此他可以离开在下面的阴间。
25 耶和华必拆毁骄傲人的家, 却要立定寡妇的地界。
26 邪恶的思想是耶和华厌恶的; 恩慈的话却是纯净的。
27 贪爱不义之财的祸害自己的家; 恨恶贿赂的必可以存活。
28 义人的心思想怎样回答; 恶人的口发出恶言。
29 耶和华远离恶人, 却垂听义人的祷告。
30 眼中的光采使人心快乐; 好消息使骨头滋润。
31 听从有关生命之责备的, 必住在智慧人中间。
32 轻忽管教的是藐视自己; 听从责备的却得着智慧("智慧"原文作"心")。
33 敬畏耶和华是智慧的教训; 尊荣以先, 必有谦卑。