1 En nou, priesters, tot julle kom hierdie gebod.
2 As julle nie gehoor gee nie, en as julle dit nie ter harte neem om my Naam eer te bewys nie, sê die HERE van die leërskare, dan sal Ek die vloek onder julle stuur en julle seëninge in 'n vloek verander; ja, Ek het dit alreeds vervloek, omdat julle niks ter harte neem nie.
3 Kyk, Ek sal julle nakomelingskap bedreig, en Ek sal mis op julle gesigte strooi, die mis van julle feeste; en hulle sal julle na die mishoop dra.
4 En julle sal gewaar word dat Ek julle hierdie gebod gestuur het, dat dit my verbond kan wees met Levi, sê die HERE van die leërskare.
5 My verbond met hom was die lewe en die vrede; en Ek het die aan hom gegee tot vrees; en hy het My gevrees en vir my Naam gebewe.
6 Betroubare regsleer was in sy mond, en onreg is op sy lippe nie gevind nie; in vrede en opregtheid het hy met My gewandel, en baie mense het hy van ongeregtigheid teruggebring.
7 Want die lippe van 'n priester moet kennis bewaar, en uit sy mond word onderrig gesoek, want hy is 'n boodskapper van die HERE van die leërskare.
8 Maar julle het van die weg afgewyk, julle het baie deur jul onderrig laat struikel, julle het die verbond met Levi verbreek, sê die HERE van die leërskare.
9 So maak Ek julle dan ook veragtelik en gering by die hele volk, omdat julle my weë nie hou nie en partydig handel by die regspraak.
10 Het ons nie almal een Vader nie? Het een God ons nie geskape nie? Waarom handel ons dan troueloos met mekaar, deur die verbond van ons vaders te ontheilig?
11 Juda het troueloos gehandel, en 'n gruwel is in Israel en in Jerusalem gepleeg; want Juda het die heiligdom van die HERE, wat Hy liefhet, ontheilig, en hy het die dogter van 'n uitlandse god getrou.
12 Mag die HERE van die man wat so iets doen, uitroei hom wat roep en hom wat antwoord gee uit die tente van Jakob, en hom wat 'n offer aan die HERE van die leërskare bring.
13 En boonop doen julle d¡t: julle bedek die altaar van die HERE met trane, met geween en versugting, omdat Hy Hom nie meer wend na die offer nie en dit van julle hand nie aanneem as welgevallig nie.
14 En julle vra: Waarom? Omdat die HERE getuie is tussen jou en die vrou van jou jeug aan wie jy ontrou geword het, terwyl sy tog jou metgesel is en die vrou van jou verbond.
15 Het Hy dan nie een mens gemaak nie, hoewel Hy gees oorgehad het? En waarom die een? Hy het 'n geslag van God gesoek. Neem julle dan in ag ter wille van julle gees en wees nie ontrou aan die vrou van jou jeug nie.
16 Want Ek haat egskeiding, sê die HERE, die God van Israel, en dat 'n mens sy kleed met geweldpleging bedek, sê die HERE van die leërskare. Neem julle dan in ag ter wille van julle gees en wees nie ontrou nie.
17 Julle vermoei die HERE met julle woorde. Nogtans vra julle: Waarmee vermoei ons Hom? Deurdat julle sê: Elkeen wat kwaad doen, is goed in die oë van die HERE, en in hulle het Hy 'n behae; of waar is anders die God van die reg?
1 祭司啊! 现在这命令是给你们的。
2 万军之耶和华说: "你们若不听从, 若不放在心上, 不把荣耀归给我的名, 我就使咒诅临到你们中间, 我要咒诅你们应得的福分, 并且已经咒诅了, 因为你们没有把这命令放在心上。
3 我要斥责你们的子孙, 也要把粪涂抹在你们的脸上, 就是节期祭牲的粪; 人要把你们抬到粪堆去。"
4 万军之耶和华说: "这样, 你们就知道是我把这命令给你们, 使我与利未所立的约得以存留。
5 我与他所立的是生命和平安的约, 也把这些赐给了他。我要使他敬畏我, 又畏惧我的名。
6 在他的口中有真理的教训, 在他的嘴里也没有不义; 他以平安和正直与我同行, 使许多人回头离开罪孽。"
7 祭司的嘴当保存知识, 人要从他的口中寻求教训, 因为他是万军耶和华的使者。
8 万军之耶和华说: "你们却偏离了正路, 使许多人在律法上跌倒; 你们也破坏了我与利未所立的约。
9 因此, 我也使你们在众人面前被藐视、受轻看, 因为你们不遵守我的道, 在律法上徇人的情面。"
10 我们不是同有一位父吗?不是同一位 神创造我们吗?为什么我们各人对自己的兄弟不忠, 亵渎我们列祖的约呢?
11 犹大人行了诡诈, 在以色列和耶路撒冷中作了可憎的事; 因为犹大人亵渎耶和华所爱的圣所, 娶了事奉外族神的女子为妻。
12 行这事的, 无论是主动的, 或是附从的, 连那献礼物给万军耶和华的, 耶和华必把那人从雅各的帐棚中除掉。
13 你们又行了这事: 使眼泪、哀哭和呻吟盖满了耶和华的坛, 因为耶和华不再垂看礼物, 也不喜悦从你们手中收纳。
14 你们还问: "为什么呢?"因为耶和华在你和你年轻时所娶的妻子中间作证; 她是你的伴侣, 是你立约的妻子, 你竟对她不忠!
15 一个还有灵性的人, 是不会这样作的。他会作什么呢?他会寻求 神的子孙。所以要谨守你们的灵性, 不可对年轻时所娶的妻子不忠。
16 耶和华以色列的 神说: "我恨恶休妻和以强暴待妻子。"万军之耶和华说: "所以要谨守你们的灵性, 不可行诡诈的事。"
17 你们用自己的言语使耶和华厌烦, 你们还说: "我们怎样使他厌烦呢?"因为你们说: "作恶的, 耶和华都看为善, 并且喜悦他们。"或说: "公义的 神在哪里呢?"