1 'n Valse weegskaal is vir die HERE 'n gruwel, maar in 'n volle gewig het Hy behae.

2 Kom die vermetelheid, dan kom die skande, maar by die beskeidenes is wysheid.

3 Die regskapenheid van die opregtes is vir hulle 'n leier, maar die valsheid van die ontroues vernietig hulle.

4 Goed bring geen voordeel op die dag van die grimmigheid nie, maar geregtigheid red van die dood.

5 Die geregtigheid van die regskapene maak sy weg gelyk, maar die goddelose val deur sy goddeloosheid.

6 Die geregtigheid van die opregtes red hulle, maar deur hulle eie begeerlikheid word die ontroues gevang.

7 By die dood van 'n goddelose mens gaan sy hoop tot niet, en die verwagting van die roekelose het vergaan.

8 Word die regverdige uit die benoudheid gered, dan kom die goddelose in sy plek.

9 Deur die mond stort die roekelose sy naaste in die verderf, maar deur kennis word die regverdiges gered.

10 Oor die voorspoed van die regverdiges jubel 'n stad, en as die goddelose omkom, is daar gejubel.

11 Deur die seën van die opregtes kom 'n stad op, maar deur die mond van die goddelose word dit afgebreek.

12 Die verstandelose verag sy naaste, maar 'n verstandige man bly stil.

13 Die wat met kwaadsprekery omgaan, maak 'n geheim openbaar, maar hy wat betroubaar is van gees, bedek 'n saak.

14 As daar nie goeie oorleg is nie, val 'n volk; maar in die veelheid van raadgewers is redding.

15 Baie sleg word iemand behandel as hy vir 'n ander borg gestaan het; maar hy wat haat wie die handslag gee, is veilig.

16 'n Aanvallige vrou verkry eer, en die geweldenaars verkry rykdom.

17 'n Man wat 'n weldaad bewys, doen goed aan sy eie siel, maar 'n wreedaard pynig sy eie vlees.

18 Die goddelose behaal oneerlike wins, maar hy wat geregtigheid saai, 'n betroubare loon.

19 Ware geregtigheid lei tot die lewe, maar hy wat die kwaad najaag, jaag na sy dood.

20 Die wat verkeerd van hart is, is vir die HERE 'n gruwel; maar Hy het behae in die wat regskape van wandel is.

21 Sekerlik, die slegte bly nie ongestraf nie; maar die geslag van regverdiges raak vry.

22 'n Goue ring in 'n vark se snuit, so is 'n vrou wat mooi is maar sonder beleid.

23 Die begeerte van die regverdiges is net ten goede, maar die hoop van die goddelose is 'n strafgerig van toorn.

24 Daar is een wat ruim uitdeel en nog meer kry, en een wat terughou meer as wat reg is, maar tot sy gebrek.

25 Die siel wat seën, word versadig; en hy wat laaf, word self ook gelaaf.

26 Hy wat koring terughou, hom vloek die mense; maar seëning kom op die hoof van hom wat koring verkoop.

27 Wie die goeie nastreef, soek wat welgevallig is; maar hy wat die kwaad soek, oor hom sal dit kom.

28 Wie op sy rykdom vertrou, die sal val; maar die regverdiges sal soos blare uitspruit.

29 Wie sy huis in beroering bring, sal wind erwe, en 'n dwaas word 'n slaaf van hom wat wys van hart is.

30 Die vrug van die regverdige is 'n boom van die lewe, en hy wat siele win, is wys.

31 As die regverdige op aarde vergelding ontvang, hoeveel te meer die goddelose en die sondaar!

1 诡诈的天平是耶和华所厌恶的, 准确的法码是他所喜悦的。

2 傲慢来, 羞辱也来; 谦卑的人却有智慧。

3 正直人的纯正必引导他们自己, 奸诈人的奸恶却毁灭自己。

4 在 神发怒的日子, 财物毫无益处; 唯有公义能救人脱离死亡。

5 完全人的公义, 必使自己的路平坦正直, 但恶人必因自己的邪恶跌倒。

6 正直人的公义必拯救自己, 但奸诈人必陷溺于自己的恶欲中。

7 恶人一死, 他的希望就幻灭; 有能力的人的盼望也消灭了。

8 义人得蒙拯救脱离患难, 恶人却来代替他。

9 不敬虔的人用口败坏邻舍, 义人却因知识免受其害。

10 义人亨通, 全城欢乐; 恶人灭亡, 大家欢呼。

11 因正直人的祝福, 城的地位就提高; 因恶人的口, 城就倾覆。

12 藐视邻舍的, 真是无知; 聪明人却缄默不言。

13 到处搬弄是非的, 泄露秘密, 心里诚实的, 遮隐事情。

14 没有智谋, 国家败落; 谋士众多, 就能得胜。

15 为外人作保证人的, 必受亏损; 厌恶替人击掌担保的, 却得着安稳。

16 贤德的妇女得着尊荣, 强暴的男子只得着财富。

17 仁慈的人自己获益, 残忍的人自己受害。

18 恶人赚得的工价是虚假的, 播种公义的得着实在的赏赐。

19 恒心行义的必得生命; 追随邪恶的必致死亡。

20 欺诈的心是耶和华厌恶的; 行为完全是他所喜悦的。

21 恶人必不免受罚, 但义人的后裔必蒙解救。

22 妇女美丽而无见识, 就像金环带在猪鼻上一样。

23 义人的愿望, 尽是美好, 恶人的希望, 必招致忿怒。

24 有人慷慨好施, 财富却更增添; 有人吝啬过度, 反招致贫穷。

25 乐善好施的人, 必得丰裕; 施惠于人的, 自己也必蒙施惠。

26 屯积五谷的, 必被人民咒诅; 出售粮食的, 福祉必临到他的头上。

27 殷切求善的, 必得到爱顾; 追求邪恶的, 邪恶必临到他。

28 倚赖自己财富的, 必然衰落; 义人却必繁茂, 好像绿叶。

29 祸害自己家庭的, 必承受清风; 愚妄人必作心思智慧的人的仆人。

30 义人所结的果子就是生命树; 智慧人必能得人。

31 义人在世上尚且受报应, 何况恶人和罪人呢?