1 Verder het die HERE met Moses gespreek: Gaan heen, trek hiervandaan op, jy en die volk wat jy uit Egipteland laat optrek het, na die land wat Ek met 'n eed aan Abraham, Isak en Jakob beloof het, met die woorde: Aan jou nageslag sal Ek dit gee;
2 en Ek sal 'n engel voor jou uit stuur -- en die Kana„niete, Amoriete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete verdrywe --
3 na 'n land wat oorloop van melk en heuning; want Ek sal in jou midde nie optrek nie, omdat jy 'n hardnekkige volk is; anders sal jy op die weg verteer word.
4 Toe die volk hierdie onheilspellende woord hoor, het hulle getreur; en niemand het sy versiersels aangesit nie.
5 Die HERE het naamlik met Moses gespreek: Sê aan die kinders van Israel: Julle is 'n hardnekkige volk; as Ek vir een oomblik in jou midde sou optrek, sou Ek jou vernietig. Maar haal nou jou versiersels van jou af, dan sal Ek weet wat Ek met jou moet doen.
6 Toe het die kinders van Israel hulleself beroof van hul versiersels, van die berg Horeb af.
7 En Moses het elke keer 'n tent geneem en dit vir hom buitekant die laer opgeslaan, ver van die laer af; en hy het dit genoem die tent van samekoms. En elkeen wat die HERE wou raadpleeg, het uitgegaan na die tent van samekoms wat buitekant die laer was.
8 En as Moses uitgaan na die tent, staan die hele volk op en gaan elkeen aan die ingang van sy tent staan. Dan kyk hulle Moses agterna tot hy in die tent ingegaan het.
9 En as Moses in die tent ingaan, kom die wolkkolom af en gaan by die ingang van die tent staan, en dan spreek Hy met Moses.
10 En as die hele volk die wolkkolom sien staan by die ingang van die tent, staan die hele volk op en buig, elkeen aan die ingang van sy tent.
11 Dan spreek die HERE met Moses van aangesig tot aangesig soos 'n man met sy vriend spreek. Daarna gaan hy na die laer terug; maar sy dienaar Josua, 'n jongman, die seun van Nun, het hom nie uit die tent verwyder nie.
12 Toe het Moses met die HERE gespreek: U sê nou wel aan my: Ek moet hierdie volk laat optrek, maar U laat my nie weet wie U saam met my sal stuur nie, hoewel U gesê het: Ek ken jou by die naam, en jy het ook genade in my oë gevind.
13 As ek dan nou genade in u oë gevind het, maak my dan tog u weë bekend, dat ek U kan ken; sodat ek genade in u oë kan vind. En bedink tog dat hierdie nasie u volk is.
14 En Hy antwoord: Moet Ek self meegaan om jou die rusplek te verskaf?
15 Toe sê hy vir Hom: As U nie self meegaan nie, laat ons dan nie hiervandaan optrek nie.
16 Want waaraan sou dan bekend word dat ek genade in u oë gevind het, ek en u volk? Is dit nie daaraan dat U met ons saamtrek nie? So sal ons, ek en u volk, onderskeie wees van elke volk wat op die aarde is.
17 Toe sê die HERE aan Moses: Ook hierdie versoek wat jy uitgespreek het, daaraan sal Ek voldoen; want jy het genade gevind in my oë, en Ek ken jou by die naam.
18 Daarop vra hy: Laat my tog u heerlikheid sien.
19 Maar Hy antwoord: Ek sal al my majesteit by jou laat verbygaan en voor jou die Naam van die HERE uitroep; maar Ek sal genadig wees vir wie Ek genadig wil wees, en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm.
20 Verder het Hy gesê: Jy kan my aangesig nie sien nie, want geen mens kan My sien en bly lewe nie.
21 Ook het die HERE gesê: Kyk, hier is 'n plek by My waar jy op die rots kan gaan staan.
22 En as my heerlikheid verbygaan, sal Ek jou in die skeur van die rots stel en jou met my hand oordek totdat Ek verbygegaan het.
23 En as Ek my hand wegneem, sal jy My van agter sien; maar my aangesig kan nie gesien word nie.
1 耶和华对摩西说: "你和你从埃及地领出来的人民要离开这里, 上我曾经起誓应许给亚伯拉罕、以撒、雅各的地去, 我曾应许: ‘我要把这地赐给你的后裔。’
2 我要差派使者在你前面; 我要把迦南人、亚摩利人、赫人、比利洗人、希未人、耶布斯人赶出去,
3 你们要上那流奶与蜜的地方去; 我不与你们一同上去, 因为你们是硬着颈项的人民, 免得我在路上把你们消灭。"
4 人民一听见这凶信, 就悲伤起来, 也没有人穿戴装饰。
5 耶和华对摩西说: "你要对以色列人说: ‘你们是硬着颈项的民; 我若是霎时间与你们同行, 我会把你们消灭的; 所以, 现在你们要把你们身上的装饰脱下来, 使我知道我要怎样处置你们。’"
6 于是, 以色列人从何烈山以后, 就把身上的装饰脱下来。
7 摩西一向把会幕支搭在营外, 离营远些; 摩西称它为会幕。凡是寻求耶和华的, 就出到营外的会幕那里去。
8 摩西出营到会幕去的时候, 全体的人民都起来, 各人站在自己帐幕的门口, 望着摩西, 直到他进了会幕。
9 摩西进会幕的时候, 就有云柱降下来, 停在会幕门口上面; 耶和华就与摩西谈话。
10 全体的人民看见了云柱停在会幕门口上面, 就都起来, 各人在自己帐幕的门口下拜。
11 耶和华与摩西面对面说话, 好像人对朋友说话一样。然后, 摩西回到营里去, 只有他的侍从, 一个少年人, 就是嫩的儿子约书亚, 不离开会幕。
12 摩西对耶和华说: "看, 你吩咐我说: ‘把这百姓领上去’, 可是你却没有让我知道你要差派谁与我同去; 只是你曾经说过: ‘我按着你的名字认识你, 你在我眼前也蒙了恩。’
13 现在我若是在你眼前蒙恩, 求你把你的道路指示我, 使我可以认识你, 可以在你眼前蒙恩; 也求你想到这民族是你的人民。"
14 耶和华说: "我必亲自与你同去, 也必给你安息。"
15 摩西对他说: "你若是不亲自与我们同去, 就不要把我们从这里领上去。
16 人在什么事上可以知道我和你的人民在你眼前蒙恩呢?不是因为你与我们同去, 使我和你的人民可以和地上所有的人有分别吗?"
17 耶和华对摩西说: "你所说的这件事我也要作, 因为你在我眼前蒙恩, 并且我按着你的名字认识了你。"
18 摩西说: "求你给我看看你的荣耀。"
19 耶和华说: "我要使我的一切美善都在你面前经过, 并且要把我的名字耶和华在你面前宣告出来; 我要恩待谁, 就恩待谁; 我要怜悯谁, 就怜悯谁。"
20 他又说: "你不能看我的脸, 因为没有人看见了我还能活着。"
21 耶和华说: "看哪, 我这里有个地方, 你要站在磐石上。
22 我的荣耀经过的时候, 我要把你放在磐石隙中, 我要用我的手掌遮盖你, 直到我过去了。
23 然后, 我要收回我的手掌, 你就会看见我的背后, 却不能看见我的脸。"