1 En die tabernakel moet jy van tien tentdoeke maak, van fyn dubbeldraad-linne en pers en purperrooi en bloedrooi stowwe, met g,rubs; as kunstige werk moet jy dit maak.
2 Die lengte van elke tentdoek moet agt en twintig el wees en die breedte van elke tentdoek vier el. Al die tentdoeke moet een maat hê.
3 Vyf van die tentdoeke moet aanmekaargewerk wees, die een aan die ander. En weer vyf tentdoeke aanmekaar, die een aan die ander.
4 En jy moet lissies van pers stof maak aan die soom van die buitenste tentdoek van die een stel. En so moet jy dit maak aan die soom van die laaste tentdoek van die tweede stel.
5 Vyftig lissies moet jy aan die een tentdoek maak, en vyftig lissies moet jy maak aan die rand van die tentdoek wat aan die tweede stel behoort. Die lissies moet die een teenoor die ander wees.
6 Jy moet ook vyftig goue hakies maak en die tentdoeke saamvoeg met die hakies, die een aan die ander, sodat die tabernakel een geheel is.
7 Ook moet jy doeke van bokhaar maak as 'n tentseil oor die tabernakel: elf tentdoeke moet jy dit maak.
8 Die lengte van elke tentdoek moet dertig el wees en die breedte van elke tentdoek vier el: die elf tentdoeke moet een maat hê.
9 En jy moet vyf van die tentdoeke besonders aanmekaarwerk en ses van die tentdoeke besonders. En die sesde tentdoek moet jy dubbel vou, aan die voorkant van die tent.
10 En jy moet vyftig lissies maak aan die soom van die laaste tentdoek van die een stel, en vyftig lissies aan die soom van die laaste tentdoek van die tweede stel.
11 Jy moet ook vyftig koperhakies maak en die hakies in die lissies steek; en jy moet die tent saamvoeg, sodat dit een geheel is.
12 En wat betref die oorhangende gedeelte aan die tentdoeke -- die helfte van die tentdoek wat oorskiet, moet oorhang aan die agterkant van die tabernakel.
13 En die el wat aan weerskante oorskiet in die lengte van die tentdoeke, moet oorhang aan die sykante van die tabernakel, aan weerskante, om dit te oordek.
14 Jy moet ook vir die tent 'n dekkleed van rooigeverfde ramsvelle maak en 'n dekkleed van robbevelle daar bo-oor.
15 Jy moet ook vir die tabernakel die regopstaande style van akasiahout maak.
16 Die lengte van die styl moet tien el wees, en anderhalf el die breedte van elke styl.
17 Elke styl moet twee tappe hê wat met mekaar verbind is. So moet jy dit maak vir al die style van die tabernakel.
18 En die style vir die tabernakel moet jy maak: twintig style aan die suidekant, na die suide toe.
19 Jy moet ook veertig silwervoetstukke onder die twintig style maak: twee voetstukke onder die een styl vir sy twee tappe en twee voetstukke onder die ander styl vir sy twee tappe.
20 En vir die ander sykant van die tabernakel, aan die noordekant, twintig style
21 met hulle veertig silwervoetstukke: twee voetstukke onder die een styl en twee voetstukke onder die ander styl.
22 En vir die agterkant van die tabernakel, teen die weste, moet jy ses style maak.
23 Ook moet jy twee style maak vir die hoeke van die tabernakel, aan die agterkant.
24 En hulle moet van onder dubbel wees, en net so moet hulle bo dubbel wees tot by die eerste ring. So moet dit met altwee wees; hulle moet die twee hoeke vorm.
25 So moet daar dan agt style wees met hulle silwervoetstukke, sestien voetstukke: twee voetstukke onder die een styl en twee voetstukke onder die ander styl.
26 Jy moet ook dwarshoute van akasiahout maak: vyf vir die style van die een sykant van die tabernakel
27 en vyf dwarshoute vir die style van die ander sykant van die tabernakel; ook vyf dwarshoute vir die style van die agterkant van die tabernakel teen die weste.
28 En die middelste dwarshout moet in die middel van die style oordwars loop, van die een ent na die ander.
29 En jy moet die style met goud oortrek; en hulle ringe, as plekke vir die dwarshoute, moet jy van goud maak. Die dwarshoute moet jy ook met goud oortrek.
30 So moet jy dan die tabernakel oprig volgens die plan wat jou op die berg getoon is.
31 Verder moet jy 'n voorhangsel maak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne. As kunstige werk moet jy dit maak, met g,rubs.
32 En jy moet dit ophang aan vier pilare van akasiahout wat met goud oorgetrek is en ook kramme van goud het en op vier silwervoetstukke staan.
33 En jy moet die voorhangsel onder die hakies ophang; en bring die ark van die Getuienis daar, binnekant die voorhangsel. En die voorhangsel moet vir julle 'n skeiding maak tussen die Heilige en die Allerheiligste.
34 En jy moet die versoendeksel op die ark van die Getuienis neerlê in die Allerheiligste.
35 En sit die tafel buitekant die voorhangsel, en die kandelaar teenoor die tafel aan die suidekant van die tabernakel. Maar die tafel moet jy aan die noordekant sit.
36 Jy moet ook vir die ingang van die tent 'n bedekking maak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, veelkleurige werk.
37 En maak vir die bedekking vyf pilare van akasiahout, en trek hulle oor met goud; hulle kramme moet ook van goud wees; en jy moet daarvoor vyf kopervoetstukke giet.
1 "你要用十幅幔子来做会幕; 幔子要用捻的细麻、蓝色紫色朱红色线做成, 并要用巧工绣上基路伯。
2 每幅幔子要长十二公尺, 宽两公尺, 每幅幔子都要一样的尺寸。
3 其中五幅幔子要彼此相连, 另外五幅幔子也要彼此相连。
4 其中一组相连的幔子最后一幅的边上, 你要做蓝色的钮扣; 在另一组相连的幔子最后一幅的边上, 你也要这样做。
5 在这幅幔子上, 你要做五十个钮扣; 在另一组幔子最后一幅的边上, 你也要做五十个钮扣, 这些钮扣要彼此相对。
6 你要做五十个金钩, 又要用钩使幔子相连起来, 成为一整个会幕。
7 "你要用山羊毛做幔子, 作会幕上面的帐棚, 你要做十一幅幔子。
8 每幅幔子要长十三公尺, 宽两公尺, 十一幅幔子都要一样的尺寸。
9 你要把五幅幔子连在一起, 又把另外六幅幔子连在一起, 你要在帐棚前面把第六幅幔子折叠起来。
10 在这一组相连的幔子最后一幅的边上, 你要做五十个钮扣; 在另一组相连的幔子最后一幅的边上, 也要做五十个钮扣。
11 你又要做五十个铜钩, 把钩穿进钮扣中, 使帐棚连起来, 成为一整个帐棚。
12 帐棚的幔子多出的那部分, 即垂下来的半幅幔子, 要垂在会幕的后面。
13 帐棚幔子多出的长度, 要这边五十公分, 那边五十公分, 并且要在会幕的两边, 遮盖会幕。
14 你又要用染红的公羊皮做帐棚的顶盖, 在上面再盖上海狗皮。
15 "你要用皂荚木做会幕的竖板,
16 每块板要长四公尺, 宽六十六公分。
17 每块木板要有两个榫头, 彼此连接, 会幕的一切木板你都要这样做。
18 你要给会幕做木板; 给南边, 就是向南的一面, 做二十块木板,
19 在这二十块板底下, 你要做四十个银插座; 每块木板底下有两个插座连接它的两个榫头。
20 你也要给会幕的另一边, 就是北面, 做二十块木板,
21 和四十个银插座。这块木板底下有两个插座, 那块木板底下也有两个插座。
22 给会幕的后面, 就是西面, 你要做六块木板。
23 在会幕后面的两角上, 你要做两块木板。
24 木板的下截是要双的, 一直连到上面的第一环那里, 都是要双的。两块都要这样做, 要成为两只角。
25 所以要有八块木板, 和十六个银插座, 这块木板底下有两个插座, 那块木板底下也有两个插座。
26 "你要用皂荚木做横闩, 为会幕这边的木板做五个横闩,
27 为会幕那边的木板也做五个横闩, 又为会幕的后边, 即西边的木板, 也做五个横闩。
28 木板中部的中闩, 要从这一端通到那一端,
29 木板要包金, 你也要做板上的金环, 用来穿上横闩, 横闩也要包金。
30 你要照着在山上指示你的样式立起会幕。
31 "你要用蓝色紫色朱红色线和捻的细麻做幔幕, 并且要用巧工绣上基路伯。
32 你要把幔幕挂在四根包金的皂荚木柱子上, 柱上有金钩, 柱脚安在四个银插座上。
33 你要把幔幕挂在钩子上, 把法柜抬进幔幕里面, 这幔幕要给你们把圣所和至圣所分开。
34 你要把施恩座安在至圣所内的法柜上。
35 你要把桌子放在幔幕外, 把灯台放在会幕的南边, 与桌子相对; 把桌子安在北面。
36 "你要给帐幕的门口做块帘子, 要用蓝色紫色朱红色线和捻的细麻编织而成。
37 你又要用皂荚木为帘子做五根柱子, 柱子要包金, 柱上有金钩, 你也要为柱脚铸造五个铜插座。"