1 Verder het die HERE vir Moses gesê: Nog een plaag sal Ek oor Farao en oor Egipte bring. Daarna sal hy julle hiervandaan laat trek. As hy julle geheel en al laat trek, sal hy julle selfs hiervandaan wegdrywe.

2 Sê tog voor die ore van die volk dat elke man van sy naaste en elke vrou van haar naaste silwergoed en goue goed moet eis.

3 En die HERE het aan die volk guns verleen in die oë van die Egiptenaars. Ook was die man Moses baie groot in Egipteland, in die oë van Farao se dienaars en in die oë van die volk.

4 Toe sê Moses: So het die HERE gespreek: Omtrent middernag trek Ek uit dwarsdeur Egipte;

5 dan sal al die eersgeborenes in Egipteland sterwe, van Farao se eersgeborene af wat op sy troon sit, tot die eersgeborene van die slavin agter die handmeul en al die eersgeborenes van die vee.

6 En daar sal 'n groot gejammer in die hele Egipteland wees soos daar nie gewees het en soos daar nie weer sal wees nie.

7 Maar teen geeneen van die kinders van Israel sal 'n hond sy tong verroer nie, van die mense af tot die diere toe, dat julle kan weet dat die HERE 'n onderskeid maak tussen die Egiptenaars en die Israeliete.

8 Dan sal al hierdie dienaars van u na my toe afkom en voor my neerbuig en sê: Trek uit, jy en die hele volk wat jou volg. En daarna sal ek uittrek. Toe het hy van Farao af weggegaan in gloeiende toorn.

9 En die HERE het vir Moses gesê: Farao sal na julle nie luister nie, sodat my wonders in Egipteland baie kan word.

10 En Moses en A„ron het al hierdie wonders voor Farao gedoen. Maar die HERE het Farao se hart verhard, sodat hy die kinders van Israel nie uit sy land laat trek het nie.

1 耶和华对摩西说: "我再使一种灾祸临到法老和埃及, 然后法老他必让你们离开这里。他让你们离开的时候, 必全部赶逐你们离开这地。

2 现在你要告诉人民, 叫他们男女各人向自己的邻舍索取银器金器。"

3 耶和华使人民在埃及人眼前蒙恩, 同时摩西在埃及地, 在法老臣仆的眼前和人民的眼前都成了伟大的人物。

4 摩西说: "耶和华这样说: ‘大约半夜的时候, 我要出去巡行埃及地。

5 在埃及地所有头生的都必死亡, 就是从坐王位的法老的长子, 直到推磨的婢女的长子, 以及一切头生的牲畜都必死亡。

6 在埃及全地必有大哀号; 这样的哀号从前未曾有过, 以后也必再没有。

7 但是对于所有的以色列人, 无论是人或是牲畜, 连狗也不敢向他们叫吠; 为要使你们知道耶和华是把埃及人和以色列人分别出来的’。

8 你所有的臣仆都必下到我这里来, 向我下跪说: ‘你和所有跟从你的人民都出去吧’, 然后我才出去。"于是摩西气忿忿地离开法老出去了。

9 耶和华对摩西说: "法老必不听你们的话, 好使我的神迹在埃及地加增起来。"

10 摩西和亚伦在法老面前行了这一切神迹; 但耶和华使法老的心刚硬, 所以他不肯让以色列人离开他的地。