1 In die derde jaar van Kores, die koning van die Perse, is 'n woord geopenbaar aan Daniël wat B,ltsasar genoem is, en die woord is waarheid maar groot swarigheid; en hy het die woord verstaan en insig gehad in die gesig.
2 In daardie dae het ek, Daniël, drie volle weke getreur.
3 Smaaklike spys het ek nie geëet en vleis en wyn het nie in my mond gekom nie; en ek het my glad nie gesalf nie, totdat drie volle weke om was.
4 En op die vier en twintigste dag van die eerste maand, terwyl ek op die wal van die groot rivier was, dit is die Hidd,kel,
5 het ek my oë opgeslaan, en daar sien ek 'n man met linne bekleed, en sy heupe was omgord met goud van Ufas.
6 En sy liggaam was soos chrisoliet, en sy aangesig soos die geflikker van bliksem en sy oë soos fakkels van vuur en sy arms en sy voete soos blink geskuurde koper en die geluid van sy woorde soos die gedruis van 'n menigte.
7 En ek, Daniël, alleen het die gesig gesien, maar die manne wat saam met my was, het die gesig nie gesien nie; nogtans het 'n groot skrik hulle oorval, sodat hulle gevlug het om hulle te verberg.
8 Toe het ,k alleen oorgebly en hierdie groot gesig gesien, en geen krag het in my oorgebly nie, en my gesonde kleur het aan my verander en verdwyn, en ek het geen krag oorgehou nie.
9 En ek het die geluid van sy woorde gehoor, en toe ek die geluid van sy woorde hoor, het ek bewusteloos op my aangesig, met my aangesig op die aarde, geval.
10 En kyk, 'n hand het my aangeraak en my op my knieë en op die handpalms waggelend laat opstaan.
11 En hy het vir my gesê: Daniël, geliefde man, gee ag op die woorde wat ek met jou spreek, en gaan staan op jou staanplek, want ek is nou na jou gestuur. En terwyl hy hierdie woord met my spreek, het ek bewende gaan staan.
12 Toe sê hy vir my: Wees nie bevrees nie, Daniël; want van die eerste dag af dat jy jou hart daarop gerig het om ag te gee en jou voor die aangesig van jou God te verootmoedig, is jou woorde gehoor, en om jou woorde ontwil het ek gekom;
13 maar die vors van die koninkryk van die Perse het een en twintig dae lank teenoor my gestaan, en kyk, M¡gael, een van die vernaamste vorste, het gekom om my te help; en ,k het daar oorgebly by die konings van Persië.
14 Ek het dan gekom om jou inligting te gee oor wat jou volk aan die einde van die dae te beurt sal val, want die gesig sien nog op die verre toekoms.
15 En terwyl hy hierdie woorde met my spreek, het ek my aangesig na die grond gedraai en stom geword.
16 En kyk, een wat soos 'n mens gelyk het, het my lippe aangeraak. Toe het ek my mond oopgemaak en gespreek en aan hom wat teenoor my staan, gesê: My heer, deur die gesig het krampe my oorval en het ek geen krag oorgehou nie.
17 En hoe kan so 'n geringe kneg van my heer met so 'n heer van my spreek? Wat my aangaan, bestaan daar nou geen krag in my nie, en geen asem het in my oorgebly nie.
18 Toe het die een wat soos 'n mens gelyk het, my weer aangeraak en my versterk
19 en gesê: Wees nie bevrees nie, geliefde man, vrede vir jou, wees sterk, ja, sterk! En terwyl hy met my spreek, het ek moed geskep en gesê: My heer kan maar spreek, want u het my versterk.
20 Toe sê hy: Weet jy waarom ek na jou gekom het? Ek moet dan nou teruggaan om te veg met die vors van die Perse; en as ek heengegaan het, kyk, dan kom die vors van Griekeland.
21 Nogtans sal ek jou te kenne gee wat geskrywe is in die boek van die waarheid; en daar is nie een wat hom saam met my dapper gedra teen hulle nie, behalwe julle vors M¡gael.
1 波斯王古列第三年, 有一个信息启示给那称为伯提沙撒的但以理。这信息是真的, 是关于一场大战争; 但以理明白这信息, 了解这异象。
2 那时, 我但以理悲伤了三个星期。
3 美味的食物我没有吃, 肉和酒没有入我的口, 我也没有用膏油抹身, 整整三个星期。
4 正月二十四日, 我在底格里斯大河边的时候,
5 我举目观看, 看见有一个人身穿细麻衣, 腰束乌法纯金的带。
6 他的身像碧玉, 面貌像闪电的样子, 眼睛像火把, 手臂和腿像擦亮的铜那么闪耀, 说话的声音像群众喊叫的声音。
7 独有我但以理看见这异象, 那些和我在一起的人都没有看见, 不过他们却大大惊慌, 逃跑躲藏起来了。
8 因此, 只有我一人留下来; 我看见了这大异象, 就全身无力, 脸色大变, 一点力气都没有。
9 我却仍听见他说话的声音; 我一听见他说话的声音, 就沉睡了, 脸伏在地。
10 忽然有一只手按在我身上, 使我用膝和手掌勉强支持着要站起来。
11 他对我说: "大蒙眷爱的但以理啊! 你应当留意我要对你说的话。你只管站起来, 因为我现在奉差遣到你这里来。"他和我说这话的时候, 我就战战兢兢地站起来。
12 他又对我说: "但以理啊! 不要惧怕, 因为自从你第一天决心要明白这些事, 又在你的 神面前谦卑自己, 你祷告的话已蒙垂听了; 我就是因你祷告的话而来的。
13 但波斯国的护卫天使拦阻我二十一天; 后来有护卫天使长中的一位米迦勒来帮助我, 我就留他在那里("我就留他在那里"按照《马索拉抄本》应作"我就被留在那里"; 现参照《七十士译本》翻译), 和波斯众王在一起。
14 现在我来是要使你明白日后所要发生在你的同胞身上的事, 因为这异象是关于将来许多的年日的。"
15 他和我说这些话的时候, 我就脸伏在地, 默默无声。
16 忽然有一位像人的, 摸我的嘴唇, 我就开口和那站在我面前的交谈, 说: "我主啊! 因着这异象, 我非常痛苦, 毫无气力。
17 我主的仆人怎能和我主说话呢?我现在全身无力, 没有气息。"
18 那位像人的再摸我, 使我有力量。
19 他说: "大蒙眷爱的人哪! 不要惧怕, 愿你平安, 你要大大刚强。"他和我说话的时候, 我就刚强起来; 于是我说: "我主请说, 因为你刚强了我。"
20 他说: "现在我要回去和波斯的护卫天使作战; 我一离去, 希腊的护卫天使就要来。但你知道我为什么到你这里来吗?
21 我来是要把那记录在真理书上的事告诉你。除了你们的护卫天使米迦勒之外, 没有一个帮助我, 和我一起抵挡他们。"