1 Daarop het die hele vergadering van die kinders van Israel, volgens die bevel van die HERE, van plek tot plek uit die woestyn Sin getrek en laer opgeslaan in R fidim. En daar was geen water vir die volk om te drink nie.
2 Toe twis die volk met Moses en sê: Gee julle vir ons water om te drink. Maar Moses antwoord hulle: Wat twis julle met my? Waarom versoek julle die HERE?
3 Maar die volk het daar gesmag na water, en die volk het teen Moses gemurmureer en gesê: Waarom het u ons dan uit Egipte laat optrek om my en my kinders en my vee van dors te laat omkom?
4 Toe het Moses die HERE aangeroep en gesê: Wat moet ek met hierdie volk doen? Dit skeel maar min of hulle stenig my.
5 En die HERE het Moses geantwoord: Trek voor die volk uit, en neem van die oudstes van Israel met jou saam; en neem jou staf waarmee jy die Nyl geslaan het, in jou hand en gaan weg.
6 Kyk, Ek sal daar voor jou by die rots op Horeb staan; dan moet jy die rots slaan, en daar sal water uit kom, dat die volk kan drink. En Moses het so gedoen voor die oë van die oudstes van Israel
7 en die plek Massa en M,riba genoem vanweë die twis van die kinders van Israel en omdat hulle die HERE versoek het deur te sê: Is die HERE in ons midde of nie?
8 Daarop het Amalek gekom om teen Israel by R fidim te veg.
9 En Moses het aan Josua gesê: Kies vir ons manne en trek uit, veg teen Amalek. M"re sal ek op die top van die heuwel staan met die staf van God in my hand.
10 En Josua het gedoen soos Moses aan hom gesê het, om te veg teen Amalek. Maar Moses, A„ron en Hur het op die top van die heuwel geklim.
11 En telkens as Moses sy hand ophou, was Israel die sterkste; maar as hy sy hand laat sak, was Amalek die sterkste.
12 Maar die hande van Moses het swaar geword; daarom het hulle 'n klip geneem en dit onder hom neergelê, dat hy daarop kon sit. En A„ron en Hur het sy hande ondersteun, die een duskant en die ander anderkant. So het sy hande dan vas gebly tot sononder.
13 En Josua het Amalek en sy volk met die skerpte van die swaard 'n neerlaag toegebring.
14 Toe sê die HERE vir Moses: Skrywe dit as 'n aandenking in 'n boek en prent dit Josua in, dat Ek die gedagtenis van Amalek onder die hemel heeltemal sal uitdelg.
15 En Moses het 'n altaar gebou en dit genoem: Die HERE is my banier.
16 En hy het gesê: Waarlik, die hand op die troon van die HERE! Oorlog het die HERE teen Amalek van geslag tot geslag.
1 以色列全体会众都照着耶和华的吩咐, 一站一站, 从汛的旷野起程, 在利非订安营。在那里人民没有水喝。
2 因此人民与摩西争吵, 说: "给我们水喝吧。"摩西对他们说: "你们为什么与我争吵呢?你们为什么试探耶和华呢?"
3 人民在那里渴望得水喝, 就向摩西发怨言, 说: "你为什么把我们从埃及领上来, 使我们和我们的儿女, 以及我们的牲畜都渴死呢?"
4 摩西向耶和华呼求, 说: "我要怎样对待这人民呢?他们几乎要用石头打死我了。"
5 耶和华回答摩西: "你要到人民的面前, 要带着以色列的几个长老和你一起, 手里要拿着你先前击打河水的杖。
6 看哪, 我必在何烈山那里的磐石上站在你面前; 你要击打磐石, 就必有水从磐石流出来, 使人民可以喝。"摩西就在以色列的长老眼前这样行了。
7 他给那地方起名叫玛撒, 又叫米利巴, 因为以色列人在那里争吵, 又因为他们试探耶和华, 说: "耶和华是不是在我们中间呢?"
8 那时亚玛力人来了, 在利非订和以色列人争战。
9 摩西对约书亚说: "你要为我们选出人来, 出去和亚玛力人争战; 明天我要站在山顶上, 手里拿着 神的杖。"
10 于是, 约书亚照着摩西吩咐他的行了, 去和亚玛力人争战; 摩西、亚伦和户珥都上了山顶。
11 摩西举起手来的时候, 以色列人就得胜; 摩西把手放下来的时候, 亚玛力人就得胜。
12 可是摩西的两手疲乏了, 他们就搬块石头来, 放在摩西下面, 他就坐在上面; 亚伦和户珥, 一边一个, 扶着摩西的两手; 这样, 他的两手就稳住, 直到日落的时候。
13 约书亚用刀打败了亚玛力王和他的人民。
14 耶和华对摩西说: "我要把亚玛力的名号从天下完全抹掉; 你要把话写在书上作记念, 也要告诉约书亚。"
15 摩西筑了一座祭坛, 给它起名叫"耶和华尼西"。
16 摩西又说: "向耶和华的旌旗举手, 耶和华必世世代代和亚玛力人争战。"