1 Hulle het ook kunstige klere van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe gemaak om in die heiligdom te dien. Ook het hulle die heilige klere vir A„ron gemaak soos die HERE Moses beveel het.

2 En hy het die skouerkleed gemaak van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne.

3 En hulle het van die goud dun plate geslaan, en hy het dit in drade gesny om dit in te werk in die pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en in die fyn linne -- 'n kunstige werk.

4 Hulle het daar skouerstukke aan gemaak wat aan mekaar vas was; aan die twee bo-ente was dit saamgevoeg.

5 En die band wat daaraan was om dit vas te bind, was daarmee saam uit een stuk, van dieselfde werk, van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, soos die HERE Moses beveel het.

6 Hulle het ook die oniksstene gemaak, vasgesit in kassies van goud, gegraveer soos op 'n seëlsteen ingesny word, volgens die name van die kinders van Israel.

7 En hy het hulle op die skouerstukke van die skouerkleed bevestig as gedagtenisstene aan die kinders van Israel, soos die HERE Moses beveel het.

8 Hy het ook die borstas van kunstige werk gemaak soos die werk van die skouerkleed; van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne.

9 Dit was vierkantig; dubbel gevou het hulle die borstas gemaak; 'n span sy lengte en 'n span sy breedte, dubbel gevou was dit.

10 En hulle het daarin vier rye stene ingevul: 'n ry met 'n karneool, 'n topaas en 'n smarag was die eerste ry.

11 En die tweede ry: 'n karbonkel, 'n saffier en 'n jaspis.

12 En die derde ry: 'n hiasint, 'n agaat en 'n ametis.

13 En die vierde ry: 'n chrisoliet, 'n oniks en 'n sardoniks; hulle is in kassies van goud vasgesit by hulle invulling.

14 En die stene was volgens die name van die kinders van Israel twaalf, volgens hulle name. Soos op 'n seëlsteen uitgesny word, was hulle vir twaalf stamme, elkeen volgens sy naam.

15 Hulle het ook by die borstas gedraaide kettings gemaak, soos toutjies gedraai, van suiwer goud;

16 en hulle het twee goue kassies en twee goue ringe gemaak, en die twee ringe aan die twee bo-ente van die borstas bevestig,

17 en hulle het die twee goue toutjies aan die twee ringe aan die bo-ente van die borstas vasgemaak.

18 Maar die twee ander ente van die twee toutjies het hulle aan die twee kassies vasgemaak en die dan aan die skouerstukke van die skouerkleed bevestig, aan die voorkant daarvan.

19 Hulle het ook twee goue ringe gemaak en die aan die twee onder-ente van die borstas bevestig, aan die kant wat teen die skouerkleed aan lê, aan die binnekant.

20 En hulle het twee goue ringe gemaak en die aan die twee skouerstukke van die skouerkleed bevestig, onderaan, aan die voorkant daarvan, by sy verbinding, bo die band van die skouerkleed.

21 En hulle het die borstas, met sy ringe, aan die ringe van die skouerkleed met 'n pers toutjie vasgebind, sodat dit bo die band van die skouerkleed sou wees en die borstas nie van die skouerkleed kon afskuiwe nie, soos die HERE Moses beveel het.

22 En hy het die mantel van die skouerkleed van wewerswerk gemaak, heeltemal van pers stof.

23 En die opening van die mantel was in die middel daarvan soos die opening van 'n pantser; die opening het 'n soom rondom gehad, dat dit nie sou skeur nie.

24 En aan die soom van die mantel het hulle granaatjies gemaak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne.

25 Hulle het ook klokkies van suiwer goud gemaak en die klokkies tussen die granaatjies gesit, aan die soom van die mantel rondom, tussen die granaatjies in:

26 'n klokkie en 'n granaatjie, 'n klokkie en 'n granaatjie, aan die soom van die mantel rondom, vir die diens, soos die HERE Moses beveel het.

27 Hulle het ook die rokke van fyn linne gemaak, van wewerswerk, vir A„ron en sy seuns;

28 en die tulband van fyn linne en die pronkmusse van fyn linne en die linnebroeke van fyn dubbeldraad-linne;

29 en die gordel van fyn dubbeldraad-linne en van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe, veelkleurige werk, soos die HERE Moses beveel het.

30 Hulle het ook die plaat van die heilige kroon van suiwer goud gemaak en daarop geskrywe met letters soos dit op 'n seëlsteen uitgesny word: HEILIG AAN DIE HERE.

31 En hulle het 'n pers toutjie daaraan vasgemaak om dit bo-op die tulband te bevestig, soos die HERE Moses beveel het.

32 So is dan al die werk aan die tabernakel van die tent van samekoms voltooi; en die kinders van Israel het dit gemaak net soos die HERE Moses beveel het; so het hulle dit gemaak.

33 En hulle het die tabernakel na Moses gebring, die tent self met alles wat daarby behoort, sy hakies, sy style, sy dwarshoute en sy pilare en sy voetstukke,

34 en die dekkleed van rooigeverfde ramsvelle en die dekkleed van robbevelle en die voorhangsel tot bedekking;

35 die ark van die Getuienis met sy draaghoute en die versoendeksel;

36 die tafel met al sy gereedskap en die toonbrode;

37 die suiwer kandelaar met sy lampe, die lampe wat daarop gerangskik moes word, met al sy gereedskap en die olie vir die kandelaar;

38 verder die goue altaar en die salfolie en die reukwerk van speserye en die bedekking vir die ingang van die tent;

39 die koperaltaar en sy kopertraliewerk, sy draaghoute met al sy gereedskap, die waskom en sy voetstuk;

40 die behangsels van die voorhof, sy pilare en sy voetstukke, en die bedekking vir die poort van die voorhof, die lyne en penne wat daarby behoort, en al die gereedskap vir die diens in die tabernakel van die tent van samekoms;

41 die kunstige klere, om in die heiligdom te dien, die heilige klere van die priester A„ron en die klere van sy seuns, om die priesteramp te bedien.

42 Net soos die HERE Moses beveel het, so het die kinders van Israel die hele werk gemaak.

43 En Moses het die hele werk bekyk -- en hulle het dit gemaak soos die HERE beveel het, so het hulle dit gemaak. Toe het Moses hulle geseën.

1 他们用蓝色紫色朱红色线做彩衣, 在圣所供职时穿着; 又照着耶和华吩咐摩西的, 为亚伦做圣衣。

2 又用金线、蓝色紫色朱红色线和捻的细麻做以弗得。

3 他们把金子锤成薄片, 剪成细线, 用巧工织在蓝色紫色朱红色线和细麻之中。

4 又为以弗得做相连的肩带, 把以弗得的两端连接起来。

5 上面的带子, 做法好像以弗得一样, 与以弗得连在一起, 都用金线、蓝色紫色朱红色线和捻的细麻做的, 是照着耶和华吩咐摩西的。

6 他们预备了两块红玛瑙宝石, 镶嵌在金槽里, 又用刻图章的方法刻上以色列众子的名字,

7 把这两块宝石放在以弗得的两条肩带上, 作以色列人的记念石, 是照着耶和华吩咐摩西的。

8 他又用巧设的图案手工做胸牌, 像做以弗得一样, 用金线、蓝色紫色朱红色线和捻的细麻做的。

9 胸牌是正方形的; 他们把胸牌做成双层, 长二十二公分, 宽二十二公分, 是双层的。

10 又把四行宝石镶在上面, 一行是红宝石、黄玉、翡翠, 这是第一行。

11 第二行是紫宝石、蓝宝石、金钢石。

12 第三行是黄玛瑙、白玛瑙、紫晶。

13 第四行是水苍玉、红玛瑙、碧玉; 这些宝石都是镶在金槽里。

14 这些宝石代表以色列众子的名字, 共有十二块; 用刻图章的方法, 每块刻上一个名字, 十二块代表十二个支派。

15 又在胸牌上用纯金做链子, 像拧绳子一般做成。

16 又做两个金槽和两个金环, 把两个金环安放在胸牌的两端,

17 把那两条金绳穿在胸牌两端的环子里;

18 又把金绳的另两端接在两槽上, 再把它们连在以弗得前面的肩带上。

19 他又做两个金环, 安放在胸牌的两端, 在胸牌的两边, 就是在以弗得里面的边上。

20 他又做两个金环, 安放在以弗得前面两条肩带的下边, 靠近相连的地方, 在以巧工做成的以弗得的肩带上面。

21 他们用蓝色细带子把胸牌系住, 就是把胸牌的环子和以弗得的环子系在一起, 使胸牌可以贴在以巧工织成的以弗得的带子上, 免得胸牌从以弗得上脱落, 这是照着耶和华吩咐摩西的。

22 又做以弗得的外袍, 是织成的, 全件是蓝色的。

23 在外袍的中间有一领口, 如同战袍的领口, 领口的周围有领边, 免得领口破裂。

24 又在外袍的底边上, 用蓝色紫色朱红色线和捻的细麻做石榴。

25 他又用纯金做铃铛, 把金铃安放在石榴中间, 就是安放在外袍周围底边上的石榴中间:

26 一个金铃, 一个石榴, 一个金铃, 一个石榴, 在外袍周围的底边上, 在供职时穿用; 都是照着耶和华吩咐摩西的。

27 他又用织成的细麻布替亚伦和他的儿子做内袍,

28 并且用细麻做礼冠, 用细麻做头巾, 用捻的细麻做细麻布裤子,

29 以及用捻的细麻和蓝色紫色朱红色线, 用刺绣的手工做腰带; 都是照着耶和华吩咐摩西的。

30 他们用纯金做圣冠上的牌子, 又用刻图章的方法, 在上面刻着"归耶和华为圣"的字样。

31 又用一条蓝色细带子把牌子系住, 系在礼冠的上面, 都是照着耶和华吩咐摩西的。

32 于是, 帐幕, 就是会幕的一切工程都完成了; 凡是耶和华吩咐摩西的, 以色列人都照着作了; 这样, 他们就作完了会幕的一切工程。

33 他们把帐幕、会幕和会幕的一切器具都带到摩西那里, 就是钩子、木板、横闩、柱子、柱座、

34 染红公山羊皮的盖、海狗皮的盖和遮盖至圣所的幔子、

35 法柜、柜杠和施恩座,

36 桌子、桌子上的一切器具和陈设饼,

37 纯金的灯台与灯盏, 就是摆列在灯台上的灯盏和灯台上的一切器具, 以及点灯用的油;

38 金坛、膏油、芬芳的香和会幕的门帘;

39 铜坛、坛上的铜网、坛杠、坛上的一切器具、洗濯盆和盆座;

40 院子的幔幕、柱子、柱座、院子的门帘、绳子、钉子和帐幕, 以及会幕一切使用的器具;

41 在圣所供职用的彩衣、祭司亚伦的圣衣和他儿子供祭司职的衣服。

42 这一切工作, 耶和华怎样吩咐摩西, 以色列人就怎样作。

43 摩西查看了一切工作, 见他们所作的, 完全是耶和华吩咐的, 就给他们祝福。