1 Kyk, Ek stuur my boodskapper wat die weg voor My uit sal baan; dan sal skielik na sy tempel kom die Here na wie julle soek, naamlik die Engel van die verbond, na wie julle 'n begeerte het. Kyk, Hy kom, sê die HERE van die leërskare.
2 Maar wie kan die dag van sy koms verdra? En wie kan standhou as Hy verskyn? Want Hy sal wees soos die vuur van die smelter en soos die loog van die wassers.
3 En Hy sal sit: 'n smelter en reiniger van silwer, en Hy sal die seuns van Levi reinig en hulle louter soos goud en soos silwer, sodat hulle aan die HERE in geregtigheid 'n offer sal bring.
4 Dan sal die offer van Juda en Jerusalem vir die HERE aangenaam wees soos in die ou dae en soos in die jare van die voortyd.
5 En Ek sal tot julle nader om strafgerig te hou, en Ek sal 'n haastige getuie wees teen die towenaars en teen die egbrekers en teen die meinediges en teen die wat die dagloner in sy loon, die weduwee en die wees verdruk; en teen die wat die vreemdeling wegstoot en My nie vrees nie, sê die HERE van die leërskare.
6 Want Ek, die HERE, het nie verander nie; en julle, kinders van Jakob, is nie verteer nie.
7 Sedert die dae van julle vaders het julle van my insettinge afgewyk en dit nie onderhou nie. Keer terug na My, en Ek wil na julle terugkeer, sê die HERE van die leërskare. Maar julle vra: Waarin moet ons terugkeer?
8 Mag 'n mens God beroof? Want julle beroof My, en julle sê: Waarin het ons U beroof? In die tiendes en die offergawe.
9 Met die vloek is julle belaai, en tog beroof julle My, julle, die hele nasie!
10 Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle 'n oorvloedige seën sal uitstort nie.
11 Ek sal ook die sprinkaan vir julle afweer, sodat hy die opbrings van julle grond nie sal verwoes nie; ook die wynstok op die land sal vir julle nie onvrugbaar wees nie, sê die HERE van die leërskare.
12 En al die nasies sal julle gelukkig prys, omdat julle die land van welbehae sal wees, sê die HERE van die leërskare.
13 Vermetel is julle woorde teen My, sê die HERE. Maar julle vra: Wat het ons onder mekaar teen U gespreek?
14 Julle het gesê: Dit is tevergeefs om God te dien, en wat baat dit ons om sy verordening te onderhou en in rouklere voor die aangesig van die HERE van die leërskare te wandel?
15 En nou prys ons die vermeteles gelukkig; nie alleen word die wat goddeloosheid bedrywe, gebou nie, maar hulle versoek God en raak vry!
16 Toe het die wat die HERE vrees, met mekaar gespreek; en die HERE het dit opgemerk en gehoor, en daar is 'n gedenkboek voor sy aangesig geskrywe vir die wat die HERE vrees en sy Naam eer.
17 En hulle sal My tot 'n eiendom wees, sê die HERE van die leërskare, op die dag wat Ek skep, en Ek sal met hulle medelyde hê soos 'n man medelyde het met sy seun wat hom dien.
18 Dan sal julle weer die onderskeid sien tussen die regverdige en die goddelose, tussen die wat God dien en die wat Hom nie dien nie.
1 万军之耶和华说: "看哪! 我派我的使者, 在我前面预备道路; 你们所寻求的主, 必忽然进入他的殿; 你们所爱慕立约的使者, 就要来到。"
2 可是, 他来的日子, 谁能当得起呢?他显现的时候, 谁能站立得住呢?因为他像炼金之人的火, 又像漂布之人的碱。
3 他必坐着, 像熬炼和洁净银子的人; 他必洁净利未人, 炼净他们像炼净金银一样。这样, 他们就会凭公义献礼物给耶和华。
4 那时, 犹大和耶路撒冷所献的礼物, 必蒙耶和华悦纳, 正如古时的日子, 也像往昔之年一样。
5 万军之耶和华说: "我必临近你们施行审判; 我要快快指证那些行邪术的、犯奸淫的、起假誓的、在工钱上欺压雇工的、欺压孤儿寡妇的、屈枉寄居的和不敬畏我的。"
6 万军之耶和华说: "因为我耶和华是不改变的, 所以你们雅各的子孙也不会灭没。
7 "从你们列祖的日子以来, 你们就偏离了我的律例而不遵守。现在你们要转向我, 我就必转向你们。你们还问: ‘我们要怎样回转呢?’
8 人怎可抢夺 神之物呢?你们却抢夺属我之物, 竟还问: ‘我们抢夺了你的什么呢?’就是抢夺了当纳的十分之一和当献的祭物。
9 你们要受严厉的咒诅, 因你们全国的人都抢夺了属我之物。"
10 万军之耶和华说: "你们要把当纳的十分之一, 全部送入仓库, 使我家中有粮; 借此试验我, 看我是不是为你们敞开天窗, 把福气倒给你们, 直到充足有余呢。"
11 万军之耶和华说: "我必为你们斥责那吞吃者, 不容他毁坏你们地上的果实, 也不让你们田间的葡萄在未熟以先就掉下来。"
12 万军之耶和华说: "万国都要称你们为有福, 因为你们的地必成为喜乐之地。"
13 耶和华说: "你们用无礼的话顶撞我。你们还问: ‘我们用什么话顶撞了你呢?’
14 你们说: ‘事奉 神是白费的; 遵守他的吩咐, 在万军之耶和华面前哀痛而行, 有什么益处呢?
15 现在我们称骄傲的人为有福, 作恶的人得建立; 他们虽然试探 神, 却得以逃脱。’"
16 那时, 敬畏耶和华的人彼此谈论, 耶和华也留意细听; 在他面前有记录册, 记录那些敬畏耶和华和思念他名的人。
17 万军之耶和华说: "在我施行作为的日子, 他们要属我, 作特别的产业; 我必怜恤他们, 好像人怜恤那服事自己的儿子一样。
18 那时, 你们就要再看出义人与恶人、事奉 神的人和不事奉他的人之间有什么分别。"