1 En die HERE het met Moses en A„ron in Egipteland gespreek en gesê:
2 Hierdie maand moet vir julle die begin van die maande wees; dit moet vir julle die eerste van die maande van die jaar wees.
3 Spreek tot die hele vergadering van Israel en sê: Op die tiende van hierdie maand moet hulle elkeen 'n lam neem volgens die families, 'n lam vir 'n huisgesin.
4 Maar as 'n huisgesin te klein is vir 'n lam, dan moet hy en sy buurman wat die naaste aan sy huis is, dit neem volgens die sieletal; na wat elkeen gewoond is om te eet, moet julle die getal op die lam bereken.
5 Julle moet 'n lam hê sonder gebrek, 'n jaaroud rammetjie. Van die skape of van die bokke kan julle dit neem.
6 En julle moet dit in bewaring hou tot die veertiende dag van hierdie maand; en die hele vergadering van die gemeente van Israel moet dit slag teen die aand.
7 En hulle moet van die bloed neem en dit stryk aan die twee deurposte en aan die bo-drumpel, aan die huise waarin hulle dit eet.
8 En hulle moet die vleis in dieselfde nag eet, oor die vuur gebraai; saam met ongesuurde brode moet hulle dit met bitter kruie eet.
9 Julle moet daarvan nie eet as dit rou is en as dit in water gaar gekook is nie, maar oor die vuur gebraai, die kop en pootjies saam met die binnegoed.
10 Julle mag daar ook niks van laat oorbly tot die môre toe nie; maar wat daarvan tot die môre oorbly, moet julle met vuur verbrand.
11 En so moet julle dit eet: Julle heupe moet omgord wees, julle skoene aan jul voete en julle staf in jul hand; baie haastig moet julle dit eet. 'n Pasga van die HERE is dit.
12 Want Ek sal in hierdie nag deur Egipteland trek en al die eersgeborenes in Egipteland tref, van mense sowel as van diere. En Ek sal strafgerigte oefen aan al die gode van Egipte, Ek, die HERE.
13 Maar die bloed sal vir julle 'n teken wees aan die huise waarin julle is: as Ek die bloed sien, sal Ek by julle verbygaan. En daar sal geen verderflike plaag onder julle wees wanneer Ek Egipteland tref nie.
14 En hierdie dag moet vir julle 'n gedenkdag wees, en julle moet dit as 'n fees tot eer van die HERE vier. Julle moet dit in julle geslagte as 'n ewige insetting vier.
15 Sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet; alreeds op die eerste dag moet julle die suurdeeg uit julle huise verwyder. Want elkeen wat gesuurde brood eet, van die eerste dag af tot die sewende toe, die siel moet uit Israel uitgeroei word.
16 En op die eerste dag moet daar 'n heilige samekoms wees; ook op die sewende dag moet daar vir julle 'n heilige samekoms wees. Daar mag g,,n werk op die dae gedoen word nie; net wat deur elkeen geëet moet word, dit alleen mag deur julle berei word.
17 Onderhou dan die ongesuurde brode, want op daardie selfde dag het Ek julle leërs uit Egipteland uitgelei. Daarom moet julle hierdie dag in julle geslagte as 'n ewige insetting hou.
18 In die eerste maand, op die veertiende dag van die maand, in die aand, moet julle ongesuurde brode eet, tot op die een en twintigste dag van die maand, in die aand.
19 Sewe dae lank mag daar geen suurdeeg in julle huise gevind word nie. Want elkeen wat iets eet met suurdeeg in, die siel moet uit die vergadering van Israel uitgeroei word, of hy al 'n vreemdeling is of 'n kind van die land.
20 Julle mag niks eet met suurdeeg in nie. In al julle woonplekke moet julle ongesuurde brode eet.
21 Moses het toe al die oudstes van Israel laat roep en aan hulle gesê: Gaan haal vir julle kleinvee vir julle families en slag die pasga.
22 En neem 'n bossie hisop en steek dit in die bloed wat in die skottel is, en stryk aan die bo-drumpel en aan die twee deurposte van die bloed wat in die skottel is. Maar niemand van julle mag uit die deur van sy huis uitgaan tot die môre toe nie.
23 Want die HERE sal deurtrek om die Egiptenaars swaar te tref. Maar wanneer Hy die bloed sien aan die bo-drumpel en aan die twee deurposte, sal die HERE by die deur verbygaan en die verderwer nie toelaat om in julle huise in te gaan om te slaan nie.
24 Onderhou dan hierdie saak as 'n insetting vir jou en jou kinders tot in ewigheid.
25 En as julle in die land kom wat die HERE aan julle sal gee soos Hy beloof het, moet julle hierdie diens onderhou.
26 En as julle kinders julle vra: Wat beteken die diens daar?
27 dan moet julle sê: Dit is 'n paasoffer aan die HERE, wat by die huise van die kinders van Israel in Egipte verbygegaan het, toe Hy die Egiptenaars getref maar ons huise gered het. Toe het die volk in aanbidding neergebuig.
28 En die kinders van Israel het gegaan en dit gedoen. Soos die HERE Moses en A„ron beveel het, so het hulle gedoen.
29 En middernag het die HERE al die eersgeborenes in Egipteland getref, van die eersgeborene van Farao af wat op sy troon gesit het, tot die eersgeborene van die gevangene toe wat in die gevangenis was, en al die eersgeborenes van die diere.
30 Toe staan Farao in die nag op, hy en al sy dienaars en al die Egiptenaars, en daar was 'n groot gejammer in Egipte, want daar was geen huis waar geen dooie in was nie.
31 Daarop het hy Moses en A„ron in die nag laat roep en gesê: Maak julle klaar, trek weg onder my volk uit, julle sowel as die kinders van Israel, en gaan dien die HERE soos julle gespreek het.
32 Neem ook julle kleinvee en julle beeste saam soos julle gespreek het, en gaan weg en seën my ook.
33 En die Egiptenaars het by die volk sterk aangehou -- om hulle gou uit die land uit te stuur. Want hulle het gesê: Ons is almal dood!
34 Toe neem die volk hulle deeg voordat dit ingesuur was, met hulle bakskottels, in hulle mantels toegebind, op die skouers.
35 En die kinders van Israel het gehandel volgens die woord van Moses: hulle het van die Egiptenaars silwergoed en goue goed en klere geëis;
36 en die HERE het aan die volk guns verleen in die oë van die Egiptenaars, en die het hulle versoek ingewillig. So het hulle dan die Egiptenaars berowe.
37 En die kinders van Israel het van Ra„mses na Sukkot weggetrek, omtrent ses honderd duisend te voet, die manne buiten die kinders.
38 En 'n menigte mense van gemengde bloed het ook saam met hulle opgetrek, en kleinvee en beeste -- 'n groot hoeveelheid vee.
39 En hulle het van die deeg wat hulle uit Egipte gebring het, ongesuurde koeke gebak; want dit was nie ingesuur nie, omdat hulle uit Egipte uitgedryf is, sodat hulle nie kon vertoef nie en ook geen padkos vir hulle klaargemaak het nie.
40 En die tyd wat die kinders van Israel in Egipte gewoon het, was vier honderd en dertig jaar.
41 En n verloop van vier honderd en dertig jaar, op daardie selfde dag, het al die leërskare van die HERE uit Egipteland uitgetrek.
42 Dit is 'n nag om plegtig onderhou te word tot eer van die HERE, omdat Hy hulle uit Egipteland uitgelei het. Dit is die nag van die HERE om plegtig onderhou te word by al die kinders van Israel in hulle geslagte.
43 Verder het die HERE aan Moses en A„ron gesê: Dit is die insetting van die pasga: G,,n uitlander mag daarvan eet nie.
44 Maar elke slaaf wat 'n man met geld gekoop het, die moet hy besny; dan kan hy daarvan eet.
45 Geen vreemde inwoner of huurling mag daarvan eet nie.
46 In een huis moet dit geëet word; jy mag niks van die vleis uit die huis buitentoe bring nie; en julle mag geen been daarvan breek nie.
47 Die hele vergadering van Israel moet dit hou.
48 En as 'n vreemdeling by jou vertoef en tot eer van die HERE die pasga wil vier, moet by hom almal wat manlik is, besny word; en dan mag hy nader kom om dit te vier, en hy sal soos 'n kind van die land wees. Maar g,,n onbesnedene mag daarvan eet nie.
49 Een wet moet geld vir die kind van die land en vir die vreemdeling wat onder julle vertoef.
50 En al die kinders van Israel het dit gedoen. Soos die HERE Moses en A„ron beveel het, so het hulle gedoen.
51 En op daardie selfde dag het die HERE die kinders van Israel, volgens hulle leërafdelings, uit Egipteland uitgelei.
1 耶和华在埃及地告诉摩西和亚伦说:
2 "你们要以本月为正月, 为一年的第一个月。
3 你们要告诉以色列全体会众说: 本月初十, 他们各人要按着父家取羊羔, 一家一只。
4 如果一家的人太少, 吃不了一只羊羔, 家长就要和靠近他家的邻居按着人数共取一只。你们预备羊羔的时候, 要按着各人的食量计算。
5 你们的羊羔要毫无残疾, 一岁以内的公羊; 你们可以从绵羊或山羊里取。
6 你们要把羊羔留到本月十四日, 在黄昏的时候, 以色列全体会众要把羊羔宰杀。
7 他们要取点血, 涂在吃羊羔的房屋两边的门柱和门楣上。
8 当那一夜, 你们要吃羊羔的肉, 肉要用火烤了, 和无酵饼与苦菜一同吃,
9 不可吃生的, 也不可用水煮; 只可吃用火烤的。头、腿和内脏都一起吃。
10 你们一点也不可留到早晨; 如果有一点留到早晨, 就要用火烧掉。
11 你们要这样吃羊羔: 腰间束上带, 脚上穿着鞋, 手中拿着杖, 快速地吃; 这是耶和华的逾越节。
12 因为在那一夜我要走遍埃及地, 把埃及地所有头生的, 无论是人或是牲畜, 都要杀掉; 我也要审判埃及的一切神祇, 我是耶和华。
13 这血要在你们居住的房屋上作你们的记号; 我击打埃及地的时候, 一看见这血, 就越过你们去, 灾祸必不临到你们身上毁灭你们。
14 这一日必作你们的记念日; 你们要守这日为耶和华的节; 你们要世世代代守这节日作永远的定例。
15 "你们要吃无酵饼七天; 可是第一天就要把酵从你们的家中除去; 因为从第一日起直到第七日, 凡吃有酵之物的, 那人必从以色列中被除灭。
16 第一日你们要有圣会, 第七日你们也要有圣会; 这两日之内, 除了预备各人所要吃的以外, 一切工作都不可作。
17 你们要守无酵节, 因为就在这一天, 我把你们的军队从埃及地领出来; 所以你们要世世代代守这一日作为永远的定例。
18 从正月十四日晚上起, 直到本月二十一日晚上止, 你们要吃无酵饼。
19 七日之内在你们的家中不可有酵; 因为凡吃有酵之物的, 无论是外国人或是本地人, 那人必从以色列的会众中被剪除。
20 凡是有酵的, 你们都不可吃; 在你们一切居住的地方, 你们都要吃无酵饼。"
21 于是, 摩西把以色列的众长老召了来, 对他们说: "你们要按着家族自己选取羊羔, 把这逾越节的羊羔宰杀了。
22 要拿一把牛膝草, 蘸在盆中的血里, 然后把盆里的血涂在门楣上和两边的门柱上; 你们谁也不可出自己的房门, 直到早晨。
23 因为耶和华要走遍各处击打埃及人; 他一看见门楣和两边的门柱上有血, 就越过那门, 不让那毁灭者进入你们的房屋来击杀你们。
24 这教训你们必须遵守, 作为你和你的子孙永远的定例。
25 日后, 你们进了耶和华应许赐给你们的那地的时候, 就必须守这敬拜之礼。
26 日后, 如果你们的子孙问你们: ‘你们这敬拜之礼有什么意思?’
27 你们就要回答: ‘这是献给耶和华逾越节的祭。耶和华击杀埃及人的时候, 越过了在埃及的以色列人的房屋, 救了我们的家。’"于是人民低头敬拜。
28 以色列人就去行了; 耶和华怎样吩咐摩西和亚伦, 以色列人就照样行了。
29 到了半夜, 耶和华把埃及地所有的长子, 就是从坐王位的法老的长子, 直到监牢里遭囚禁的人的长子, 以及所有头生的牲畜, 都击杀了。
30 在那一夜, 法老本人和他所有的臣仆, 以及全埃及的人都起来了; 在埃及有极大的哀号, 因为没有一家不死人的。
31 夜里, 法老把摩西和亚伦召了来, 说: "你们和以色列人都起来, 离开我的人民出去, 照着你们所说的, 去事奉耶和华吧;
32 也照着你们所说的, 连羊群牛群都带着走吧, 并且要为我祝福。"
33 埃及人催促以色列人, 要他们赶快离开此地, 因为他们说: "我们都要死了。"
34 以色列人就拿了没有发过酵的生面, 用衣服把抟面盆绑好, 扛在肩头上。
35 以色列人照着摩西的话行了, 他们向埃及人索取银器金器和衣服。
36 耶和华使以色列人在埃及人眼前蒙恩, 埃及人就给了他们所要求的。这样, 他们就夺去了埃及人的财物。
37 以色列人从兰塞起行到疏割去, 除了小孩子以外, 步行的男人约有六十万。
38 又有混杂多族的一群人和他们一同上去; 他们还带着羊群牛群和无数的牲畜同去。
39 他们把从埃及带出来的生面烘成了无酵的圆饼。这生面原是没有发过酵的, 因为他们被驱逐离开埃及, 所以不能停留, 也没有为自己预备食粮。
40 以色列人住在埃及的时间共有四百三十年之久。
41 就在四百三十年届满的那一天, 耶和华的全军都从埃及地出来了。
42 这是向耶和华守的一夜, 因为耶和华把他们从埃及地领出来, 所以这一夜是所有以色列人世世代代向耶和华守的一夜。
43 耶和华对摩西和亚伦说: "逾越节的定例是这样, 凡是外族人都不可以吃羊羔的肉。
44 但是各人用银子买回来的奴仆, 如果你给他行了割礼, 他就可以吃了。
45 寄居和受雇的都不可以吃。
46 必须在同一间房子里吃, 你不可把一点肉从房子里带到外面; 羊羔的骨头, 一根也不可折断。
47 以色列全体会众都要守这逾越节。
48 如果有外族人寄居在你们中间, 也愿向耶和华守逾越节, 他所有的男子都要受割礼, 然后他才可以前来守逾越节; 他就必像本地人一样, 但所有未受割礼的人都不可以吃这羊羔。
49 本地人和寄居在你们中间的外族人, 都同属一例。"
50 所有以色列人都奉行了; 耶和华怎样吩咐摩西和亚伦, 他们就怎样行了。
51 就在这一天, 耶和华按着他们的军队, 把以色列人从埃及地领出来。