1 En in die tyd sal M¡gael, die groot vors wat oor die kinders van jou volk staan, optree; en dit sal 'n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat 'n volk bestaan het tot op die tyd nie; maar in die tyd sal jou volk gered word, elkeen wat in die boek opgeskrywe staan.
2 En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik.
3 En die verstandiges sal glinster soos die glans van die uitspansel, en die wat baie tot regverdigheid lei, soos die sterre vir ewig en altoos.
4 En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die tyd van die einde toe; baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder.
5 En ek, Daniël, het gesien, en kyk daar het twee ander gestaan, die een duskant op die wal van die rivier en die ander oorkant op die wal van die rivier.
6 En een het aan die man, met linne bekleed, wat bo-oor die water van die rivier was, gesê: Hoe lank sal die einde van die wonderbaarlike dinge uitbly?
7 Toe hoor ek die man, met linne bekleed, wat bo-oor die water van die rivier was, en hy het sy regterhand en sy linkerhand na die hemel opgehef en gesweer by die Ewig-Lewende: 'n Tyd, tye en 'n halwe tyd, en as hulle die mag van die heilige volk geheel verstrooi het, sal al hierdie dinge vervul word.
8 En ek het dit gehoor, maar nie verstaan nie; daarom het ek gesê: My heer, wat is die uiteinde van hierdie dinge?
9 En hy het gesê: Gaan heen, Daniël, want die woorde bly verborge en verseël tot die tyd van die einde toe.
10 Baie sal gereinig en gesuiwer en gelouter word, maar die goddelose sal goddeloos handel; en geeneen van die goddelose mense sal verstaan nie, maar die verstandiges sal verstaan.
11 En van die tyd af dat die voortdurende offer afgeskaf en die ontsettende gruwel opgerig word, sal duisend twee honderd en negentig dae verloop.
12 Welgeluksalig is hy wat bly verwag en duisend drie honderd vyf en dertig dae bereik.
13 En jy, gaan heen na die einde; en jy sal rus en weer opstaan tot jou bestemming aan die einde van die dae.
1 "那时保护你同胞的伟大护卫天使米迦勒必站起来; 并且必有患难的时期, 是立国以来直到那时未曾有过的。那时你的同胞中名字记录在册上的, 都必得拯救。
2 必有许多睡在尘土中的人醒过来, 有的要得永生, 有的要受羞辱, 永远被憎恶。
3 那些使人有智慧的必发光, 好像天上的光体; 那些使许多人归义的必发光, 如同星星, 直到永永远远。
4 但以理啊! 你要隐藏这些话, 把这书密封, 直到末期, 必有许多人来往奔跑, 知识增多。"
5 我但以理观看, 看见另有两个天使, 一个站在河岸的这边, 一个站在河岸的那边。
6 有一个问那身穿细麻衣、站在河水以上的人, 说: "这些奇异的事的结局几时才到呢?"
7 我听见那身穿细麻衣、站在河水以上的人, 向天举起左右手, 指着活到永远的主起誓, 说: "要经过一载、二载、半载("一载、二载、半载"或译: "一个时期、多个时期、半个时期"); 在他们完全粉碎圣民的势力的时候, 这一切事就都要完成。"
8 我听见, 却不明白, 我就问: "我主啊, 这些事的结局是怎样呢?"
9 他回答: "但以理啊! 你只管去吧, 因为这些话已经隐藏密封, 直到末期。
10 许多人必洁净自己, 使自己洁白, 并且被熬炼。可是恶人仍然作恶。所有恶人都不明白, 只有那些使人有智慧的才能明白。
11 从废除常献祭, 并设立那使地荒凉的可憎的像的时候起, 必有一千二百九十天。
12 等候到一千三百三十五日的, 那人是有福的。
13 你应去等待结局! 你必安歇; 到了末日, 你必起来, 承受你的分。"