1 Wee die opstandige en die besoedelde, die verdrukkende stad.

2 Dit luister na geen stem nie, dit neem geen tugtiging aan nie; op die HERE vertrou dit nie, tot sy God kom dit nie nader nie.

3 Sy vorste binne-in hom is brullende leeus; sy regters is aandwolwe wat niks vir die môre oorlaat nie.

4 Sy profete is ligsinnig, trouelose manne, sy priesters verontreinig wat heilig is, hulle verkrag die wet.

5 Die HERE is regverdig binne-in hom, Hy doen geen onreg nie; elke môre laat Hy sy reg aan die lig kom, dit ontbreek nooit nie; maar die kwaaddoener ken geen skaamte nie.

6 Ek het nasies uitgeroei, hulle hoekvestings is vernietig; hulle strate het Ek verwoes, sodat niemand meer verbygaan nie; hulle stede is verniel, sodat daar geen mens, geen inwoner in is nie.

7 Ek het gesê: Mag jy My maar vrees, tugtiging aanneem! Dan sou sy woonplek nie uitgeroei word nie, nie plaasvind alles wat Ek teen hom bestel het nie. Nogtans het hulle met ywer al hulle handelinge bederwe.

8 Daarom, verwag My, spreek die HERE, op die dag wat Ek My gereed maak vir die buit; want dit is my strafoordeel om nasies te versamel, koninkryke te vergader om my grimmigheid oor hulle uit te stort, al die gloed van my toorn. Want die ganse aarde sal deur die vuur van my ywer verteer word!

9 Want dan sal Ek aan die volke rein lippe toebring, sodat hulle almal die Naam van die HERE sal aanroep en Hom met 'n eenparige skouer sal dien.

10 Oorkant die riviere van Kus vandaan sal my aanbidders, my verstrooide gemeente, my offerande bring.

11 Op die dag hoef jy jou nie te skaam weens al jou dade waarmee jy teen My oortree het nie; want dan sal Ek uit jou midde wegruim die wat in jou oormoedig jubel, en jy sal jou nooit hoogmoedig gedra op my heilige berg nie.

12 En Ek sal tussen jou in laat oorbly 'n ellendige en geringe volk wat by die Naam van die HERE skuiling soek.

13 Die oorblyfsel van Israel sal geen onreg doen en geen leuentaal spreek nie, en in hulle mond sal geen bedrieglike tong gevind word nie; maar hulle sal wei en neerlê, en niemand sal hulle verskrik nie.

14 Jubel, o dogter van Sion, juig, o Israel! Verheug jou en jubel van ganser harte, o dogter van Jerusalem!

15 Die HERE het jou oordele opgehef, jou vyand weggeveeg; die koning van Israel, die HERE is by jou, jy sal geen kwaad meer vrees nie.

16 In die dag sal aan Jerusalem gesê word: Vrees nie, o Sion, laat jou hande nie slap hang nie!

17 Die HERE jou God is by jou, 'n held wat verlossing skenk. Hy verheug Hom oor jou met blydskap; Hy swyg in sy liefde; Hy juig oor jou met gejubel.

18 Die wat bedroef is, ver weg van die fees, versamel Ek; hulle hoort by jou, die smaad druk swaar op hulle.

19 Kyk, in die tyd sal Ek met al jou verdrukkers handel; en die wat kreupel is, sal Ek red; en die wat verjaag is, versamel; en Ek sal hulle maak tot 'n lof en tot 'n roem wie se skande oor die hele aarde was.

1 这叛逆、污秽、欺压人的城有祸了!

2 她不听话, 也不受管教; 她不倚靠耶和华, 也不亲近她的 神。

3 城中的领袖都是咆哮的狮子, 城中的审判官是夜间的豺狼, 什么都不留到早晨。

4 城中的先知都是轻浮诡诈的人; 城中的祭司亵渎圣物, 违犯律法。

5 耶和华在城中是公义的, 决不行不义的事; 他每日早晨都显明公正, 永不止息。不公义的人却不知廉耻。

6 我耶和华已经剪除列国, 他们的城楼被毁; 我已经使他们的街道荒凉, 以致杳无人迹; 他们的城市荒废, 以致无人存留, 无人居住。

7 我说: "她定要敬畏我, 接受管教。"这样, 她的住所必不会照着我原定对她的惩罚被剪除。可是他们殷勤行恶, 败坏了自己一切所作的。

8 耶和华说: "因此, 你们要等候我, 等候我起来指证的日子, 我已经决定集合万邦, 召聚列国, 把我的盛怒, 就是我的一切烈怒, 都倾倒在他们身上; 因为全地都必被我的妒火吞灭。

9 那时我要使万民有洁净的嘴唇, 他们全都可以呼求耶和华的名, 同心合意事奉耶和华。

10 敬拜我的人, 就是我所分散的人, 必从古实河外而来, 给我献上礼物。

11 到了那日, 你必不因你背叛我所作的一切感到羞愧, 因为那时我必从你中间除掉那些自高自大的人。在我的圣山上, 你必不再高傲。

12 但我要在你中间留下谦虚卑微的人; 他们必投靠耶和华的名。

13 以色列的余民必不再行不义, 也必不说谎; 他们的口里也没有诡诈的舌头。他们吃喝躺卧, 没有人惊吓他们。"

14 锡安的居民("居民"原文作"女子")哪! 你们要高歌。以色列啊! 你们要欢呼。耶路撒冷的居民哪! 你们要满心欢喜快乐。

15 耶和华已经除去你们的刑罚, 赶走你们的仇敌。以色列的王, 耶和华在你们中间, 你们必不再惧怕灾祸。

16 到了那日, 必有人对耶路撒冷说: "锡安哪! 不要惧怕; 你的手不要下垂。

17 耶和华你的 神在你中间, 他是施行拯救的大能者, 必因你欢欣快乐, 必默然爱你, 而且必因你喜乐欢唱。"

18 "那些属你, 为了切慕大会而忧愁的人, 他们担当了羞辱; 我必招聚他们。

19 看哪! 那时我必对付一切苦待你的人; 我必拯救那些瘸腿的, 聚集那些被赶散的; 在全地受羞辱的, 我必使他们得称赞, 有名声。

20 那时我必把你们领回, 那时我必把你们齐集; 我使你们被掳的人归回的时候, 必在你们眼前, 叫你们在地上的万民中得称赞, 有名声。"这是耶和华说的。